Maart 2009
Jaargang 1 Uitgawe 8

 

   Doen-Dinge: Maartdagboek

joukontrei
hoofinhoud
terug na joukontrei
volgende artikel
vorige artikel

Wat, waar en wanneer: beplan jou aktiwiteite met ons dagboek

Gauteng
Wes-Kaap
Oos-Kaap
Noordwes

    GAUTENG

terug na bo

Kunsuitstalling: Ilana Slomowitz se Touching the earth

Ilana bied van 24 Februarie tot 10 Maart 'n gedramatiseerde uitbeelding van 'n paar van haar gedigte deur middel van 'n skyfievertoning van haar kunswerke in die boek. Die uitstalling vind by die Alliance Française-galery in Parkview, Johannesburg plaas.
Besoek www.alliance.org.za of skakel Pauline Boitard by 011 646 1169 vir meer inligting.

terug na bo


Kuns in die Tuin

Kom kyk na die groot reeks skilderwerke in die Walter Sisulu Nasionale Tuine in Roodepoort. Toegang is R20 vir volwassenes en gratis vir kinders onder die ouderdom van ses. Jy kan ook 'n piekniekmandjie saambring en dit in die tuine geniet. 'n Gedeelte van die verkope gaan na die Botanical Society's Garden Development Fund.
Skakel Roni by 011 958 1750, of besoek www.sanbi.org vir meer inligting.

terug na bo

Blubird Whole Food Market in Johannesburg

Elke Sondag van 09:00 tot 16:00 by die Blubird-winkelsentrum in Athol Oaklandspad.
Hierdie fantastiese mark bied jou 'n unieke smaakervaring – die geure van die węreld almal op een plek! Smul aan Poolse fyngebak, Serbiese en Franse pasteie, Libanese geregte, Italiaanse pasta, Indiese speserye, biscotti en tees, Switserse brode, sjokolade deur egte chocolatiers gemaak en nog vele meer. Jy kan ook erdwurms koop om jou eie kompos mee te maak. Asook ekovriendelike wasmiddels en vele ander interessante produkte. 
Skakel 083 311 4768 vir meer inligting.

terug na bo

Midrand urban market

09:00 - 15:00 op die eerste Saterdag van elke maand.
64 Main Rd, (h/v Maude), Midrand, Gauteng
Toegang is verniet, maar dit kos R5 per kar vir parkering.
Skakel Valeta by 082 810 8643 vir meer inligting.

 

terug na bo

Hobby-X

Kom besoek Suid-Afrika se grootste handel- en verbruikekshibisie vir die stokperdjie- en handwerkindustrieë by die Coca-cola Dome van 5 – 8 Maart. Besoek www.hobby-x.co.za of skakel 011) 478-3686 of 0861 HOBBYX.

terug na bo


Bridal Africa 2009

Is jy besig om jou troudag te beplan? Die bruidsekspo, by die Gallagher Convention Centre in Midrand, beloof om vir alle toekomstige bruide en bruidegomme 'n inspirasie te wees. Dit vind plaas op 7 en 8 Maart en die koste daarvan is R65 per persoon. Pensioenarisse en kinders onder die ouderdom van 12 kan gratis ingaan. Skakel Dee Reuvers by 011 262 6458 of 082 5656 700. Besoek die webwerf, www.bridalafrica.co.za of stuur 'n e-pos na deer@nichepro.co.za
.

terug na bo

   WES-KAAP

Kirstenbosch Garden Fair

Die jaarlikse fondsinsameling van 14 – 15 Maart ondersteun Kirstenbosch se ontwikkelingsprojekte. Terselfdertyd is dit ook 'n vertoonstuk van Suid-Afrika se inheemse flora wat tuiniers 'n unieke geleentheid gee om onder andere struike, proteas, erikas, broodbome en vetplante aan te koop. Bring jou kruiwa saam! Kirstenbosch se plantkundiges sal ook daar wees om advies te gee. Uitstallers bied ook tuin-verwante produkte en dienste aan en verversings is by die tee-/wyn- en biertuin.
Skakel 021-671 5468, stuur 'n e-pos aan kbranch@botanicalsociety.org.za of besoek www.botanicalsociety.org.za.

terug na bo

Mushroom Festival

Is jy gek na sampioene? Wil jy graag nuwe sampioendisse proe? Kom geniet 'n heerlike dag saam met celebrity chef, Marli Roberts en haar span ter viering van sampioene. Skakel Riana by 011 325 6006 of stuur 'n e-pos na riana@rgcom.co.za vir meer inligting. Dit vind plaas by die Neighbourgoods Market by The Old Biscuit Mill, 373 - 375 Albert Rd, Woodstock, in Kaapstad, op 28 Maart, vanaf 10:00 die oggend tot 14:00 en is gratis.  

terug na bo

    OOS-KAAP

Turksvy-Fees

Sestien ton turksvye word vir hierdie fees gereed gemaak. Kom koop allerlei produkte wat van turksvye vervaardig is, kom luister na live musiek, kom ry op die Ferris wheel of probeer die selfgemaakte drankie wat die Uitenhage Museum van turksvye vervaardig. Hierdie fees is van 1 Februarie tot 31 Maart aan die gang by die Cuyler Manor Museum, Old Uitenhage, Port Elizabeth Road, naby Port Elizabeth. Skakel 041 992 2063, stuur 'n e-pos na uitenhageuseum@intekom.co.za of besoek www.nmbt.co.za.

terug na bo

Eastern Cape Gourmet Fair

Kom geniet wynproeë, kosstalletjies, tema-restaurante, kookdemonstrasies, 'n kinderafdeling en musiek van 6 – 8 Maart by die Feather Market Centre in Port Elizabeth. Daar is ook baie pryse om te wen. Skakel Charmaine Smith by 041 364 1249, of stuur 'n e-pos na smith.cb@telkomsa.net. Kaartjies kan by Computicket aangekoop word.

terug na bo

   NOORDWES

Sprankeltee op Potchefstroom

Die Potchefstroomse Dienssentrum vir Bejaardes se Sprankeltee vind vanjaar van 08:30 tot 12:30 op 21 Maart in die Madiba-banketsaal op Potchefstroom plaas. Almal is welkom. Kaartjies kos R110 per persoon en is ten bate van die dienssentrum.
Die immergewilde en talentvolle trio Die Broers sal die gaste vermaak en Annie Malan is die gasspreker.
Skakel Sanet van Rensburg by 018 293 0678 vir meer inligting.

terug na bo

Sterrekyk by Maropeng

Kom geniet 'n aand van sterrekyk en 'n driegang-ete by Maropeng, naby die Sterkfontein-grotte vir R295 per persoon. Die aand van die 14e Maart sal daar op Saturnus gefokus word. As besoekers gelukkig is, sal hulle dalk een van die 60 mane van Saturnus kan sien. Skakel 014 577 9000 of stuur 'n e-pos na info@maropeng.co.za.

terug na bo

Wat gebeur in jou kontrei? Laat weet ons by webmeester@jouwereld.co.za

e-pos hierdie artikel
druk hierdie bladsy uit

e-pos hierdie artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
 

terug na joukontrei
volgende artikel
vorige artikel

  Bookmark and Share Boekmerk dié bladsy

 

Hosted By Afrihost.com - The Best Web Hosting Ever!

jouapplous ] jouhoofstories ] jousę ] jourubrieke ] joupolitiek ] joumenswees ] joutuisblad ] joukontrei ] jouleefstyl ] joufiksie ]

 

   

Opsoek na enige
onderwerp in jouwęreld?
Deursoek ons hier!

Google
Custom Search

joutuisblad
jouhoofstories
joumenswees
joupolitiek
jouapplous
jouleefstyl
joukontrei
jou
jourubrieke
joufiksie
jougeskenke
 
gratis nuusbrief
vertel jou vriende
medewerkers
adverteer
wie is ons
 
vorige uitgawes
jouwęreld Facebook-groep