druk hierdie bladsy uit
e-pos hierdie artikel

 


Maart 2009
Jaargang 1 Uitgawe 8

 


  
Coke en Fanta

joufiksie
hoofinhoud
terug na joufiksie
volgende artikel
vorige artikel


deur
Rosa Myburgh
 

Sunél en Kobus is baie opgewonde oor die lewe op die plaas – veral noudat Pappa vir hulle 'n verrassing huis toe gebring het.

 

"Kyk, daar kom Pappa aan," sê Sunél vir haar boetie, Kobus.
"Wat het hy in sy hande?" vra Kobus.
"Ek dink dit is 'n sak met mielies," meen Sunél.
Pappa kom nader gestap. Dit lyk asof hy swaar dra en die kinders is baie nuuskierig om te sien wat dié vreemde pakkie is.
Hulle hardloop vinnig na hom toe.

"As julle twee kan raai wat ek hier het, kan julle dit present kry," sê Pappa en hou sy hande agter sy rug.
Die twee maak beurte om te raai: "Dis mielies," sê Sunél.
"Nee," sê Pappa, "verkeerd geraai!"
"Miskien is dit 'n hondjie . . .ek sien iets beweeg," raai Kobus

Mamma het gehoor hoe opgewonde die twee kleintjies is en kom kyk waaroor die bohaai is.
"Kan Mamma raai wat dra Pappa in sy arms?" vra Sunél desperaat.
Maar Mamma weet óók nie wat dit is nie.

"Kom voel hier," sê Pappa.
Dis sag . . . én wollerig.
"Ek weet, ek weet!" skree hulle amper tegelyk.
"Dis 'n lammertjie!"

"Ja, julle het ámper reggeraai. Dis twéé lammertjies!"
"Hoekom bring Pappa hulle huis toe? Moet hulle nie by hul mamma wees nie?"
"Hulle moet, maar hul mamma kan nie vir hulle sorg nie. Sy stamp hulle weg."
"Hoekom, Pappa?" vra die twee kinders.
"Dit is 'n tweeling en hul mamma het te min melk. Nou moet ons vir hulle warm melk gee en hulle hier naby die huis in 'n hokkie sit sodat hulle kan oorleef."

Mamma maak gou-gou die melk warm. Dan gooi sy die melk in twee koeldrankbottels.
Sunél en Kobus is baie opgewonde en hou haar met valkoë dop.
"Kan ons vir hulle die melk gee?" vra Kobus.
"Ja," sê Pappa, "ek het die lammertjies vir julle gebring om groot te maak. Hulle moet twee maal op 'n dag melk kry."
"Dit is wat 'n mens hanslammers noem," sê Mamma.
"Kan ons vir hulle name gee?" vra
Sunél.
"Dit is 'n slim plan," sê Mamma.
Sy wys hulle hoe om die bottels vas te hou en vir die hanslammertjies melk te gee.


Die lammertjies stoot en stamp en slurp te gulsig die melk op. 'n Mens kan sien hulle is sommer báie honger. Toe hulle pensies lekker rondvol is lyk hulle sommer vaak en baie tevrede.

"Het julle al aan name vir die twee lammertjies gedink?" vra Mamma.
"Ek weet wat hulle name moet wees," antwoord
Sunél. "Coke en Fanta. Want hulle het uit 'n Coke- en 'n Fanta-bottel melk gedrink."

Hulle het vir Fanta en Coke in 'n hokkie naby die huis gaan toemaak.
Pappa het strooi neergesit sodat hulle lekker warm kan slaap.

Die twee was so opgewonde en het kort-kort gaan kyk of die lammertjies nog gelukkig is. Elke oggend het hulle vroeg opgestaan en eers vir Coke en Fanta melk gegee. Coke en Fanta het hulle geken en as hulle nader kom het hulle al begin stamp en stoot om by die kinders te kom. Toe hulle groot genoeg is om grassies te eet het Pappa, Kobus en Sunél hulle na die skaapkraal geneem sodat hulle saam met die ander skape kan wei.

Kobus en Sunél het elke dag gaan kyk of dit nog goed met hulle twee hanslammers gaan.
 

 

e-pos hierdie artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
 

terug na joufiksie
volgende artikel
vorige artikel

  Bookmark and Share Boekmerk dié bladsy

 

Hosted By Afrihost.com - The Best Web Hosting Ever!

jouapplous ] jouhoofstories ] jousê ] jourubrieke ] joupolitiek ] joumenswees ] joutuisblad ] joukontrei ] jouleefstyl ] joufiksie ]

 

 

Opsoek na enige
onderwerp in jouwêreld?
Deursoek ons hier!

Google
Custom Search

joutuisblad
jouhoofstories
joumenswees
joupolitiek
jouapplous
jouleefstyl
joukontrei
jou
jourubrieke
joufiksie
jougeskenke
 
gratis nuusbrief
vertel jou vriende
medewerkers
adverteer
wie is ons
 
vorige uitgawes
jouwêreld Facebook-groep