|
jouapplous
Hy soek virusse
Zack hou homself heeldag op sy rekenaar besig waar hy na hartelus op die internet kan surf, nuwe algoritmes skryf, nuwe speletjies ontwikkel en ook om so 'n bietjie hacking te doen – al weet hy baie goed dit is teen die wet.
Karin Bain
Opsoek na 'n goeie boek om vir jou seun van so tussen 8 en 13 jaar oud aan te skaf? Dan is Vin die virusjagter, deur Jeanine Henning, 'n baie goeie keuse!
Hoekom nou juis 'n seun? Wel, die meeste ma's is voortdurend opsoek na
geskikte boeke wat só interessant is dat dit enige seun sal motiveer om
te lees – en daarin slaag Vin die virusjagter beslis!
Zack is 'n laerskoolseun in gr. 6 en 'n regte klein pierewaaiertjie. Hy hou homself heeldag op sy rekenaar besig waar hy na hartelus op die internet kan surf, nuwe algoritmes skryf, nuwe speletjies ontwikkel en ook om so 'n bietjie hacking te doen – al weet hy baie goed dit is teen die wet. Tot die dag dat hy vir Vin Marko ontmoet. Hy verander na 'n "geheime agent" – 'n aksieman wat die węreld moet beskerm teen wurms, Trojane en V-doom wat alle kommunikasiemiddele, en veral rekenaarspeletjies, tot niet wil maak.
Henning slaag daarin om die andersins vaal en onverstaanbare węreld binne die kubermatriks vir jong kinders op 'n opwindende manier toeganklik te maak. Vin die virusjagter is verder ook 'n baie spannende aksiestorie en speurverhaal.
Die boek is wel 'n bietjie moeilik vir voorlesing, aangesien die hoorder tred begin verloor met lang dialoë waar geen aanduiding gegee word van wie se woorde dit is nie. Die uitkoms is voorspelbaar, maar die beskrywings van die kubermatriks en die węreld binne die speletjies sal vir enige seun interessant wees. Die illustrasies is kleurryk en sal jou verbeelding aangryp.
Vin
die virusjagter,
deur Jeanine Henning, word deur
Human
& Rousseau uitgegee.
|