|
Gauteng
Wes-Kaap
KwaZulu-Natal
Gauteng
Spookbus
Die Pretoria-spookbus is 'n teater-op-wiele
produksie met 'n unieke kinkel in die kabel:
gehoorlede kry op 'n spookagtige wyse, gemeng
met 'n goeie skeut humor, meer inligting oor
daardie vreemde verskynsels wat almal fassineer:
die bo-natuurlike, die buitengewone – die
vreesaanjaende.
Die aanbieding bestaan uit ‘n oorsig van die
geskiedenis en wetenskap van die bo-natuurlike,
verduidelikings van die verskillende tipe spoke
en ander vreemde verskynsels wat mens kry, asook
vertellings van die bekendste spoke wat in
Pretoria wandel . . .
Vir groepe van 15 tot 40, op enige aand soos wat
jy verkies.
Vir meer inligting, besoek
www.spookbus.jouwereld.co.za, of
stuur ‘n e-pos aan
ptaspoke@mweb.co.za
Pretoria 153 Afrikaanse
Musiekfees
15 November 2008 - 08:00 tot 15:00 -
Voortrekkermonument
15 Sangers neem op 15 November deel aan
AfriForum se Afrikaanse musiekfees ter viering
van Pretoria se 153ste verjaarsdag. Die fees
sal die oggend van 08:00 tot 15:00 op die
Voortrekkermonument se terrein plaasvind.
Toegang is GRATIS. Geen besprekings is nodig
nie. Bring net ʼn opvoustoel en kom geniet die
dag saam met AfriForum.
Die volgende kunstenaars tree op: Steve
Hofmeyr, Bok van Blerk, Dozi, Lianie May,
Elizma Theron, Guillaume, Gerrie Pretorius,
Irene, Albert de Wet, Mel Botes, Beeskraal,
Adam Tas, Gerald Clark en Piet Paraat. Sean
Else sal as seremoniemeester optree.
NG-Gemeente Eloffsdal se Eeufees
13-16 November
www.ngeloffsdal.co.za
Bel vir Bill by 012 546 2960
Canon ScrapPink
8 November
Die geleentheid het ten doel om bewustheid oor
borskanker te skep en sal by Vodaworld, Midrand,
Johannesburg plaasvind.
R799 per persoon.
Bel 011 340 8000 of besoek
www.computicket.com
Transoranje Skool vir Dowes
Kersmark.
21 November tot Sondag 30 November van 09:00 tot
20:00, Saterdag 22 en 29 November van 09:00 tot
16:00 en Sondag 23 en 30 November van 09:00 tot
15:00.
Pretoria-skougronde (Tshwabac) Saal L (by die
Kerkstraat-ingang)
Parkview Kersfeesmark (met Shawn
Phillips)
28 - 30 November
Tye: Vrydag: 16:00 -22:00
Saterdag: 09:00 - 20:00; 20:00 tot 22:00 is die
Shawn Phillips-konsert;
Sondag: 09:00 - 16:00
Toegangsfooi R20 vir volwassenes, kinders gratis
Bel vir Karola McArthur by 082 809 1070 of Elna
Blom by 082 445 3525 vir stalletjies of meer
inligting
|
|
Wes-Kaap
Volmaanpiekniek
vir die hele gesin
'n
Reeks volmaanpieknieks word tot en met Maart
volgende jaar by die Taalmonument in die
Paarl aangebied waar besoekers die volmaan
van naderby kan beskou.
Toegang is R10 vir volwassenes, R5 vir
studente en R2 vir kinders. Besoekers is
welkom om hulle eie piekniekmandjie in te
pak, of 'n mandjie vooraf te bespreek by Uit
die Bloute, die nuwe restaurant by die
Taalmonument (021 863 2800).
Die volmaanpieknieks vind van 18:00 – 22:00
plaas op:
·
Vrydag 14 November
·
Vrydag 12 Desember
· Saterdag
10 Januarie
· Saterdag
7 Februarie
· Vrydag
13 Maart
Vir meer inligting, besoek
www.taalmonument.co.za.
Of kontak 021 872
3441
Retha McPherson
(voormalige mev SA) Woord-bediening deur die
Heilige Gees
6 November 2008
NG Proteahoogte, Brackenfell
Toegang gratis
Vir meer inligting kontak Tilana (082 335 8727)
of Adri (084 981 2757)
Voor Paardeberg jaarlikse Wynfees
15 November
David Frost Estate, Agter-Paarl
R85 volwassenes,
kinders onder 18 gratis
Navrae:
info@voorpaardeberg.co.za
083 376 9924
Ngamathuba-kuns-en-handwerkmark
16 November van 09:30 tot 14:00
Village Commonage op Wildernis.
Die Reebok-varsproduktemark
29 November van 08:00 tot 11:00
Vind by die Reeboksaal naby Groot Brakrivier
plaas.
Villiera Wines – musiek- en
piekniekdag
Besoek ons op 15 November om 'n rustige dag op
dié wynlandgoed te geniet.
Bel 021 865 2002 of besoek
www.villiera.com vir meer inligting
Oggendtee met Annalise Wiid
29 November 2009 om 10:00
NG Heidekoppie gemeente, Brackenfell
Kaartjies R60 elk (sluit verversings en
bederfgeskenkie in)
Vir meer inligting kontak kerkkantoor 021-981
2690 of Tilana by 082 335 8727.
|