spesiaal vir jou:
Laai 'n gratis mp3 van Planeet Manjifiek af.
Beatri Kotzé

deur Beatri Kotzé




Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend

Hulle is vars, uniek en bestem om die trefferparades te oorrompel. Hulle doen hip-hop in Afrikaans. Ontmoet Planeet Manjifiek!

Die Suid-Afrikaanse musiekbedryf beleef tans 'n enorme bloeitydperk, met hope bands wat oral in die land opduik, veral op die kampusse waar dié bands 'n onmiddellike gehoor en fanbase het. Ons gesels vandeesmaand met een van hiérdie opwindende nuwe bands. Hulle is vars, uniek en bestem om die trefferparades te oorrompel. Ontmoet Planeet Manjifiek!
Planeet Manjifiek
Die vierstuks is 'n interessante mengsel: Ruan Kruger (25), die tromspeler, speel ook die tromme vir Straatligkinders – daai cool ouens van Potchefstroom wat verlede jaar 'n opskudding in die bedryf veroorsaak het met hul donderrock en diep lireke. Katlego Maboe (23) kan harmoniseer soos min. Hy is verantwoordelik vir die melodieë van die Planete en sing ook vir die a cappella-groep Flip-a-Coin. Louis Janse van Rensburg (22) rap en sorg vir die opruiende electronics. Hy is bedags 'n musiekpromotor. Bordeaux Augustyn Potgieter (21), ook 'n rapper, verdien sy brood en botter andersins as improvisasie-komediant.   

Ons het die vier manne 'n paar vrae gevra.

Waar kom die naam van die band vandaan?
Ek (Louis) het met die naam opgekom so teen die middel van laas jaar. Ek het 'n huge ding vir die buitenste ruimte en is mal oor die feit dat ons nie weet wat als daar bo aangaan nie.

Planeet ManjifiekHoe het die band ontstaan?
Ruan en Bordeaux wou iets saam begin, maar Louis en Bordeaux ook. Toe pull ons almal bymekaar en kry vir Katlego ook. 'n Mens kan nie 'n band begin sonder 'n amazing vocal artist nie!
Ons het amptelik in September 2009 begin met ons website, foto’s en so aan.

Waar is jul basis?
Potchefstroom Pop Town! Maar Louis en Bordeaux is oorspronklik van Mosselbaai.

Enige hoogtepunte sover?
Ons was al op die voorblad van Die Volksblad JIP, Beeld JIP en Die Burger JIP. Dan was ons ook al op MK Live en My MK Celeb. Ons het ook al 'n song weggegee in die Januarie 2010-uitgawe van SL Magazine

Watter soort musiek sal julle sê maak julle?
Ons musiek is meestal hip-hop en pop, maar ons almal luister steeds elkeen na ons eie musieksmaak wat ons inspireer. Louis en Ruan het nogal 'n heavy rockagtergrond terwyl Bordeaux en Katlego baie hip-hop luister, maar ons dink enigiemand wat in 'n club instap word geïnspireer om musiek te maak wat mense laat dans.

Is julle 'n beter studio band of eerder 'n kick-ass live act?
Ha-ha. Ons moet bieg: Ons het nog nooit lewendig opgetree nie, maar dit wat ons beplan is stout! So wees asseblief reg as ons naby jou kom optree!
Ons wil dié jaar hopelik 'n CD uitbring en baie video’s. Asook baie FaceBook updates.

Is image belangrik om 'n impak op die hip-hop-mark te maak of gaan dit net oor die musiek?
Dis presies wat ons nie wil doen nie. Almal probeer altyd die semi-naked meisies, geld en karre approach, maar ek dink nie dis wat ouens soos Tupac en Run DMC bedoel het nie. Die musiek moet die praatwerk doen.

Hoekom het julle besluit om hip-hop te doen? En dit nogal in Afrikaans!
Dis maar iets wat ons almal al lank luister. Dit neem nogal die radio oor op die oomblik en dis moontlik die grootste mark wat internasionaal te sien is. Ons dans ook almal in clubs van ons studentedae af – nie professioneel nie though – enigiets wat ons kan laat dans, wil ons met mense deel. En Afrikaanse hip-hop is nog nie goed gedoen nie.
Ons songs gaan maar meestal daaroor om 'n goeie tyd te hê. Bordeaux het 'n groot talent wat lirieke betref en ons dink hy is die een wat die ladies se harte gaan steel met sy woorde. Ons huidige liedjies gaan oor danspartytjies, om die verandering te wees . . . en meisies!

Sê jou sê oor dié of enige ander onderwerp (lees kommentaar op die brieweblad)

e-pos dié artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
terug na jouapplous
volgende artikel
vorige artikel
  Bookmark and Share Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend