Desember 2008
Jaargang 1 Uitgawe 5

 

 

   Sangeres nie vir SA verlore

jouapplous
hoofinhoud
terug na jouapplous
volgende artikel
vorige artikel


e-pos jouwęreld

 

Nádine is met haar nuwe album gereed om die internasionale mark aan te durf – maar sy verseker haar plaaslike aanhangers dat sy hulle nie gaan afskeep nie.

Nadat sy Suid-Afrikaners vir 13 jaar lank aan haar voete gehad het, het die blondekop sangeres Nádine besluit die tyd is nou ryp om haar vlerke te sprei.

En dít wil sy doen met haar eerste internasionale album, This Time I Know, wat so pas uitgereik is.
Die grootste gedeelte van die album is dan ook in Swede opgeneem, met addisionele werk in ateljees in België en Suid-Afrika. Die Sweedse musiekvervaardiger Nick Manic het aan stuur van dié produksie gestaan.

Suid-Afrikaners is reeds bekend met die titelsnit, This Time I Know, wat al vir 'n rukkie op plaaslike radiostasies gehoor is. In die gees van die internasionale mark wat Nádine met dié album wil bereik, is dié snit, 'n liefdesballade, deur Nick Manic geregisseer.

Maar om 'n internasionale deurbraak te maak, gebeur nie sommer oornag nie. Daarvan is Nádine egter terdeë bewus.
Sy sę sy is gereed en bereid om die lang pad na internasionale sukses te stap.
"Ek het immers in Suid-Afrika begin deur van stad tot stad, dorp tot dorp, en fees tot fees te toer om vir mense te sing en hulle te vermaak. Ek weet dit verg harde werk, maar ek is rég vir dié uitdaging."

Die liedjies op die nuwe album is duidelik gekies met die oog op 'n oorsese gehoor, maar dit beteken nie dat plaaslike ondersteuners nou van haar afskeid sal moet neem nie.
"Dit gaan geensins om 'n drastiese fokusskuif nie," verduidelik sy, "dit gaan eerder oor die begin van 'n nuwe hoofstuk in my lewe: nóg musiek. Want musiek is my lewe en my lewe is musiek."

Sy belowe dat haar plaaslike en lojale ondersteuners nie bekommerd hoef te wees dat sy hulle nou gaan afskeep, verstoot en vir die węreld verruil nie.
Terwyl sy alles in haar vermoë gaan doen om internasionale erkenning te verwerf, sal sy altyd haar getroue Suid-Afrikaanse bewonderaars tevrede stel.
"Dit is hulle wat my die geleentheid gebied het om my droom ten volle uit te leef en ek sal my ondersteuners altyd diep in my hart koester."

En net om te bewys dat sy bedoel wat sy sę, het sy op die plaaslike uitreiking van This Time I Know, ook drie liedjies in Afrikaans ingesluit. Die ander 12 liedjies is in Engels, en op die oorsese mark gemik.

Nádine vertel dit was vir haar 'n lewensveranderende ondervinding om 'n internasionale album te skep: "Ek het nog altyd geweet dit verg harde werk. Die afgelope 13 jaar in die bedryf was 'n wonderlike leerskool, maar toe dit opnametyd vir dié album word, het ek besef ek werk nou met die beste regisseurs, liedjieskrywers en stemafrigter. Hulle het die beste in my na vore gebring en ek het vokale vlakke bereik wat ek nie geweet het ek oor beskik nie. Dit was soms ontsettend uitmergelend, maar ek is dankbaar dat ek dié loopbaanrit aangedurf het."

Hugo Foets, Nádine se bestuurder in België, is oortuig daarvan dat Nádine oor die talent en daardie spesiale eienskap beskik om Europese musiekliefhebbers te oorrompel.
"Die oomblik toe ek haar stem op 'n Afrikaanse samestelling gehoor het, het ek geweet dié is ware talent," vertel hy.
Foets bestuur ook vir Dana Winner.
 

Nádine se album, This Time I Know, is verlede maand deur EMI in Suid-Afrika uitgereik, en is landswyd by CD-winkels beskikbaar.
Die album kan ook direk by kalahari.net bestel word.
Om Nádine vir 'n konsertoptrede te bespreek, kontak vir Carine Crystil op 011 675 0913 of 082 893 7836.  

jougeskenke
3
lesers kan elkeen Nádine se album, This Time I Know, wen.
Om hiervoor in aanmerking te kom, SMS die woorde JW NADINE, tesame met jou naam en e-posadres, aan 34780.

e-pos hierdie artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
 

terug na jouapplous
volgende artikel
vorige artikel

 

Hosted By Afrihost.com - The Best Web Hosting Ever!

jouapplous ] joufiksie ] jouhoofstories ] jougeskenke ] joukind ] joukontrei ] jouleefstyl ] joumenswees ] joupolitiek ] jourubrieke ] jouse ] tuisbladsy ]