Madonna vind (weer) liefde by Jesus



Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend
Na haar passievolle liefdesverklaring verlede maand, wil dit nou lyk of Madonna uiteindelik haar (jeugdige) liefde gevind het.

Madonna en JesusDit was 'n verjaarsdagpartytjie waar niks te kort geskiet het nie: die beplanners Domenico Dolce en Stefano Gabbana se opdrag was om 'n fees voor te berei waaroor daar nog lank gepraat sou word. En hulle het.
Maar toe was dit Madonna en haar katelknapie wat die tonge laat klap het.

Die Material Girl en 4 Minutes sangeres, Madonna, het verlede maand haar 51ste verjaarsdag tydens 'n spoggeleentheid in Portofino, Italië, gevier – waar sy tydens haar toespraak haar ewige liefde vir die Brasiliaanse model Jesus Luz (22) besing het.
Sy was nog besig om die gaste te bedank, toe sy skielik vir almal vertel hoe lief sy Jesus het: "Hy is die liefde van my lewe; hy is so sterk rondom my; ek kan hom nie genoeg bedank nie," het sy aangegaan.
Tot die verbasing van die gaste het sy die mikrofoon net so gelos, en oor die vloer na die Brasiliaanse spierpaleis gehardloop en hom passievol begin soen.
Maar vroeër die dag het sy hom in trane gehad toe sy, sy verjaarsdaggeskenk geweier het.
'n Eers glimlaggende en baie gelukkige Madonna het sy pakkie oopgemaak: dit was 'n duursame Suid-Amerikaanse gelukbringer-armband. Sy het hom egter vinnig vertel dat sy dit nie sal kan dra nie, want dit bots met haar Kabbala-armbande. Jesus was in trane oor die verwerping, maar die aand het sy daarvoor opgemaak met haar publieke liefdesverklaring.
Die volgende dag het die paartjie baie gelukkig gelyk toe hulle op 'n luukse seiljag weggevaar het.

Madonna en Jesus se liefdesbootjie het reeds deur onstuimige waters gevaar vandat die twee vanaf die begin van die jaar romanties aan mekaar verbind is. Eers was daar gerugte dat haar katelknapie – hy is 29 jaar jonger as sy – maar 'n losse Jesus is. In Maart, tydens 'n partytjie in sy tuisstad Rio de Janeiro, is gesien hoe hy net te lieftallig met die ander meisies verkeer. Natuurlik het hy dit daarna ontken. Om die kersie op die koek te plaas het Madonna ook geweier om sy ma te ontmoet. Die verhouding is verbreek en Madonna het aan almal vertel hoe gebroke haar hart is.
Maar 'n maand later is die tweetjies weer hand aan hand in New York gesien.

Na haar passievolle liefdesverklaring verlede maand tydens haar verjaarsdagpartytjie, wil dit nou lyk of Madonna uiteindelik haar ewige (jeugdige) liefde gevind het.

Bronne: Die Britse Daily Mirror, bangshowbiz.com

Sê jou sê oor dié of enige ander onderwerp (lees kommentaar op die brieweblad)

e-pos dié artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
terug na jouhoofstories
volgende artikel
vorige artikel

  Bookmark and Share Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend