Desember 2008
Jaargang 1 Uitgawe 5

 

 


  
Doen-Dinge: Desemberdagboek

joukontrei
hoofinhoud
terug na joukontrei
volgende artikel
vorige artikel

Wat, waar en wanneer: beplan jou aktiwiteite met ons dagboek

KwaZulu-Natal
Wes-Kaap
Gauteng
Oos-Kaap
 

KWA-ZULU NATAL

Haal die stres uit inkopies
Die Durban Christmas Fair vind van 18 tot 21 Desember by die Durbanse Exhibition Centre plaas. Kry alles wat jy soek – onder een dak.

Kaartjies kos R40 per persoon en kan by die deur gekoop word.

Besoek www.christmasfair.co.za vir meer inligting

WES-KAAP

Volmaanpiekniek vir die hele gesin
'n Reeks volmaanpieknieks word tot en met Maart volgende jaar by die Taalmonument in die Paarl aangebied waar besoekers die volmaan van naderby kan beskou.

Toegang is R10 vir volwassenes, R5 vir studente en R2 vir kinders. Besoekers is welkom om hulle eie piekniekmandjie in te pak, of 'n mandjie vooraf te bespreek by Uit die Bloute, die nuwe restaurant by die Taalmonument (021 863 2800).

Die volmaanpieknieks vind van 18:00 – 22:00 plaas op:
Vrydag 12 Desember
Saterdag 10 Januarie
Saterdag 7 Februarie
Vrydag 13 Maart

Vir meer inligting, besoek www.taalmonument.co.za of lees meer oor dié piekniek in jouwêreld se Desember-uitgawe.
Of kontak 021 872 3441.

Kirstenbosch-somerkonserte
Old Mutual Summer Sunset-konserte duur van 23 November tot 5 April 2009 en geskied elke Sondagaand vanaf 17:30 tot 18:30.
Jy kan vir Freshly Ground, Just Jinger en Chris Chameleon in Desember sien. Daar is Carols by Candlelight-aand op 13-16 Desember om 20:00.
By die Oujaarsaandkonsert tree Plush, Watershed, Loyiso Bala en Prime Circle op.
Bel 021 799 8783 vir meer inligting

Sjampagnefees in Franschhoek

Die 2008 Franschhoek Cap Classique and Champagne Festival vind van 6 en 7 Desember plaas.
Kom proe al die vonkelwyne soos: Boschendal, Constantia Uitsig, Graham Beck, Hazendal, Krone, Pierre Jourdan, Pongracz, Simonsig, Steenberg en Villiera.
Daar gaan ook ‘n groot verskeidenheid kosstalletjies wees.
Toegang is R180 per persoon en sluit ‘n sjampagneglas en ‘n boek met vonkelwynkoopbewyse in.
Bel 021 876 2861 of stuur ‘n epos aan events@franschhoek.org.za

Wynproe in die Suid-Kaap

Die splinternuwe proelokaal, Black Oystercatcher,  is van Maandag tot Vrydag van 10:00 tot 17:00 en gedurende die somermaande ook op Saterdae van 10:00 tot 16:00 oop.

Bel die kelder by 028 28 4821618 of besoek www.blackoystercatcher.co.za vir meer inligting

Groepskunsuitstalling

Vernon Swart, Shany van den Berg, Hanneke Benade, Lien Botha, Strijdom vd Merwe en Piet Grobler stal hul werke met die tema “Boeke” vanaf 8 November by die Breytenbach Sentrum op Wellington ten toon. Die uitstalling sluit op 20 Desember.

Speel-speel in die water

Huggies® se spesiale doeke, Little Swimmers word oor die land bekend gestel. Dit swel nie op wanneer dit nat word nie en is dus perfek vir die vakansietyd!

Die Huggies®-span gaan die volgende strande in Desember besoek:
·  16 Desember             Suncoast
· 17 Desember             Balito
· 18 Desember             Thompson’s Bay
· 19 Desember             St Michael’s
· 20 Desember             Ramsgate
· 21 Desember             Hiberdene
· 22 Desember             Scottsburgh
· 23 Desember             Southbroom

terug na bo

Oujaarsaand op die Piazza

Kuier die oujaar om by Cape Quarter se Piazza. DJ Mood en die Fire Poi dansers sal daar wees om jou te vermaak. Dit begin 20:00 en hou tot laat aan. Cape Quarter Piazza, Waterkantstraat 72, Groenpunt. Vir meer inligting of kaartjies, bel hulle by 021 421 0737 of besoek www.capequarter.co.za.

terug na bo

 

GAUTENG

Nickel Kersmark vir jou kersinkopies

Die Nickel Kersmark is jaarliks in Lynnwoodweg, Pretoria gehou om geld vir die Paul Jungnickelhuis versorgingsoord in te samel.
Van 5 tot 17 Desember plaas. Die deure open daagliks om 09:00 en sluit 18:00.
Bel Daleen Botes by 012 809 0020/1 vir meer inligting

terug na bo

‘Nooitgedacht anniversary tour’

Saturday 13 Desember

Herleef die Anglo Boereoorlog op Nooitgedacht met hierdie toer in die Magaliesberge. Die pragtige, privaat wildsplaas word steeds besit deur die oorspronklike setlaarsfamilie. In die bus oppad na die bergpiek kan ons verby ‘n aasvoëlkolonie, ‘n swart arend se nes en van die wild op die plaas, ry. Maak seker om jou sonskerm, hoed, stapskoene, water en middagete in te pak.

Die toer word deur Deanna Kirby en Jonathan Turner aangebied.
Vertrek 7:30 vir 8:00 vanaf die Sunnyside Park Hotel. Die toer kos R385 en dit sluit vervoer, toegangsgelde en geregistreerde toergidse in. ‘n Minimum van 20 mense per toer is nodig.
Besprekings en meer inligting by 011 482 3349.

terug na bo

 

OOS-KAAP

Sutherland Sterre Partytjie

Die inwoners van Sutherland, in samewerking met die South African Astronomical Observatory (SAAO) en die Karoo-Hoogland munisipaliteit hou 'n weeklange astronomie partytjie. Dit eindig in 'n nuwejaarspartytjie onder die sterre. Al die teleskope wat gewoonlik slegs vir navorsing gebruik word sal vir die publiek oop wees.
Vir meer inligting, besoek www.astronomy2009.org.za/

terug na bo

Wat gebeur in jou kontrei? Laat weet ons by webmeester@jouwereld.co.za

e-pos hierdie artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
 

terug na joukontrei
volgende artikel
vorige artikel

 

Hosted By Afrihost.com - The Best Web Hosting Ever!

jouapplous ] joufiksie ] jouhoofstories ] jougeskenke ] joukind ] joukontrei ] jouleefstyl ] joumenswees ] joupolitiek ] jourubrieke ] jouse ] tuisbladsy ]