JouKONTREI

 

Doen-Dinge: Novemberdagboek

 

Wat, waar en wanneer: beplan jou aktiwiteite met ons dagboek

 

 

 

Gauteng

 

 

Spookbus

Die Pretoria-spookbus is 'n teater-op-wiele produksie met 'n unieke kinkel in die kabel: gehoorlede kry op 'n spookagtige wyse, gemeng met 'n goeie skeut humor, meer inligting oor daardie vreemde verskynsels wat almal fassineer: die bo-natuurlike, die buitengewone – die vreesaanjaende.

Die aanbieding bestaan uit ‘n oorsig van die geskiedenis en wetenskap van die bo-natuurlike, verduidelikings van die verskillende tipe spoke en ander vreemde verskynsels wat mens kry, asook vertellings van die bekendste spoke wat in Pretoria wandel . . .

Vir groepe van 15 tot 40, op enige aand soos wat jy verkies.

Vir meer inligting, besoek www.spookbus.jouwereld.co.za, of stuur ‘n e-pos aan ptaspoke@mweb.co.za

 

NG-Gemeente Eloffsdal se Eeufees
13-16 November
www.ngeloffsdal.co.za
Bel vir Bill by 012 546 2960

Canon ScrapPink

8 November

Die geleentheid het ten doel om bewustheid oor borskanker te skep en sal by Vodaworld, Midrand, Johannesburg plaasvind.

R799 per persoon.
Bel 011 340 8000 of besoek www.computicket.com

 

Transoranje Skool vir Dowes Kersmark.

21 November tot Sondag 30 November van 09:00 tot 20:00, Saterdag 22 en 29 November van 09:00 tot 16:00 en Sondag 23 en 30 November van 09:00 tot 15:00.

Pretoria-skougronde (Tshwabac) Saal L (by die Kerkstraat-ingang)

 

Parkview Kersfeesmark (met Shawn Phillips)

28 - 30 November

Tye: Vrydag: 16:00 -22:00

Saterdag: 09:00 - 20:00; 20:00 tot 22:00 is die Shawn Phillips-konsert;

Sondag: 09:00 - 16:00

Toegangsfooi R20 vir volwassenes, kinders gratis

Bel vir Karola McArthur by 082 809 1070 of Elna Blom by 082 445 3525 vir stalletjies of meer inligting

 

 

Wes-Kaap

 

Retha McPherson (voormalige mev SA) Woord-bediening deur die Heilige Gees
6 November 2008
NG Proteahoogte, Brackenfell
Toegang gratis
Vir meer inligting kontak Tilana (082 335 8727) of Adri (084 981 2757)

 

Voor Paardeberg jaarlikse Wynfees
15 November

David Frost Estate, Agter-Paarl
R85 volwassenes, kinders onder 18 gratis

Navrae: info@voorpaardeberg.co.za

083 376 9924

 

Ngamathuba-kuns-en-handwerkmark

16 November van 09:30 tot 14:00

Village Commonage op Wildernis.

 

Die Reebok-varsproduktemark

29 November van 08:00 tot 11:00

Vind by die Reeboksaal naby Groot Brakrivier plaas.

 

Villiera Wines – musiek- en piekniekdag

Besoek ons op 15 November om 'n rustige dag op dié wynlandgoed te geniet.

Bel 021 865 2002 of besoek www.villiera.com vir meer inligting

 



Oggendtee met Annalise Wiid
29 November 2009 om 10:00
NG Heidekoppie gemeente, Brackenfell
Kaartjies R60 elk (sluit verversings en bederfgeskenkie in)
Vir meer inligting kontak kerkkantoor 021-981 2690 of Tilana by 082 335 8727.

 

KwaZulu-Natal

 

Umdwebo-lewenstylfees

13 tot 22 November

Besprekings deur Computicket.

Navrae - Henk Swanepoel 082 444 1825 of www.umdwebo.co.za

 

 

 

Wat gebeur in jou kontrei? Laat weet ons by webmeester@jouwereld.co.za