Sepietyd in Maart |
|
7de Laan (Weeksaande om 18:30 op SABC2) 7de Laan (weeksaande om 18:30 op SABC2) Aggie maak 'n voorstel vir Oubaas oor wat hy met sy gedig moet doen. Almal wonder oor Diederik se room en die manne wil ook daarvan kry, maar Paula kan nie onthou wat die bestanddele was nie. Vanessa is geskok as sy hul kontak by die hotelgroep probeer skakel. Herman besef hy het 'n fout gemaak en probeer dit regstel, maar sal Felicity te vinde wees daarvoor? Die manne konfronteer Paula as hulle besef wat die room aan hul gesigte doen. Vanessa en Xander se vrese word waar en dit rig baie skade aan hul huwelik. Errol kry nuus uit Washington. Oubaas se gedig het toe tog 'n uitwerking op Hilda. Gita bring nuus vir Charmaine rakende Oppiekoffie. Xander het 'n moontlike oplossing vir die galery en Gita is baie ontsteld as sy daarvan uitvind. Charmaine se bouers daag weer nie op nie, hoe gaan sy dit hanteer? Oubaas kry inspirasie vir sy gedig uit Hilda se ikebana praatjies. Gita probeer Herman oorreed om deel te word van sy duikplanne. Vanessa is verpletter oor Xander se planne en Gita wil dit met alle mag en krag stopsit. Hoe gaan Hilda voel oor Oubaas se tweede gedig? Herman broei oor Felicity en neem 'n besluit oor haar. Gita is desperaat om uit te vind wie Studio 7 wil koop. Vanessa neem kennis as Xander kla oor die hoë versekeringspremies. Week 2: 8 – 12 Maart Iemand anders raak ook op die anonieme digter verlief. Felicity erken dat sy gevoelens vir Herman begin ontwikkel, maar voel hy dieselfde? Vanessa loer in die stoorkamer rond en dis duidelik dat sy iets beplan, maar wat? Gita stel 'n ultimatum aan Alan om uit te vind wie die galery wil koop. Vanessa vroetel met die geyser bo die skilderye, maar gaan haar planne werk? Alan vind iets uit as hy in die galery rondsluip en Gita gee hom sy volgende opdrag. Aggie se plan om Hilda sag te maak deur Oubaas se gedigte werk nie soos 'n bom nie. Na Herman en Felicity se dansles gebeur daar iets wat dit duidelik maak hoe hulle oor mekaar voel. Xander is woedend oor wat in die galery gebeur het. Gita maak 'n naamlose oproep. Kabelo soek idees vir Oppiekoffie se partytjie en Matrone kom met 'n voorstel. Neville bring ontstellende nuus oor Zondagh. Herman en Felicity erken hulle het 'n fout gemaak, maar dis nie die einde nie. Vanessa is ontsenu as die versekeringsmense haar ondervra. Hoe gaan Emma voel as sy vir Herman en Felicity saam sien? San-Mari en Paula is die twee laaste finaliste in die Oppiekoffie kompetisie, wie gaan met die louere wegloop? Xander hoor iets by Indira wat hom baie ontstel. Week 3: 15 – 19 Maart Ryno vertel vir Pieter van hul ma – sal dit hul nader aan mekaar bring of net verder laat wegdryf? Almal wonder hoe Emma en Herman oor mekaar voel noudat Herman en Felicity saam is. Matrone maak planne as sy hoor wie die geheimsinnige digter is. Vanessa is in 'n toestand as sy hoor wat die versekering besluit het oor hul eis. San-Mari maak 'n slinkse plan as almal terg dat skuba nie Paula se koppie tee is nie. Sal Matrone se aanslag op Oubaas werk? Gita is tevrede oor hoe haar plan vorder. Isabelle breek ontstellende nuus aan Xander en dit veroorsaak dat Vanessa bieg. Maria raak bekommerd as Hilda 'n brief aan die onbekende digter stuur. Herman en Felicity se verhouding begin rigting kry. Gita maak 'n oproep na die persoon wat vir Xander uit sy penarie kan kry. Hoe voel Xander en Vanessa oor mekaar se optredes? Felicity is bekommerd oor haar verhouding met Herman. Aggie is bekommerd as sy hoor wat Oubaas en Hilda se lot gaan wees, maar Paula dink dis 'n uitstekende tema vir haar Paula Prut. Charmaine is geskok as Xander haar die volle storie van Vanessa vertel. Vanessa is in 'n toestand as sy hoor wat Xander beplan, maar Gita is baie tevrede daarmee. Oubaas vermoed Hilda hunker na 'n ander man. Emma maak moeilikheid tussen Herman en Felicity. Xander kry 'n oproep van iemand wat hom uit sy penarie kan red. Lukas besef wat die aand in die galery gebeur het met die krag wat afgegaan het. Xander wil die goeie nuus met Vanessa deel, maar sy is skoonveld. Week 4: 22 – 26 Maart Sal Emma en Felicity die lug kan suiwer oor Herman? Hoe gaan Paula voel as Altus noem dat hy die duikkursus gaan doen hetsy met of sonder haar? Xander sit met 'n dilemma as beide Oubaas en Hilda hom wil gebruik vir hul egskeiding. Gita is franties as Xander die vergadering met Alan kanselleer. Annelie is verslae oor Pieter se reaksie op haar planne. Hilda is geskok as Maria vir haar van haar eie medisyne gee. Xander het nie Vanessa se reaksie verwag toe hy haar die goeie nuus gee nie. Gita is desperaat as sy nuus kry by Alan oor Studio Sewe. Hilda is in 'n toestand omdat almal van haar skandes weet. Paula stoom as sy sien hoe San-Mari vir Altus probeer verlei en sy besluit om 'n stokkie daarvoor te steek. Vanessa maak dit duidelik vir Xander wat sy van hul verhouding dink. Tim is onrustig oor 'n ontstelde Gita. Tim druk vir Gita om te hoor wat haar so ontstel. Hilda besef Oubaas is die anonieme digter, maar sal sy Oubaas betyds uit Matrone se kloue kan red? Xander lewer 'n eerlike pleidooi en Vanessa reageer nie soos hy gehoop het nie. Herman is verward en wonder of Emma dalk nog iets vir hom voel. Sal Pieter Annelie se kant van die saak kan insien as San-Mari dit vir hom stel? Isabelle is opgewonde oor Helena wat vrygelaat word, maar sal Helena weer kan aanpas? Week 5: 29 – 31 Maart Die jongklomp neem 'n besluit oor die Sodwana-naweek wat San-Mari uitsluit. Herman en Felicity se dansklasse word bedreig en hy besef hy sal 'n plan moet maak. Hoe gaan Gita reageer as Tim haar wil bystaan in haar finansiële nood? Alhoewel Charmaine met haar bouer beïndruk is, laat hy Herman wonder. Xander en Vanessa kondig aan wat hulle met die galery gaan doen. Tim erken hoe hy oor Gita voel. Wat gebeur met Helena dat sy so ontsteld is? Herman maak seker dat almal klub toe gaan vanaand, want daar’s 'n groot prys op die spel. Isabelle sien Helena met twee vreemdelinge vergader en sy doen iets wat niemand verwag nie. Gaan Herman en Felicity se dans 'n sukses wees? Binnelanders (weeksaande om 18:00 op M-Net)
Kallie besluit om terug te trek na die Kosterhuis, maar Conrad probeer hom keer. Pippa is in twee geskeur tussen Henk en Nathan. At se plan, om Ingrid terug te kry, loop skeef. Henk wil Daleen nie uitlos nie. Franz en Stefanie maak vrede. Toeks kom tot haar groot ontsteltenis agter sy het Kallie verkeerdelik verdink. Kallie praat sy mond verby. Pippa is vasgevang tussen die boom en die bas, en spanning loop hoog as alle leidrade tot die identiteit van die ontvoerder op niks uitloop nie. Die ontvoerder wil sorg dat Franz verhoor word, maar hy het buitengewone planne vir wie die jurie gaan wees. At vertel vir Stefanie dat die polisie 'n spesialis inspan. Elise laat glip van Henk en Daleen. Franz weier om saam te werk. Coen bring vir At slegte nuus. Die verhoor begin op die internet. Quinton konfronteer vir Henk oor Daleen. Gys is kwaad omdat Toeks geswyg het soos die graf, en Daleen wag verniet vir Quinton. Ingrid betaal vir Franz se foute. Quinton is afsydig teenoor Daleen, en sy gaan smeek by Pippa om hulp. Toeks bekommer haar oor Gys se veiligheid, en Franz se verhoor neem 'n onverwagse wending. Die gyselaarsdrama eis sy tol op Binneland. Almal probeer op hule eie manier vashou aan hoop, elk in oomblikke van swakheid en ondersteuning. In die kelder het Joe die hef in die hand - hy stel dit aan die massagehoor dat hy kan bewys dat Franz skuldig is aan moord. Intussen dryf Henk Daleen tot raserny en Nathan en Pippa reël 'n blind date. Week 2: 8 – 12 Maart Franz word deur die aanklaer en die verdediger ondervra. Daleen en Quinton probeer vrede maak, en At ontdek die identiteit van die ontvoerder. Conrad kry snuf in die neus oor At en praat sy mond verby by Stefanie. Nathan wend 'n nuwe poging aan met Henk. Franz en Ingrid vind uit wat Joe wou weet oor die brand-deur. Quinton is geskok om uit te vind Henk was getroud. Pippa konfronteer vir Henk. Coen vind uit dat Joe Fowler se halfbroer is. Henk en Pippa sit steeds vas en dinge vererger wanneer hy en Nathan mekaar in Nagskof gryp. Daleen beskuldig Henk ook daarvan dat hy die rede is waarom sy en Quinton uitmekaar is. Stef kan die spanning nie meer hanteer nie en stort in duie. Conrad versorg haar liefderyk. Joe maak die uitslag van die internetsaak bekend en laat Ingrid vry. Ingrid kom ongedeerd by Binneland aan, maar Franz is steeds soek. Nathan waarsku Pippa dat iets ernstig fout is in Henk se lewe. Joe onthul uiteindelik aan Franz wie hy is. Pippa is verbaas om te hoor Henk vertrek die volgende dag. Joe voltrek Franz se straf tot afgryse van die Binneland-personeel. Nuus oor Franz se dood tref die hospitaal soos 'n skokgolf. Pippa word oorval deur skuldgevoelens as Henk in 'n motorongeluk is. At vra vir Ingrid om weer in die Kosterhuis te kom bly. Week 3: 15 – 19 Maart Ingrid trek terug na die Kosterhuis. Jennifer is bekommerd oor Franz se toekomsplanne en Quinton begin wonder of hy nie dalk 'n fout met sy optrede teenoor Daleen gemaak het nie. Pippa kry slegte nuus oor haar broer. Daleen probeer Quinton se gevoelens oor die toekoms by Tertius uitvis. Pippa smeek tevergeefs dat Franz Henk behandel, maar Jennifer laat hom tweekeer dink. Ingrid lyk of sy dalk weer mag versoen met At terwyl Conrad en Stefanie hulself in 'n gevaarlike situasie verstrengel. Dirk daag onverwags op. Tertius gee Daleen raad oor Quinton, en Stefanie vlug vir Conrad. Kallie gee vir At liefdesraad. Zelda praat met Conrad oor Stefanie. Daleen loop vir Quinton in die gang raak. Dirk gaan sien vir Henk. Stefanie konfronteer vir Conrad. Stefanie wil vroeër as beplan by Rian in die Seychelles aansluit – en Conrad besluit om haar te konfronteer. Quinton wil Tertius help om 'n ou verloofring te verkoop, maar Daleen kom daarop af en maak haar eie afleidings. Zelda loop haar vas teen Stefanie en Conrad. Pippa misluk in haar poging om vrede tussen Henk en Dirk te bewerkstellig. Week 4: 22 – 26 Maart At gee vir Conrad nuwe aansporing om sy gevoelens vir Stefanie te verberg. Quinton nooi Daleen vir drankies en sy maak reg vir die groot vraag. Ingrid is baie beïndruk met die nuwe regsfirma en At is bang hy verloor haar. Pippa vind uit Dirk en Henk het vrede gemaak en is verbaas om te hoor van Henk se nuwe planne. Daleen kry die idee dat Quinton besig is om vir die twee van hulle 'n wittebrood te beplan. Toeks besluit sy’t iets nuuts in haar lewe nodig, en Zelda lê 'n plan om Stefanie en Rian op te breek aan Conrad voor. Pippa is bekommerd oor Daleen se troulêer. Toeks werf Jennifer vir haar en Faye se boekklub. Ingrid reël Stefanie se troue met 'n ysterhand. Zelda bied haar hulp vir Stefanie aan. Coen gee vir At 'n interessante brokkie oor die regsfirma. Conrad en Zelda finaliseer hul plan. Week 5: 29 – 30 Maart Ingrid maak 'n besluit oor haar toekoms. Pippa probeer vir Daleen waarsku oor die verloofring, en Conrad se moed dreig om hom te verlaat as hy sien hoeveel sy en Zelda se plan Stefanie laat ly. Conrad word geskok deur Stefanie se besluit. Pippa praat reguit met Daleen oor die ring, en Tertius berei voor vir Toeks se eerste amptelike boekklubvergadering. | |