April 2009
Jaargang 1 Uitgawe 9

 

 

joufiksie
hoofinhoud
terug na joufiksie
volgende artikel
vorige artikel


deur
Rosa Myburgh
 

Die Paashaas het jou hulp nodig – want dis Paasfees en hy het hope werk!

 

Paashaas is sommer baie opgewonde: "Mamma, Mamma! Is dit weer paastyd?" wil hy weet.
"Ja, Hasie," antwoord Mamma. "Dit is!"
"Kan ek asseblief paaseiers gaan koop?"
"Maar waar gaan jy geld kry?" vra Mamma.
Paashaas het egter hiervoor beplan: "Ek het al my sakgeld gebêre, sodat ek sommer baie paaseiers kan koop!" vertel hy vir sy mamma.
Sy is baie verras: "Dis mooi! Hardloop dan maar gou en gaan koop die eiers. Onthou net, jy moet voor donker terug by die huis wees!" sê Mamma.






Laai gerus al die speletjies in pdf-formaat hier af, sodat jy dit maklik kan uitdruk.

Paashaas draf so vinnig as wat sy bene hom kan dra. Hy het 'n lysie gemaak van almal vir wie hy 'n paaseiers wil gee.
Hier is die lysie: Mamma, Pappa, Ouma, Sushaas, Beste maatjie – Gertjie.

Paashaas het sommer baie vinnig gehardloop. Toe hy terugkom by die huis, het hy dadelik die paaseiers in sy kas gaan weg steek. Hy wou nie hê dat almal van sy planne moes weet nie, want dit moet mos 'n verrassing wees!

Die volgende oggend is hy vroeg wakker en begin om sy paaseiergeskenke te versier, maar arme Paashaas het sommer gou baie moeg geraak.

Wil jy hom nie help versier nie?


(Kliek op die prentjie vir 'n groter weergawe om uit te druk.)

Hasie was so moeg, hy het vroeg al in die bed gekruip.
"Kan ek vir jou 'n storie vertel, Hasie?" vra Mamma.
"Asseblief, Mamma" sê Hasie.
Mamma gaan haal 'n kinderstorieboek en begin lees, maar sy het skaars 'n bladsy klaar gelees toe is Hasie al vas aan die slaap.
Die volgende oggend is Hasie weer vroeg wakker en flink uit die vere.

Vandag is die groot dag: hy moet die paaseiers gaan wegsteek.
Ouma en Oupa se eiers steek hy in die tuin by die rose weg.

Kan jy vir ouma help om met die paadjie by die eiers uit te kom?

Vir sy sussie maak hy dit baie moeilik, die mandjie met eiers is in 'n doolhof weggesteek.

Miskien sal sy dit vinniger kry as jy haar help?


(Kliek op die prentjie vir 'n groter weergawe om uit te druk.)

Nou moet jy vir Gertjie, Hasie se maatjie, ook help.

Gebruik eers jou vinger om die paadjie na die eiers toe te soek. Gebruik nou 'n blou kleurkryt en teken die paadjie na.

Baie dankie dat jy vir Paashaas en sy haasfamilie gehelp het . . . hulle gaan te heerlik aan hul paaseiers smul.

Laai gerus al die speletjies in pdf-formaat hier af, sodat jy dit maklik kan uitdruk.

e-pos hierdie artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
 

terug na joufiksie
volgende artikel
vorige artikel
  Bookmark and Share Boekmerk dié bladsy

 

Hosted By Afrihost.com - The Best Web Hosting Ever!

jouapplous ] joufiksie ] jouhoofstories ] joutuisblad ] jougeskenke ] joukontrei ] jouleefstyl ] joumenswees ] joupolitiek ] jourubrieke ] jouse ]

 

 

Opsoek na enige
onderwerp in jouwêreld?
Deursoek ons hier!

Google
Custom Search

joutuisblad
jouhoofstories
joumenswees
joupolitiek
jouapplous
jouleefstyl
joukontrei
jou
jourubrieke
joufiksie
jougeskenke
 
gratis nuusbrief
vertel jou vriende
medewerkers
adverteer
wie is ons
 
ander uitgawes
jouwêreld Facebook-groep