Desember 2008
Jaargang 1 Uitgawe 5

 

 

   Volmaanpiekniek op Paarlberg
 

joukontrei
hoofinhoud
terug na joukontrei
volgende artikel
vorige artikel

'n Reeks volmaanpieknieks word tot en met Maart volgende jaar by die Taalmonument in die Paarl aangebied waar besoekers die volmaan van naderby kan beskou.

 



 

 

Volmaan by die Taalmonument (foto deur Melinda Bonthuys van die Paarl Fotografiese Vereniging).

Glo jy aan die man in die maan? Of dat die maan van kaas gemaak is? Kom beskou dan die volmaan van nader vanaf die Taalmonument op Paarlberg tydens die reeks volmaanpieknieks wat tot en met Maart 2009 daar aangebied word.
Tydens die piekniektye word al die ligte by die monument ook afgeskakel vir 'n beter en onbelemmerde sig van die maan.

Onthou om 'n flitslig in te pak. Geen honde of vure word toegelaat nie.
Toegang is R10 vir volwassenes, R5 vir studente en R2 vir kinders. Besoekers is welkom om hul eie piekniekmandjie in te pak of 'n mandjie vooraf te bespreek by Uit die Bloute, die nuwe restaurant by die Taalmonument, by tel. 021 863 2800. 

Die volmaanpieknieks vind op die volgende tye plaas:

Vrydag 12 Desember 2008 van 18:00 tot 22:00
Die son sak om 19:53 en die maan kom om 20:04 op. Dit is die laaste volmaanpiekniek vir 2008 en 'n lekker geleentheid vir almal om die vakansie mee af te skop. 

Saterdag 10 Januarie 2009 van 18:00 tot 22:00.
Die maan kom om 19:44 op.
Dit is die eerste volmaanpiekniek vir 2009 en 'n lekker kuiergeleentheid vir die hele gesin.

Saterdag 7 Februarie 2009 van 18:00 tot 22:00.
Dit is twee dae voor volmaan, maar die maan sal reeds 95.8% vol wees. Die maan kom om 18:20 op.

Vrydag 13 Maart 2009 van 18:00 tot 22:00
Nie 'n bang haar op jou kop nie? Selfs nie op Vrydag die 13de nie? Dit is twee dae ná die volmaan, maar die maan sal steeds 95.5% vol wees.
Die son sak om 19:07 en die maan kom eers 'n uur later, om 20:11, op.

Besprekings noodsaaklik: 021 863 2800

Interessante feite oor die maan:

Die maan se omtrek is 3 476km.
'n Mens weeg ses keer minder op die maan as op die aarde.
Die maan het omtrent geen atmosfeer nie, daar waai geen wind nie en daar is geen klank of lewe nie.
Vanaf die maan sien 'n mens nie 'n blou hemel of oranje sonsondergange nie.
Van een volmaan tot die volgende neem 29,53 dae - dus kan dit gebeur dat daar twee volmane in een maand is.
Die tweede volmaan staan dan bekend as 'n blou maan.
Vanaf die aarde sien ons altyd dieselfde kant van die maan.
'n Maansverduistering vind plaas wanneer die maan in die skaduwee van die aarde beweeg.

Uit die Bloute se piekniekmandjie

Uit die Bloute se piekniekmandjie vir twee persone (teen R170) sluit in: drie soorte kaas, twee soorte koue vleis, soutbeskuitjies, snoekpatee, twee smere, Franse brood, biltong, droëwors, vrugteslaai, koeksisters en eetgerei. Wyn en koeldrank is beskikbaar in die restaurant. Mandjies vir kinders kos R50. Vir besprekings, skakel 021 863 2800.

e-pos hierdie artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
e-pos jouwęreld

terug na joukontrei
volgende artikel
vorige artikel


 

 

Hosted By Afrihost.com - The Best Web Hosting Ever!

jouapplous ] joufiksie ] jouhoofstories ] jougeskenke ] joukind ] joukontrei ] jouleefstyl ] joumenswees ] joupolitiek ] jourubrieke ] jouse ] tuisbladsy ]