

 |
|
Die brandewynmeesters en
mengelfoendies vat volgende maand
vlam tydens die brandewynfees in
Gauteng. |
 |
|
Die GoodLife Fine Brandy
Festival, die enigste
feesgeleentheid geheel en al
gewy aan die kuns en genot van
Suid-Afrikaanse brandewyn, word
van 20 - 22 Mei 2009 by die
Sandton Sun-hotel, Johannesburg,
aangebied. Dis die tweede jaar
wat die fees gehou word.
As ’n vertoonvenster vir die
volle spektrum van die
brandewynbedryf val die kollig
op die volle spektrum van
brandewynprodukte, van
meesterlike potketelbrandewyn
tot brandewyn spesiaal vir
modieuse mengeldrankies.
Met die tema “Kontinuďteit in
verandering” bied die
GoodLife Fine Brandy Festival
groot distilleerders sowel as
klein,
enkellandgoed-brandewynmakers
die geleentheid om Gautengse
brandewynliefhebbers te ontmoet
in die stylvolle omgewing van 'n
luukse vyfsterhotel.
“Ons gaan voortbou op die
wegholsukses van verlede jaar se
inwydingsfees. Vanjaar se fees
fokus op innoverende nuwe
maniere om brandewyn te waardeer,”
sę Caroline Snyman, voorsitter
van die Suid-Afrikaanse
Brandewynstigting. “Dit
beklemtoon die verfynde aard en
gebruik van Suid-Afrika se
brandewynprodukte in ’n
gesofistikeerde uitstalomgewing.” |
|
|
|
Volgens Snyman vorm Suid-Afrikaanse brandewyn ’n
integrale – en unieke – deel van die
Suid-Afrikaanse wynbedryf, ’n landbou- en
handelsektor wat tans na skatting werk verskaf
aan 257 000 mense. “Hoewel die fees die moderne
era van brandewyn vier, is dit geanker in eeue
oue tradisies en die uitnemende standaarde
waarop die bedryf gebou is,” sę sy.
Besoekers aan die fees kan die uitgesoekte
versameling potketel- en vintage-brandewyne na
hartelus met neus en tong ondersoek, én hulle
verlustig in die heerlikste mengeldrankies
gemaak met brandewyn. “Die gonswoorde by vanjaar
se fees is avant garde-mengeldrankies en die
interessante nuwe węreld van molekulęre
mengelkuns, of te wel ‘mixology’ soos dit
internasionaal bekend staan,” sę Ielanda Koen,
algemene bestuurder van die Suid-Afrikaanse
Brandewynstigting.
Die mees moderne cuisine, molekulęre gastronome
en kulinęre skerpdenkers kom saam met
mengelfoendies om avontuurlustige mengeldrankies
te skep, en sal demonstrasies en spesiale
meesterklasse aanbied. Dit sal feesgangers
uitdaag om nuut te dink oor smake en teksture en
hoe dit gekombineer kan word, veral om klassieke
kombinasies nuwe lewe te gee.
’n Spesiale smaakpawiljoen, “Die reis van
wynstok tot kuip”, illustreer die maak van goeie
brandewyn en wys hoe die verouderde produk se
kenmerkende aromas en smake ontwikkel. Ander
feeshoogtepunte sluit in die grootste
versameling Suid-Afrikaanse brandewyne onder een
dak. Die Salon Privé bied ’n asemrowende palet
van verouderde brandewynskatte. En danksy
ongekende belangstelling in die vakmanskap van
kuipery is Van Ryn se veteraankuiper Abie
Valentyn terug by die fees.
Volgens Michael Fridjhon, feesorganiseerder,
fokus die GoodLife Fine Brandy Festival Suid-Afrikaners
– veral diegene wat belang stel in die
prestasies van die wynbedryf – se aandag op ons
trotse brandewynerfenis. “Hierdie
vertoongeleentheid herinner ons aan die grootse
prestasies van ons land se distilleerders – van
wie verskeie bekroon is as ‘Die Węreld se Beste
Brandewynprodusente’ by internasionale wedstryde
die afgelope dekade.”
Ons węreldgehalte brandewynbedryf word
ondersteun deur moontlik die strengste en mees
presiese stel regulasies ter węreld. Elke jaar
keer Suid-Afrikaanse distilleerders terug van
die Verenigde Koninkryk met hande vol goue
medaljes van die Internasionale
Wyn-en-spiritualieë-wedstryd en die
Internasionale Spiritualieë-kompetisie. Vir twee
jaar agtereenvolgens, en in totaal vir sewe jaar
sedert 1999, het ’n Suid-Afrikaanse brandewyn
die prys verower vir Beste Brandewyn in die
Węreld.
As die gewildste gedistilleerde drankie in
Suid-Afrika – wat 50% meer verkoop as sy naaste
mededinger – het brandewyn ’n verbruikersprofiel
wat die Suid-Afrikaanse demografie goed
weerspieël. Hoewel verbruikers meestal mans is,
word brandewyn toenemend ’n gewilde drankie
onder vroue. Tans is sowat 25% van
brandewyndrinkers vroue, met
brandewynmengeldrankies as hul gewildste keuse.
In ooreenstemming met die internasionale neiging
is daar ’n beduidende verskuiwing in die
Suid-Afrikaanse mark na premiumprodukte, met
verbruikers wat vakmanskap, luuksheid en
oorsprong hoog op prys stel. Innoverende nuwe
produkte soos wit potketelbrandewyn lok ’n nuwe
generasie van modebewuste verbruikers in hul
twintigerjare na die produkkategorie. |