|
ROOTS OF YOUTH (R-O-Y) se debuutalbum, Youth
Confessions, is een van die grootste
verrassings wat die musiekindustrie in 'n lang
tyd opgelewer het. Dié CD is 'n briljante
vertoon van vars talent en verrassende vernuf –
op alle vlakke.
Met 'n unieke mengsel van die punk rock en pop
rock genres, het ROOTS OF YOUTH (R-O-Y) hulle
sommer met die intrapslag stewig as 'n band met
'n sterk, eie identiteit gevestig.
Die band bestaan uit vyf lede. Sewe jaar gelede
het Christoff de Beer (vocals, lead
guitar en primêre liriekskrywer) en sy
suster Marzanne de Beer (vocals,
acoustic guitar), kragte saamgespan met die
sibbe Christine Swart (keyboard en
backing vocals), Marguerite Swart (dromme)
en Erik Swart (bass guitar en backing
vocals), om 'n briljante groep te vestig wat
beslis nie met enige ander band wat reeds
bestaan vergelykbaar is nie.
Sterk in hul visie en wat hulle wou bereik,
het die groep stapsgewys daaraan gewerk om
hul vaardigheid te slyp. Fokus en harde werk
is beloon. In 2004 het die band die Junior
World
Championships
vir
Performing
Arts gewen, en in dieselfde jaar
die prys as "The
Best Band" in die
National Yamaha
Talent Search
ontvang. Hul
debuutalbum,
Youth
Confessions,
is saamgestel uit 13 snitte, en elkeen
daarvan is 'n briljante, oorspronklike
song.
Hul debuutalbum, Youth Confessions, is
saamgestel uit 13 snitte, en elkeen daarvan is
'n briljante, oorspronklike song. Die titels
vertel elk hul eie storie. Get off my case,
Welcome to my World en Teleurstelling
is maar 'n paar voorbeelde dat hierdie groep nie
bang is om sensitiewe onderwerpe (in Engels en
Afrikaans) aan te raak nie. Die lirieke práát
met jou. Die musiek verdien krediet vir
oorspronklikheid en integriteit. Die ballades
Miss you forever en Diep gedagtes
moet spesiale vermelding kry. Sonder enige
pretensie bewys ROOTS OF YOUTH (R-O-Y) hul
diversiteit en hulle imponeer met welslae. Die
sensitiewe aanslag is opbouend en dra by om
hierdie 'n versamel-album te maak.
95% van die musiek kom uit Christoff se pen. Sy
sterk persoonlikheid reflekteer in die ewe sterk
en blatant eerlike lirieke.
"Ek skryf oor dinge wat in my eie lewe aangaan,
want dit is dieselfde issues wat elke
jongmens raak en waarmee hulle dus kan
identifiseer," verduidelik hy. "Die jeug moet
ongelooflik baie uitdagings trotseer. Dit kan 'n
mens op 'n manier van die res van die samelewing
isoleer. Ons ís die jeug, en daarom kan ons
hulle eerlik en getrou verteenwoordig en
ondersteun – vandaar die titel van hierdie
album."
Hulle beskryf sommige van die lirieke as "in
your face" – maar dit is juis wat dit treffend
maak en sorg dat hulle die kol tref. Dit help
nie om katvoet rondom sekere dinge te loop nie.
Hulle kry dit deurgaans reg om dinge raak te sê
wat in die meeste omstandighede moeilik is om te
verwoord.
"In 'n sekere sin is die songs ook ons
memories," verklaar Christoff.
Roots of Youth (R-O-Y) is 'n wenkombinasie van
funky en vreesloos. Hulle het sterk beginsels en
duld nie afbrekende gedrag of gewoontes soos
dwelms nie. Hulle wroeg nie, hulle spreek bloot
kwessies aan en bied verligting. Hulle staan
sterk en smee bande. Hulle bied hoop. Vir die
vyf talentvolle lede is middelmatigheid nie 'n
opsie nie. Deur hulle musiek wil hulle ander
inspireer om die beste in hulleself na vore te
bring. Deur hul voorbeeld en boodskap oortuig
hulle met welslae.
Sonder enige twyfel of huiwering: Hierdie is die
band om van nou tot ver in die toekoms dop te
hou. Hulle gaan baie groot wees en 'n kardinale
rol in die Suid-Afrikaanse musiekindustrie speel.
Roots of Youth (R-O-Y) is die nuwe supernovas in
die industrie se sterrestelsel.
|