November 2008
Jaargang 1 Uitgawe 4

 

 

  Kaapstad spog met beste burgemeester ter węreld

jouhoofstories
hoofinhoud
terug na jouhoofstories
volgende artikel
vorige artikel

Kaapstad se burgemeester, Helen Zille, het verlede maand die Węreldburgemeestersprys verower nadat sy haar persoonlike lewe daaraan toegewy het om die welsyn van alle dele van die samelewing in Suid-Afrika te bevorder.

Suid-Afrikaners kan met reg trots wees – aan stuur van sake van die Moederstad, waar die land se parlement ook gesetel is, staan die węreld se beste burgemeester.
"Dis 'n groot eer om die World Mayor-toekenning te ontvang."
Dit is hoe Helen Zille, die DA-leier en burgemeester van Kaapstad, gereageer het toe sy dié nuus ontvang het.
Sy is verlede maand deur City Mayors – 'n internasionale dinkskrum oor stedelike aangeleenthede – as die wenner van hul Węreldburgemeester-kompetisie aangewys. Hiermee het sy 820 burgemeesters van regoor die węreld uitgestof met haar aanwysing as die beste burgemeester in die węreld.

Tann vom Hove, die redakteur van City Mayors, het gesę dat Zille haar persoonlike lewe daaraan toegewy het om die welsyn van Suid-Afrikaners te verbeter.
"Helen Zille was die beoordelaarspaneel se eenparige keuse vir die Węreldburgemeesterprys vir 2008. Dié besondere vrou maak 'n verskil en gee mense hoop," het hy gesę.
"Sy het haar hele professionele lewe daaraan toegewy om die welsyn van alle dele van die samelewing in Suid-Afrika te bevorder. Sy het dit met moed, deursettingsvermoë en bowenal 'n sterk liefde vir Kaapstad, haar land en sy mense gedoen."

Zille gee egter al die eer aan haar kollegas en diegene na aan haar: "Dit is 'n huldeblyk aan die spanne in die burgemeester se kantoor, die stadsbeamptes, my koukuskollegas, die parlementęre span en my gesin wat onverpoosd werk om my te steun met alles wat ek doen. Dis 'n groot aansporing vir ons om aan die gang te bly om die demokrasie in Suid-Afrika te bou, met geleenthede vir almal. Dis 'n groot eer om die World Mayor-toekenning te ontvang.”

City Mayors beskryf 'n uitstaande burgemeester as iemand wat die eienskappe van grootsheid, leierskap en visie besit, goeie bestuursvermoëns het, maatskaplik en ekonomies bewus is, die vermoë het om sekuriteit te bied en die omgewing te beskerm.
'n Uitstekende burgemeester het ook die vaardigheid om goeie verhoudings tussen gemeenskappe van verskillende kultuur-, rasse- en maatskaplike agtergronde te kweek.

Kommentators wat haar benoeming gesteun het, voel dat me. Zille in 'n land sonder hedendaagse rolmodelle, 'n verskil maak en mense hoop gee.

Die organiseerders sę dat Zille die hartstogtelikste en welsprekendste kommentaar in vanjaar se kompetisie gelok het: "Haar menslikheid, sjarme, integriteit, visie en politieke kennis is almal ewe sterk aangeprys."

Joe Seremane, DA-voorsitter, het Zille namens die party gelukgewens en gesę dit was werklik 'n merkwaardige prestasie om 820 benoemdes van oral ter węreld te troef.
"Helen en haar span in die Stad Kaapstad bewys wat 'n mens binne die DA se raamwerk van 'n oop geleentheidsamelewing vir almal kan bereik. Ons bewys daar ís 'n alternatief vir die ANC, en dat dié alternatief werk," sę hy. "Ons het die moed, ons het die visie en ons het die plan om 'n waarlik nie-rassige alternatief vir die regerende party te bou," sę hy.

 

 

e-pos hierdie artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
 

terug na jouhoofstories
volgende artikel
vorige artikel

joukommentaar

joubesluit beoordeel dié artikel

jou naam*

jou e-posadres*

jou  lewer kommentaar oor dié artikel
* nie verpligtend

     

Hosted By Afrihost.com - The Best Web Hosting Ever!

jouapplous ] joufiksie ] jouhoofstories ] jouwereld tuisblad ] joukontrei ] jouleefstyl ] joumenswees ] joupolitiek ] jourubrieke ] jouse ]

 

 

 

 



 



Lees ons ander uitgawes
Augustus

September
Oktober
November
Desember