Januarie 2009
Jaargang 1 Uitgawe 6

 

 


  Aanbid op Eurodance-pop

jouapplous
hoofinhoud
terug na jouapplous
volgende artikel
vorige artikel

"Dit gaan jongmense grip – hiérdie worship-albums kom presies op die regte tyd vir die nuwe generasie Christen-jongmense."

Haar ma vertel sy het "maar nog van altyd af gesing".
En nou het Jessie Pretorius (20) haar eerste twee konsepalbums – een in Afrikaans en een in Engels – op die mark.
Dié twee polsende praise en worship-albums klink soos Cascada en is in 'n Eurodance-popstyl opgeneem.
Dié verwerkings bring 'n styl in Suid-Afrikaanse worship wat nog nooit van te vore gehoor is nie, en sal eerder by die jongklomp as by tradisionele gospel-aanhangers aanklank vind.

Op die Afrikaanse album is daar liedjies soos Leeu van Juda, Hoe groot is ons God, Onbeskaamd, Die kruis staan steeds en Die koning is hier; terwyl die Engelse CD snitte soos Every time I breathe, Hosanna, How great is our God en Blessed be your name bevat.

Jessie is die dogter van Willie Pretorius, en het van kleins-af saam met hom in sy musiekbedieningsgroep Willie en die Wenspan opgetree.
Oor die styl van haar twee worship-albums is sy baie opgewonde: "Dit gaan jongmense grip. Ek dink hierdie albums kom presies op die regte tyd vir die nuwe generasie Christen-jongmense."
Sy het in Pretoria grootgeword, skoolgegaan en studeer tans musiekteater by die TUT (Tshwane Universiteit van Tegnologie) met vakke soos dans, drama, kreatiewe beweging en sang.
Maar, soos haar ma sê, sing Jessie al van kleins-af.
Sy was 6 jaar oud toe sy haar eerste sangkompetisie gewen het. Daarna het sy saam met haar pa in sy musiekbedieningsgroep (Wille en die Wenspan) rondgetoer en landswyd opgetree. Op 9-jarige ouderdom is sy deel van 'n CD-opname van dié groep.
Sy was 12 toe sy die TV-kompetisie The Little Lighthouse gewen het.
Later het sy in voorprogramme opgetree vir Karen Zoid, Heinz Winckler, David Fourie, Klopjag en High Five.

Jessie vertel dat haar twee konsep-albums, Pols en Don't Stop, vir die Christen-jongmens as alternatief kan dien vir Cascada en Hannah Montana.
"Almal sal nie van hiérdie Christen-dansmusiekstyl hou nie, maar dit is gemik op die breë spektrum van jongmense. Daar is tog reeds Christelike musiek in elke ander genre!"
Oor die sukses van haar musiekloopbaan op 'n baie jong ouderdom, lag sy net: "Ek is my hele lewe gewoond daaraan dat mense my 'as Willie se dogter' herken het. Ek het egter besef dat my naam in die musiek-industrie rondloop toe mense begin sê 'Willie, is Jessie jou dogter?'".
 

Pols en Don't Stop word deur die Maranatha-musiekmaatskappy versprei. Vir meer inligting oor dié twee albums, of om Jessie vir 'n optrede te bespreek, stuur 'n e-pos aan marketing@maranatha.co.za

jougeskenke

3 lesers kan elkeen 'n stel van Jessie se twee worship-CD's, Pols en Don't Stop, wen. Om hiervoor in aanmerking te kom, SMS die woorde JW WORSHIP, tesame met jou naam en e-posadres, aan 36545.
Lees ook die kompetisiereëls.

e-pos hierdie artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
 

terug na jouapplous
volgende artikel
vorige artikel

 

Hosted By Afrihost.com - The Best Web Hosting Ever!

jouapplous ] joufiksie ] jouhoofstories ] jougeskenke ] joukind ] joukontrei ] jouleefstyl ] joumenswees ] joupolitiek ] jourubrieke ] jouse ]

 

 

 

 




 

 
 



Lees ons ander
uitgawes
2008
Augustus
September
Oktober
November
Desember
2009
Januarie
Februarie