|
jouhoofstoriesKleuteronderwys in 'n krisisFaktore soos 'n tekort aan finansies en opgeleide personeel, het veroorsaak dat kleuterskole 'n groot krisis in die gesig staar – met katastrofiese gevolge vir die kind wat sy basiese vaardighede moet vestig. Prof. Hennie Steyn
Kleuteronderwys in Suid-Afrika is in 'n krisis. Dié krisis word deur
verskillende faktore veroorsaak, waarvan die grootste is dat
kleuteronderwys onder beheer van die Departement Gemeenskapsontwikkeling
val, en nie onder die Departement van Onderwys nie. Die regering het sy verantwoordelikheid om 'n goeie basis by die voorskoolse kind te lê, vierkantig afgeskuif na die privaat sektor – met die gevolg dat die meerderheid kleuteronderwys wat tans in Suid-Afrika voorsien word, die verantwoordelikheid van privaat kleuterskole en dagsorggroepe geraak het. Met katastrofiese nagevolge. Een
van die groot probleme waarmee baie van dié privaat instellings worstel,
is dat daar nie genoeg opgeleide kleuterskoolpersoneel in die veld is
nie. Dié wat wel nog in Suid-Afrika oor is, se dienste is uiters gesog,
maar net so duur!
Privaat onderwys, soos kleuteronderwys, is oor die algemeen duur – want
alle kostes moet deur die privaat persoon gedra word. Waar kleuteronderwys se maandfooie só gesny is om dit wel bekostigbaar vir die mindergegoede deel van die gemeenskap te maak, gaan dié skole so mank aan fasiliteite dat baie van hulle met net die mees basiese voorsiening moet sien en klaarkom. Ten koste van die kleuter. Ten
spyte daarvan dat die nuwe slagspreuk – onder die invloed van UGO –
deesdae is dat dit die skool is wat kindgereed moet wees, bly dit 'n
feit dat elke kleuter ook skoolgereed moet wees. Kleuters benodig
stewige kognitiewe, emosionele en sosiale vaardighede voordat hulle
volledig baat kan vind by onderwys wat in die formele skoolfases vanaf
graad 1 voorsien word. Hiérdie vaardighede kan net in die goed
toegeruste kleuterskool met opgeleide personeel verkry word. Kassie Die belangrikheid van kleuteronderwys word dus nie meer ontken nie – maar die nie-beskikbaarheid daarvan vir die meerderheid van die kleutergroepe in Suid-Afrika, weens finansiële en personeelprobleme, kan ook nie meer misgekyk word nie.
Daar word nou na hierdie probleme gekyk om met behulp van moderne
tegnologie kleuteronderwys vir alle kleuters beskikbaar te stel. Die
leerders kyk dus na die spesifiek-gestruktureerde teks, video en ander
insetsels op die DVD, en doen dan die oefeninge en opdragte wat gevra
word. Die DBS-gebaseerde onderwysondersteuning is in verskillende
projekte getoets, en het elke keer beter akademiese prestasie getoon.
Een van die redes hiervoor, is dat dit individualisering, herhaling en
verryking, almal belangrike riglyne vir effektiewe onderwys, verwesenlik.
Op
grond van die beginsel van skaalvoordele word die eenheidskoste laer hoe
meer leerders aan die program deelneem. Die eCindi-program word tans met groot sukses by privaat kleuterskole van bruinmense in Afrikaans afgelewer. Die program voorsien 4 lessies per dag, 5 dae per week en 32 weke per jaar. Die kleuters kry ook 'n werkboek met een of twee werkkaarte per dag, asook 'n pakkie kryt elke ses maande en 'n skêrtjie. Die program word heeltemal gratis aangebied, want dit word met fondse uit die SEB-program (swart ekonomiese bemagtiging) gefinansier. Besighede wat die eCindi-program ondersteun, kan volpunte verwerf in Kode 600 (klein besigheidontwikkeling) en Kode 700 (sosio-ekonomiese ontwikkeling). Die verdere voordeel vir besighede is dat hulle presies weet waar hul geld spandeer word, die vordering van die program kan monitor, fondse wat so bestee word van hul belasbare inkomste kan aftrek en 'n aantoonbare bydrae lewer tot kwaliteit onderwysvoorsiening in Suid-Afrika. Kassies Vir verdere inligting, besoek www.educationexpert.co.za of kontak lydia@educationexpert.co.za. Prof. Hennie Steyn is verbonde aan die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit.
Onderskrif
|