Kompetisiereëls
· Sluitingsdatums vir dié maand se weggee-pryse, asook die SMS-koste, word by die onderskeie kompetisies aangedui.
· Wenners van dié maand se geskenkhoekie-pryse sal volgende maand in jouwêreld aangekondig word, wat vanaf 1 Januarie 2009 beskikbaar sal wees.
Wenners moet voor 10 Januarie 2009 hul pos- sowel as straatadres stuur aan webmeester@jouwereld.co.za om hul pryse op te eis. As ons nie jou adres het nie, kan ons nie jou geskenk stuur nie, wat beteken jy gaan dit verbeur. Maak dus seker dat jy dadelik gaan loer of jy 'n wenner is.
· Slegs "Ingetekende Lesers" kan vir die weggee-pryse in aanmerking kom. As jy nog nie as jouwêreld-leser ingeteken het nie, doen dit hier.
Lesers wat ook by die jouwêreld–FaceBook-groep aangesluit het, staan 'n dubbele kans om maandeliks as wenner gekies te word. Besoek dié groep hier.
· Daar is geen beperking op die aantal SMS'e wat per leser gestuur word nie. Hoe meer jy egter deelneem, hoe groter is die kans dat die rekenaar jou as wenner gaan kies.
· Die rekenaar-trekking van wenners is finaal, en pryse kan nie vir kontant omgeruil word nie.
· Pryse word deur die onderskeie borge, soos aangetoon, verskaf en aan wenners gepos.
· jouwêreld se enigste betrokkenheid by dié kompetisies is uitsluitlik en slegs om die spesifieke produk aan lesers bekend te stel, en om die kompetisie aan te bied en te fasiliteer. jouwêreld is nie verantwoordelik vir die verskaffing en versending van die pryse nie. Indien jy nie jou prys binne twee maande na die sluitingsdatum ontvang het nie, stuur 'n e-pos aan redaksie@jouwereld.co.za sodat ons dit namens jou met die borge kan opvolg.
Verlede maand se wenners
Die wenners van verlede maand (November 2009) se kompetisies is:
(Onthou om jou pos- sowel as jou straatadres binne 10 dae te stuur aan webmeester@jouwereld.co.za sodat ons kan reël dat jou geskenk gepos word.)

PRODUKTE: Jou somerskoonheidsgids
Julia Roos
Adel van vuuren

CD'S: Kersfees sonder Irene
Alwyn Small
Rita
Corné Greyling

ROMANSE: Waar sal ek liefde vind?
Driekie van As

BOEKE: 'n Soet ding vir jou siel
C Kretsman
C Kamalie
Marie Pitzer
Judith Vermeulen
Nadia Botha