Desember 2008
Jaargang 1 Uitgawe 5

 

 

Kosmaak in Noordwes

joukontrei
hoofinhoud
terug na joukontrei
volgende artikel
vorige artikel

jouwêreld se unieke resepte word eers vooraf met 'n klein groepie gaste getoets voordat dit gepubliseer word. Kyk hoe van dié maand se resepte in Ventersdorp gemaak is. 

Al die oorspronklike resepte wat in jouwêreld geplaas word, word eers vooraf oor en oor getoets. Dan word die veranderings aangebring: bietjie meer van dit, bietjie minder van dat, nog 'n ekstra bestanddeel of twee om die smaak nét reg te kry. Die jouwêreld-leser moet tog bederf word met van die lekkerste en uniekste resepte denkbaar – net die beste is goed genoeg vir ons lesers!

Daarna volg die laaste en deurslaggewende toets: wat sal die mense daarvan sê?
Eenvoudig: vra hulle self! Elke maand se resepte word dan finaal voorberei en tydens informele funksies aan 'n klein groepie gaste voorgesit. En eers dán, eers wanneer die koppe van genoegdoening knik, eers dán vind dié resep sy weg na die volgende uitgawe van jouwêreld!
In Desember bied ons 'n volledige spyskaart waarmee die gasvrou vriende en familie op die internasionale manier kan bederf. Daar is resepte vir die maak van vier eksotiese skemerkelkies, asook vir talle bypassende watertand-eethappies, alles afkomstig van verskillende wêrelddele.

Dié spyskaart is in November aan 20 gaste voorgesit vir die finale toets – en ons kon geen beter plek as die Mosaic-gastehuis (B&B) in Ventersdorp kry nie!

Terwyl die gaste, stylvol in aanddrag uitgevat, in die gasvryheid wat die plaas-atmosfeer van die gastehuis bied weggesak het, het hulle hulself watertand oorgegee aan die versnaperings op die tafel. Die vier verskillende skemerkelkies wat die kos gekomplimenteer het, is met die een na die ander lofprysing begroet – en daar is tot ná middernag gekuier!

Die foto's op dié blad vertel die hele storie verder . . .

Kliek op 'n foto om die groter weergawe te sien.

Bestuur jy 'n gastehuis, motel of onthaalvenue in die Johannesburg-, Pretoria-, Wesrand-, Potchefstroom- of Vaaldriehoek-gebied?
Stel jou geriewe beskikbaar vir die jouwêreld-span om die maandelikse hoofresep met jou gaste te kom deel, en jy ontvang gratis publisiteit en advertensiespasie in die tydskrif.
Stuur 'n e-pos aan redaksie@jouwereld.co.za vir meer besonderhede.

Kry die volledige beplanning en al die resepte vir jou skemerkelk-partytjie in dié maand se uitgawe: lees die artikel Lig jou glasie op die nuwe jaar! hier.

Wanneer jy weer die N14 tussen Gauteng en die Noord-Kaap aandurf, is die Mosaic-gastehuis die ideale plek om te gaan oornag. Lees meer hiér.
 

e-pos hierdie artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
 

terug na joukontrei
volgende artikel
vorige artikel

 

Hosted By Afrihost.com - The Best Web Hosting Ever!

jouapplous ] joufiksie ] jouhoofstories ] jougeskenke ] joukind ] joukontrei ] jouleefstyl ] joumenswees ] joupolitiek ] jourubrieke ] jouse ] tuisbladsy ]