November 2008
Jaargang 1 Uitgawe 4

 

 

   Milandi en die skoenlapper

joufiksie
hoofinhoud
terug na joufiksie
volgende artikel
vorige artikel


deur
Rosa Myburgh

e-pos die skrywer

 

Dit is eers toe dat sy om haar rondkyk en besef dat sy só ver weg van haar pappa en mamma se huis weggedwaal het, dat sy nou glad nie meer weet waar sy is, of hoe om terug by die huis te kom nie.
Skielik raak sy bang, en begin net daar te huil. 

 


(Illustrasie: Adrian Coetzee)

Milandi is vyf jaar oud. Sy speel elke dag met haar poppe – sy is vir almal lief, maar haar gunsteling pop se naam is Katrien. As sy nie pop speel nie, hou sy ook daarvan om buite in die tuin tussen al die mooi blommetjies te speel en na die pragtige skoenlappers te kyk.

Wanneer 'n skoenlapper op 'n blom gaan sit, is Milandi baie opgewonde – dan stap sy stadig op haar toontjies nader om die pragtige kleure van die skoenlapper te bewonder. As die skoenlapper na 'n volgende blom vlieg, volg sy hom versigtig sodat hy nie sal skrik nie. Sy het nog nooit probeer om een van hulle te vang nie, want sy is te bang sy maak hulle fyn vlerkies seer.

Een oggend sien sy die mooiste, mooiste skoenlapper met die helderste kleure wat sy nog ooit gesien het. Soos die skoenlapper van blom tot blom vlieg om kossies te kry, trippel Milandi al agter hom aan.
Dan vlieg die skoenlapper oor die heining, en Milandi is vinnig by die tuinhekkie uit – al agter die skoenlapper aan. Sy is egter só opgewonde oor die skoenlapper, dat sy nie eens agterkom dat sy al hoe verder en verder van die huis af wegdwaal nie. Maar skielik vlieg die skoenlapper hoog die lug in op en verdwyn in die verte. Milandi is baie teleurgesteld, maar omdat sy so moeg is van al die gerondlopery agter die skoenlapper aan, besluit sy om net daar te gaan sit en eers bietjie te rus.

Dit is eers toe dat sy om haar rondkyk en besef dat sy só ver weg van haar pappa en mamma se huis weggedwaal het, dat sy nou glad nie meer weet waar sy is, of hoe om terug tot by die huis te kom nie.
Skielik raak sy bang, en begin net daar te huil. 
"Waar is ek? Waar is my huis? Waar is my mamma en pappa?" huil sy.
Wat gaan sy nou doen? wonder sy tussen haar snikke deur. Gaan sy ooit weer haar mamma en pappa sien?

Gelukkig sien 'n vriendelike tannie die hartseer dogtertjie wat op die sypaadjie sit en huil, en sy stap na haar toe.
"Wat makeer, dogtertjie?" vra die tannie bekommerd. Milandi hou op huil en vertel vir die tannie van die mooi skoenlapper wat sy agtervolg het, en dat sy toe so ver van haar huis af weggedwaal het dat sy nou glad nie meer weet waar hulle huis is nie.

Die tannie sit haar arm om Milandi om haar te troos: "Moenie huil nie, kleinding," sê die tannie. "Ek sal jou help en dan is jy sommer vinnig weer terug by die huis! Sê my, ken jy julle adres?"
Milandi knik haar koppie terwyl sy die trane van haar wangetjies afvee.
"Ja tannie," sê sy. "My mamma het al lankal vir my ons adres geleer. Ek ken dit sommer uit my kop uit!"
Vinnig gee sy die adres vir die tannie.
Die tannie glimlag: "Ag, dis glad nie te ver nie! Gelukkig weet ek presies waar dit is! Kom, gee my jou handjie dan stap ons terug na jou huis toe!"

Die twee was sommer in 'n japtrap terug by Milandi se huis, maar intussen het Milandi se ma baie bekommerd begin raak toe sy agterkom dat haar pragtige dogtertjie weg is. Sy het reeds oral na haar gesoek, maar kon haar nie kry nie.

Sy was maar net te bly toe sy sien die tannie en Milandi stap by die voorhekkie in.

"Wat het gebeur?" het haar mamma besorg gevra. "Waar was jy die heeltyd?"

Milandi het haar vertel van die pragtige skoenlapper wat sy agtervolg het, en dat sy baie bang was toe sy agterkom dat sy verdwaal het.
En net daar het sy vir haar mamma belowe dat sy nooit, nooit weer uit die erf sal loop agter 'n skoenlapper aan nie.

Die volgende dag het Milandi en haar ma na die boekwinkel in die winkelsentrum gegaan, en 'n groot boek vol kleurryke skoenlappers gekoop. Elke aand het haar mamma vir haar uit die boek gelees, en sy kon die skoenlappers se kleure van naderby op die bladsye bewonder.
 

Weet jy wat jóú adres is? Vra vir Mamma of Pappa om dit vir jou te leer sodat jy dit vir iemand kan sê as jy verdwaal.

Kleur jou eie skoenlapper in. Vra vir Mamma of Pappa om hierdie prentjie vir jou uit te druk.
 

e-pos hierdie artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
 

terug na joufiksie
volgende artikel
vorige artikel

joukommentaar

joubesluit beoordeel dié artikel

jou naam*

jou e-posadres*

jou  lewer kommentaar oor dié artikel
* nie verpligtend

     

Hosted By Afrihost.com - The Best Web Hosting Ever!

jouapplous ] joufiksie ] jouhoofstories ] jouwereld tuisblad ] joukontrei ] jouleefstyl ] joumenswees ] joupolitiek ] jourubrieke ] jouse ]

 

 

 

 



 



Lees ons ander uitgawes
Augustus

September
Oktober
November
Desember