Maart 2009
Jaargang 1 Uitgawe 8

 


   Nie op hul bek geval nie

jouhoofstories
hoofinhoud
terug na jouhoofstories
volgende artikel
vorige artikel

Die uitsprake van die wêreld se glanspersone laat mens soms stom van verbasing: Sean Penn versoek meer gay-tonele in sy nuutste fliek; Lily Allen verkies mans vier keer ouer as sy; Mel C weier hulp van haar voormalige sangmaats en Marilyn Manson se eks geniet nou die oop speelveld.

druk hierdie bladsy uit
e-pos hierdie artikel

 


Sean Penn

Sean Penn – meer gay tonele asseblief

Sean Penn (48) word vandag oor die algemeen beskou as een van die beter akteurs en filmregisseurs in Hollywood. Dié gloeiende reputasie het hy veral opgebou met sy vermoë om 'n verskeidendheid van uitdagende rolle baie suksesvol aan te pak.

Maar verlede maand tydens die Oscar-seremonie, het Penn die oë laat rek toe hy hom ten gunste van gay-huwelike uitgespreek het. Ook het hy na bewering versoek dat daar meer gay-liefdestonele in sy nuutste fliek, Milk, ingeskryf moes word.

Penn het weggestap met die prys as Beste Akteur in dié fliek vir sy rol as die gay politikus Harvey Milk. Milk was die eerste openlike gay-persoon wat tot die Amerikaanse staatsdiens verkies is. In 1978 is hy en die destydse burgemeester van San Francisco, George Moscone, deur 'n kollega doodgeskiet. Die moordenaar (wat deur Josh Brolin in die fliek vertolk is) het net 5 jaar in die tronk deurgebring. Twee jaar nadat hy vrygelaat is, het hy in 1985 selfmoord gepleeg.

Met sy Oscar in sy hand, het Penn hom sterk uitgespreek teen diegene wat verlede jaar in 'n referendum teen die instelling van gay-huwelike in die staat Kalifornië gestem het. Hy het ook 'n beroep op die Amerikaanse president, Barack Obama, gedoen om sy standpunt teen gay huwelike te heroorweeg.

Terwyl Penn met sy Oscar-toespraak besig was, het 'n groep mense buite ook teen gay-huwelike betoog. Penn het dit afgemaak "as baie hartseer, want dit is 'n bewys van emosionele lafhartigheid om nie dieselfde regte wat jy vir jouself toeëien, aan ander ook te gun nie."

Bang Showbizz.com berig dat die oorspronklike teks van Milk net een gay-liefdestoneel (die soentoneel) ingehad het. Maar Penn het na bewering die regisseur versoek om meer liefdestonele in te bring – vandaar die volle gay-toneel vroeg in die fliek.


 Lily Allen

Lily Allen – permanent dronk met 'n liefde vir ou mans

In haar nuutste album, It's not me, It's you, kom Lily Allen (23) die manlike geslag goed met die tong by.

Volgens haar is die meeste mans selfsugtig in die bed, en dink hulle oor die algemeen net aan hulleself. Aan die tydskrif New! het sy verlede maand gesê baie mans is eintlik maar nikswerd op dáárdie gebied: "Ek raak woedend as mans nie goed in die slaapkamer kan presteer nie!"

Tog kan sy nie genoeg van dié spesie, wat sy so afkraak, kry nie. Dan het sy verder ook 'n besonderse voorliefde vir "ouer" mans: van die bekendstes op haar kerfstok was die DJ Seb Chew (32), die musikant Ed Simons (38) van die groep Chemical Brothers en die kunshandelaar Jay Jopling (45).

Nou het sy aan die Britse media gesê dat sy 'n fantasie het om saam met die skilder Lucian Freud (86) te slaap. Volgens die tydskrif Glamour het sy gesê "dat dit baie snaaks gaan wees – want hy is vier keer ouer as ek!"

Allen vertel dat sy nog nooit met mans van haar eie ouderdom oor die weg gekom het nie – reeds vanaf haar skooldae af. "Volwassenes was nog altyd vir my meer interessant; kinders is stupid." 

Nadat Allen die afgelope tyd heelwat gewig verloor en haar lyf weer in top-vorm is, het sy verlede maand op 'n Amerikaanse TV-geselsprogram gesê dat sy glad nie sal omgee om naak te poseer nie.

Oor haar drankmisbruik draai sy ook nie doekies om nie: "Ek is die meeste van die tyd dronk – ook wanneer ek op die verhoog is," sê sy.

Haar nuutste song, The Fear, doen tans baie goed op die Britse treffersparade.


Mel C

Mel C – geen advies van júlle nie, dankie!

Die voormalige lid van die groep Spice Girls, Melanie Chisholm (35), onder ondersteuners beter bekend as Sporty Spice, of Mel C, het verlede maand geboorte gegee aan 'n dogtertjie. Die vader van die baba is Thomas Starr, met wie Chisholm die afgelope ses jaar 'n verhouding het. Sy is die laaste van die Spice Girls wat 'n moeder geword het.

Volgens Bang Showbizz.com het Chisholm gesê dat sy geen advies oor ma-wees van haar voormalige sangmaats gaan aanvaar nie – maar slegs van haar eie ma, want dié is die enigste wat sy vertrou.


Dita von Teese

Marilyn Manson – hy treur en sy eks geniet die oop speelveld 

Die goth rocker Marilyn Manson (39) treur steeds oor sy vorige liefde, die ontklee-koningin Dita von Teese (36) – al het hul huwelik reeds in 2006 deur die skeihof geloop, én hy die afgelope tyd romanties verbind word met die beeldskone fotograaf en model Isani Griffith (24). Voor dit het hy ook met die aktrise Evan Rachel Wood (21) uitgegaan.

Maar die egskeiding en Manson se hartseer kan Dita maar min skeel: sy het verlede maand aan BANG Media International gesê dat sy dit nou geniet om tussen verskillende bedmaats rond te speel: "Sedert ek van Manson geskei is, het ek nog nooit probeer om weer in 'n vaste verhouding betrokke te raak nie," verduidelik sy. "Ek het agtergekom dat ek die oop speelveld geniet!"

Dita het haar eerste ontkleevertoning gedoen toe sy nog 'n tiener was – maar vandag is sy ten spyte van haar ouderdom 'n gesogte ontkleedanseres en kabaretster.

Sy is byvoorbeeld in Augustus verlede jaar R1.5 miljoen betaal om by 'n private partytjie van die skatryk en wêreldbekende kosmetiese chirurg, Dr. Vicky Belo, op te tree. Dié partytjie is deur 600 gaste bygewoon.

 

e-pos hierdie artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
 

terug na jouhoofstories
volgende artikel
vorige artikel

  Bookmark and Share Boekmerk dié bladsy

 

Hosted By Afrihost.com - The Best Web Hosting Ever!

jouapplous ] jouhoofstories ] jousê ] jourubrieke ] joupolitiek ] joumenswees ] joutuisblad ] joukontrei ] jouleefstyl ] joufiksie ]

 

 

Opsoek na enige
onderwerp in jouwêreld?
Deursoek ons hier!

Google
Custom Search

joutuisblad
jouhoofstories
joumenswees
joupolitiek
jouapplous
jouleefstyl
joukontrei
jou
jourubrieke
joufiksie
jougeskenke
 
gratis nuusbrief
vertel jou vriende
medewerkers
adverteer
wie is ons
 
vorige uitgawes
jouwêreld Facebook-groep