Wen 'n dubbelkaartjie na Prime Circle se optrede in Kaapstad.


Platinum-sukses vir Prime Circle



Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend

Die immergewilde Prime Circle het rede om fees te vier. Hulle hét immers nasionale en internasionale sukses behaal, en word as een van Suid-Afrika se grootste uitvoerprodukte beskou.

Prime Circle word in die musiekbedryf as een van Suid-Afrika se grootste uitvoerprodukte beskou. Met hul harde rock-gedrewe kitaarspel, sterk lirieke en konsekwent vermaaklike opvoerings het hulle diep spore in die musiekwêreld getrap. Nadat hulle, moeg maar tevrede, van 'n baie suksesvolle toer na Indië teruggekeer het, het hulle uitgevind hul derde album, All or Nothing, het platinum-status bereik.
Prime Circle“Ons het ons harte en siele in hierdie album gestort,” verduidelik die hoofsanger, Ross Learmonth. “Ons Suid-Afrikaanse ondersteuners het bewys hulle geniet die album net soveel soos ons dit geniet het om dit te maak.”

Om platinum-status te bereik, is vir die groep, bestaande uit Learmonth (sanger en kitaar), Dale Schnettler (tromme), Dirk Bisschoff (kitaar), Neil Breytenbach (klawerbord) en Marco Gomes (baskitaar) voorwaar 'n eer. Veral na nege jaar van harde werk en opofferinge.
“Ja, die harde werk bring nou vrugte,” voeg Dirk by. “En dit sal ons net aanspoor om nog harder te werk om ons musiek na die volgende vlak te neem.”

Die groep toer sedert die vrystelling van hul album in 2008, sonder ophou. Die snitte Out of this place, She always gets what she wants en Consider me het vir ondersteuners 'n onmiddellike gunsteling geword. Sedert Prime Circle van hul toer vanaf Indië teruggekom het, het laasgenoemde song tot bo aan dié land se nasionale treffersparade gestyg.
“Ons doen dit waarvoor ons lief is,” sê Dale opsommend, “en dit is wat die verskil maak.”

Vir meer inligting kontak Franie Kotzé van Prime Circle Management by franie@primecircle.co.za
of Natasha Kok van EMI Music by 011 911 1518 of natashak@emimusic.co.za.

Besoek ook hul webwerf hier.

jougeskenke

Prime Circle speel op Sondag, 28 Februarie 2010, by die Kirstenboschtuine in Kaapstad.

1 Gelukkige leser kan 'n dubbelkaartjie na dié vertoning wen. Om vir dié prys in aanmerking te kom, SMS die woorde JW PRIME, tesame met jou naam en e-posadres, aan 36545 voor 20 Februarie 2010.

Lees ook die kompetisie-reëls.

Old Mutual Summer Sunset Concert-program in die Kirstenboschtuine

Old Mutual en Kirstenbosch gee jou baie redes om die somer te vier met hul konsertreeks. Die konsertreeks duur al die hele somerseisoen, en sluit met Tidal Waves & Tumi Molekane af. Die Old Mutual Summer Sunset Concerts vind by die Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuine (Rhodeslaan, Newlands, Kaapstad) plaas op Sondae van 17:30 - 19:00.

* Kaartjies kos R95 per persoon vir volwassenes, met verlaagde tariewe vir lede van die Botaniese vereniging (R85) en skoliere (R80).
* Bel 021 799 8783/8620 of besoek die Old Mutual Summer Sunset Concert-webwerf.
* Kaartjies kan ook aanlyn gekoop word by webtickets.co.za.

Die volledige program is:


Datum

Kunstenaars

7 Februarie

aKING

14 Februarie

Jamali & friends

21 Februarie

Just Jinjer

28 Februarie

Prime Circle

7 Maart

Goldfish

14 Maart

The Dirty Skirts

21 Maart

The Cape Philharmonic Orchestra

28 Maart

Watershed

4 April

Tidal Waves & Tumi Molekane

Sê jou sê oor dié of enige ander onderwerp (lees kommentaar op die brieweblad)

e-pos dié artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
terug na jouapplous
volgende artikel
vorige artikel
  Bookmark and Share Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend