|
jouhoofstories
Die Benny Hinn-Ministries het
tydens hul Suid-Afrikaanse
saamtrek in Randburg God se seën
belowe - in ruil vir R7 500 God se seën kos sowat R7 500. Betaal dié geld, en God se seën sal binne ure – in die vorm van groot rykdom en persoonlike skuld wat afgeskryf sal word – op jou neerdaal. Dit is wat die pastoor vir die kerkgangers gesê het. Hulle het gehoor gegee, en in hul hordes na vore gestorm om hul offerandes te bring.
Julie 2008. Die Coca-Cola Dome in Randburg is
met sowat 18 000 mense gepak wat opsoek is na
geestelike voeding – hulle is opgewonde, want
dit is nou ook nie aldag dat hulle die
geleentheid kry om die groot Amerikaanse
evangelis en geloofsgeneser, pastoor Benny Hinn,
in lewende lywe te sien nie. Hulle het gekom om
na sy boodskap van heling en genesing te luister,
en om wonderwerke te sien gebeur.
En Randburg, Suid-Afrika, was ook geen
uitsondering nie.
Toe belowe hy dat dié byeenkoms binne ure
miljoenêrs deur God se seën sal oplewer, en dat
ander se finansiële laste en persoonlike skuld
binne 'n dag deur Goddelike wonderwerke opgelos
sal word. Maar om hiérvoor in aanmerking te kom,
moes die gehoor onmiddellik 'n offergawe van $1
000 (sowat R7 500) aan die bediening maak. Die
gehoor het vorentoe gestorm – want Koontz het
hulle gewaarsku dat die uitstorting van dié seën
net twee minute lank sou duur. Maar past. Tommie Ferreira van Roodepoort, wat ook as vrywilliger in die koor tydens die saamtrek gesing het, voel ongemaklik hieroor. Hy het na die tyd gesê dat hy nie die Hinn-bediening wil beswadder of benadeel nie, maar dat hy 'n probleem daarmee het as predikers ongegronde bewerings maak net om mense se geld in die hande te kry. Vroeër vanjaar, tydens 'n Goeie Vrydag-saamtrek in Londen, het die Benny Hinn-Ministries ook die gehoor versoek vir 'n $1 000 offergawe per persoon. In Februarie het hulle tydens 'n byeenkoms in Australië, wat deur sowat 50 000 mense bygewoon is, ongeveer R5.8 miljoen ingesamel.
Die Amerikaanse-regering het teen die einde van
verlede jaar 'n intensiewe ondersoek na die
finansiële bedrywighede van ses van Amerika se
grootste evangeliste begin – en Hinn was een van
hulle. Die finansiële komitee van die senaat het
onder andere briewe aan dié ses gestuur waarin
hulle gevra het vir meer inligting oor hul
inkomste en geldsake. Dié ondersoek het gevolg
nadat die Amerikaanse regering 'n rits klagtes
van die publiek oor moontlike finansiële
wanpraktyke ontvang het. Volgens Benny Hinn-Ministries se webwerf, het dié organisasie in 2006 meer as R350 miljoen se offergawes ingesamel. Dié geld word weer aangewend om behoeftiges wêreldwyd te ondersteun. Hulle het onder andere 'n voedingskema vir kinders in Durban, en het verlede maand 'n ondersteuningsveldtog vir Suid-Afrikaanse vigslyers aangekondig.
Hinn verduidelik dat sy bediening se "prosperity
teaching" eintlik deur baie misverstaan word.
jousê
Neem aan die debat deel . . . |