Verskeie
organisasies is verlede maand by die jaarlikse kranslegging by die Irene
Konsentrasiekampkerkhof verteenwoordig.
Foto-onderskrif
Op die foto
verskyn Sakkie Kotzé (ATKV), Philip de Kock (Voortrekkers), Dione
Prinsloo (FAK en Erfenisvereniging), Hettie Bester van die SA
Vrouefederasie (SAVF) en Ulrich Langner (Afrikanerbond)
Verskeie
organisasies is verlede maand by die jaarlikse kranslegging by die Irene
Konsentrasiekampkerkhof verteenwoordig.
Dié seremonie vind elke jaar tydens sonsopkoms op die Sondag naaste aan
10 Oktober plaas.
Dr. Isak Burger, president van die AGS van Suid-Afrika het vanjaar as
prediker opgetree.
Tydens die huldigingsprogram het dr. Dione Prinsloo met voordrag- en
tablo, die klem laat val op die verhale van Chris Erasmus, Anna Booysen,
Henrietta Armstrong, Johanna Brandt en ene Gysbert, wie se wedervaringe
in die konsentrasiekamp tydens die kransleggingseremonie oorvertel is.
Kranse is daarna op van die bykans 1149 grafte van vrouens en kinders
gelê wat as stille getuienis, van die tragedie wat hom tydens die Anglo-Boereoorlog
(1899-1902) hier afgespeel het, dien.