April 2009
Jaargang 1 Uitgawe 9

   'n Uitstappie na die Kompanjiestuine

joukontrei
hoofinhoud
terug na joukontrei
volgende artikel
vorige artikel

deur
Saartjie de Wet
 
Die Kompanjiestuine self is 'n reiservaring wat op verskeie vlakke tegelyk plaasvind. Die voor-die-hand-liggende ervaring is die teruggaan in tyd met die besef dat dit hier is waar Jan van Riebeeck die groentetuine aangelę het om die skepe van noodsaaklike voedsel te voorsien. 

Daar is tye wanneer ek dankbaar is dat ek familie in die Kaap het. Dit gaan nie soseer daarom dat 'n mens dan 'n plekkie het waar jy jou tas onder die bed kan instoot nie, maar eerder dat jy die voordeel van "local knowledge" het. So het dit dan gekom dat my broer een Sondag die wolke in die omgewing van Somerset-Wes só gekyk het en met gesag aangekondig het dat jy vandag nie jou voete op die strand wil sit nie. Na 'n afwesigheid van meer as 20 jaar gebeur dit dus dat ons weer 'n draai by die Kompanjiestuine in die stad maak.

Aanvanklik is 'n mens huiwerig om terug te keer na 'n plekkie wat jy kan onthou vanuit jou jongmensjare – bang dat alles só verander het dat dit op die ou end net 'n reuse teleurstelling sal wees. Met die parkeerslag in Queen Victoriastraat voel dit egter of die hele omgewing ingestel is op bewaring en daar is geen teken van verval in die historiese geboue en oudtydse lamppale nie. Oorkant die straat is die Hooggeregshof wat uit 1898 dateer, en selfs die bankies gemerk Blank en Nie-Blank staan nog steeds op straat.

Die Kompanjiestuine self is 'n reiservaring wat op verskeie vlakke tegelyk plaasvind. Die voor-die-hand-liggende ervaring is die teruggaan in tyd met die besef dat dit hier is waar Jan van Riebeeck die groentetuine aangelę het om die skepe van noodsaaklike voedsel te voorsien. Die groentetuine het nou wel verdwyn, maar die reuse bome met hul dik stamme getuig van die tydperk toe die Kaap nog Hollands was. Vandag gooi die ou bome hulle koelte oor grasperke en wandelpaaie. Hulle verskaf die agtergrond vir die blombeddings, struike en rose. Hulle is 'n veilige hawe vir die eekhorings en verskeie voëlsoorte.

Op 'n meer subtiele vlak word die politieke geskiedenis van ons land aangesny deur die teenwoordigheid van standbeelde van onder andere Cecil John Rhodes en Jan Smuts. Die slaweklok herinner weer aan die belangrike rol wat slawe gespeel het in die vroeëre ontwikkeling van die land se ekonomie. Miskien is dit ook nie toevallig dat die Parlementsgebou en Tuinhuis ook in hierdie omgewing te vinde is nie. Dis ironies dat die kontinuďteit van die setel van politieke mag in Suid Afrika in dié gebied sou bly van sy grondlegging af, hetsy Hollanders, Engelse, Afrikaners en die daaropvolgende swart regering. 

Wat kuns en kultuur betref is daar die Nasionale Kunsgalery, Museum en Planetarium op die terrein. Met ons besoek het ons die Kunsgalery deurgeloop en was verstom oor die verskeidenheid van werke wat betref kunstenaars, mediums en tydperke.

Maar wat die meeste tref is die verskeidenheid van mense wat die tuine besoek. Al die strukture, geboue, grasperke, plante en restaurant vorm die agtergrond waarteen die verhaal van die lewe uitgespeel word. Jonk en oud, toeris, veiligheidswag en elke etniese groep kom bymekaar in 'n kaleidoskoop van aktiwiteite. By die aanskouing daarvan laat dit 'n mens met 'n bruisende gevoel dat jy deel is van die hartklop van die land, elkeen uniek maar tog verbind aan mekaar met wortels wat vervleg is in die geskiedenis - elkeen met 'n legitieme eis dat jy op 'n emosionele vlak kan aanspraak maak op die erkenning van hierdie verbintenis.

Dan kyk jy op na die immerteenwoordige Tafelberg en dink hoe gepas die benaming "Moederstad" is.

Is dit dalk die standbeeld waarvan Peter Blum in sy gedig Oor Monnemente Gepraat skryf: "Cecil Rhodes wat jou wys wa' die reisiesbaan lę"?

Kliek op 'n prentjie om sy beskrywing en groter weergawe te sien

Is dit dalk die standbeeld waarvan Peter Blum in sy gedig Oor Monnemente Gepraat skryf: "Cecil Rhodes wat jou wys wa' die reisiesbaan lę"?

Is dit dalk die standbeeld waarvan Peter Blum in sy gedig Oor Monnemente Gepraat skryf: "Cecil Rhodes wat jou wys wa' die reisiesbaan lę"?

[terug na bo]

Hierdie standbeeld van Jan Smuts voor die Nasionale Kunsmuseum het groot ontevredenheid veroorsaak toe dit aanvanklik opgerig is.

Hierdie standbeeld van Jan Smuts voor die Nasionale Kunsmuseum het groot ontevredenheid veroorsaak toe dit aanvanklik opgerig is.

[terug na bo]

Die kenmerkende ou slaweklok wat die slawe se lewens gereguleer het.

Die kenmerkende ou slaweklok wat die slawe se lewens gereguleer het.

[terug na bo]

Interessante fokuspunte en goedversorgde tuine skep 'n rustige atmosfeer vir die besoeker op 'n lui-lekker Sondag.

Interessante fokuspunte en goedversorgde tuine skep 'n rustige atmosfeer vir die besoeker op 'n lui-lekker Sondag.

[terug na bo]

Sommiges gebruik die kans om 'n uiltjie te knip.

Sommiges gebruik die kans om 'n uiltjie te knip.

[terug na bo]

Met geduld kan jy van naderby met 'n eekhoring kennis maak. Neem gerus grondboontjies saam – selfs die duiwe is mak.

Met geduld kan jy van naderby met 'n eekhoring kennis maak. Neem gerus grondboontjies saam – selfs die duiwe is mak.

[terug na bo]

Daar is maar altyd iets spesiaals, aan 'n bruid, wat maak dat 'n mens stilstaan.

Daar is maar altyd iets spesiaals, aan 'n bruid, wat maak dat 'n mens stilstaan.

[terug na bo]

Die tuine is gewild onder troufotograwe en die feesgangers se opwinding is aansteeklik.

Die tuine is gewild onder troufotograwe en die feesgangers se opwinding is aansteeklik.

[terug na bo]

Die helder klank van die dwarsfluite lok mens nader om te gaan luister.

Die helder klank van die dwarsfluite lok mens nader om te gaan luister.

[terug na bo]

Die Cathedral of St George hou jaarliks sy Blessing of Animals-fees ter nagedagtenis van St. Francis.

Die Cathedral of St George hou jaarliks sy Blessing of Animals-fees ter nagedagtenis van St. Francis.

[terug na bo]

Vierpotige vriende is oppad na die spesiale geleentheid wat vir hulle gereël is.

Vierpotige vriende is oppad na die spesiale geleentheid wat vir hulle gereël is.

[terug na bo]

Wie sal nié 'n geselsie met so 'n dierbare gesiggie wil aanknoop nie?

Wie sal nié 'n geselsie met so 'n dierbare gesiggie wil aanknoop nie?

[terug na bo]

'n Mens bly voortdurend van Tafelberg se teenwoordigheid in die agtergrond bewus.

'n Mens bly voortdurend van Tafelberg se teenwoordigheid in die agtergrond bewus.

[terug na bo]

e-pos hierdie artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
 
terug na joukontrei
volgende artikel
vorige artikel

  Bookmark and Share Boekmerk dié bladsy

Hosted By Afrihost.com - The Best Web Hosting Ever!

jouapplous ] joufiksie ] jouhoofstories ] joutuisblad ] jougeskenke ] joukontrei ] jouleefstyl ] joumenswees ] joupolitiek ] jourubrieke ] jouse ]

Opsoek na enige
onderwerp in jouwęreld?
Deursoek ons hier!

Google
Custom Search

joutuisblad
jouhoofstories
joumenswees
joupolitiek
jouapplous
jouleefstyl
joukontrei
jou
jourubrieke
joufiksie
jougeskenke
 
gratis nuusbrief
vertel jou vriende
medewerkers
adverteer
wie is ons
 
ander uitgawes
jouwęreld Facebook-groep