|
|
|

Maart
2009
Jaargang 1 Uitgawe
8 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
|
|
|
 |
Die room van Afrikaanse
kunstenaars tree op by die
musiekkarnaval by Carnival City.
|
|
|
|
Musiekliefhebbers van Gauteng kan nou die laaste
maand van die somer afsluit met 'n Afrikaanse
Musiekkarnaval by Carnival City aan die Oos-Rand.
Dié musiekfees – wat deur Lefra Produksies
aangebied word – duur van 6 tot 28 Maart van
Vrydae tot Sondae, en sluit die room van die
Afrikaanse musiekbedryf in.
Met hul keuse van kunstenaars het Lefra
spesifiek agt kunstenaars gekies wat bekend is
vir hul professionaliteit en kwaliteit, maar wat
nie gereeld op die kommersiële verhoog gesien
word nie.
Die fees word op Vrydag, 6 Maart, deur die
rock-band Snotkop om 20:00 afgeskop. Volgende
aan die beurt is Jan Blohm (7 Maart, 20:00),
Mathys Roets (8 Maart, 16:00), Sarah Theron (13
Maart, 20:00), Izak Davel (14 Maart, 20:00),
Randall Wicomb (15 Maart, 16:00), Coenie de
Villiers (22 Maart, 16:00) en Laurika Rauch (27
en 28 Maart, 20:00).
Frans Swart, Besturende Direkteur van Lefra
Produksies, sę hiérdie is hulle eerste
musiekkarnaval by Carnival City.
"Ons het probeer om vir oud en jonk iets aan te
bied, maar veral om op kwaliteit te konsentreer. En
dalk het ons probeer om so bietjie weg te beweeg
van die kommersiële kunstenaars wat ons baie
meer in ander produksies gebruik en sien. Hierdie
Musiekkarnaval is werklik vir die fynproewer in
Afrikaanse musiek."
Meer oor die kunstenaars:
|
 |
Snotkop
Met meer as 35 000 albums al verkoop, is Snotkop
terug met sy splinternuwe, windgat,
trefferbelaaide album, So Damn Sexy. En
op Vrydag, 6 Maart, is hy die eerste kunstenaar
in aksie tydens vanjaar se musiekkarnaval. Na sy
baie suksesvolle debuut-CD, wat baie vinnig goue
status bereik het, het hy nie minder as nege
nominasies en vier toekennings ontvang – waarvan
twee MK-toekennings was, asook 'n
Vonk-toekenning vir Beste Rock-album. Sy DVD,
Snotkop - Spring Lewendig, is ook verlede
jaar genomineer vir 'n SAMA-toekenning. Die nuwe
album is 'n heerlike mengsel van retro-beachboy
geďnspireerde pop en lekker oorspronklike
Snotkop-styl Pop Rock.
|
|
Jan Blohm
Op Saterdag, 7 Maart, is Jan Blohm op die
verhoog. Hy skryf gedigte vandat hy kan onthou,
en hoewel sy groot invloed Engelse musiek is, is
Afrikaans sy eerste keuse. Afrikaans is vir hom
heilig en hy is baie lief vir die digkuns en
probeer die digterlike eienskap aan sy musiek
gee. Jan was nog altyd aangetrokke tot die
musiek van Chuck Berry en die ou rock 'n roll-pioniers.
Hy't altyd na B.B. King en Muddy Waters
geluister en plaaslik is die CD's van Anton
Goosen, Piet Botha en Gian Groen nooit ver weg
nie. Hy was met die 14de jaarlikse
SAMA-toekenningsaand verlede jaar bekroon met 'n
toekenning in die kategorie Beste Afrikaanse DVD
van die Jaar.
|
 |
 |
Mathys Roets
Sy
sangloopbaan het byna twee dekades gelede
afgeskop met musiek van verskeie legendes soos
Koos du Plessis en Leonard Cohen. Vanjaar bereik
Roets se sangloopbaan nuwe hoogtes met sy
huldeblyk aan die drie meesters van musiek en
liriek, Cat Stevens, Roger Whittaker en Niel
Diamond. "Almal is altyd besig om oorspronklike
musiek te bevorder, en hoewel dit vir my sin
maak, bly ek eerstens 'n sanger en ek moet sing
waarvan ek hou en wat by my styl en stem pas,"
glo Roets. Op Sondag, 8 Maart, kan aanhangers
Mathys in die huldeblykproduksie in samewerking
met die veelsydige musikant Matthys Maree op die
Mardi Gras-verhoog geniet.
|
Sarah Theron
Sy staan bekend as die "Vurige Diva" in
Suid-Afrikaanse musiekkringe. Sarah het
letterlik vlam gevat met ons inheemse style en
musiek en nou is sy "Diva RSA".
Sarah sing al 24 jaar lank voor gehore van alle
soorte en smake, waarvan die laaste 15 jaar ten
volle professioneel. Haar werk strek oor baie
genres – uitgevoer in orkesoptredes, pantomimes,
musiekblyspele en kabaret. Sy het waardevolle
ondervinding opgedoen in die eerste 5 jaar van
haar sangloopbaan deur amper uitsluitlik
buitelugoptredes saam met live bands te
doen. Dit verduidelik dalk waarom Sarah ewe tuis
is met Rock, Jazz, Pop, Gospel, Blues en selfs
Kunsliedere. Wees gewaarsku: na afloop van Sarah
se vertoning op Vrydag, 13 Maart, mag jy dalk
DiVA-karaktertrekke openbaar!
Izak Davel
Terwyl Izak besig was om die TV-skerms aan die
brand te speel as Egoli se populęre Scab,
was hy ook hard aan die werk agter die skerms om
'n ander droom te vervul. Aanhangers kan Izak op
Saterdag, 14 Maart in aksie sien. Izak het sy
debuut-CD, Ken Jy My?, onlangs vrygestel,
en dis reeds besig om groot impak te maak.
Volgens Werner Beukes van Globo Music
International, gaan die Suid-Afrikaanse publiek
nie weet wat hulle getref het as hulle Izak hoor
sing nie.
"Hy gaan, volgens my mening, die Afrikaanse
weergawe wees van Enrique Iglesias," vertel
Werner. Sy album Ken Jy My? is 100%
trots-Afrikaans, en sluit liedjies uit die pen
van Johan Vorster in.
Randall Wicomb
Gehore in Gauteng is bevoorreg om Randall in een
van sy min optredes hier op die verhoog te sien
op Sondag, 15 Maart. Oor die verloop van meer as
drie dekades is hy 'n ikoon in die
Suid-Afrikaanse
musiekindustrie, 'n dryfveer agter Afrikaanse
volksliedjiekomposisies en die interpretasie
daarvan. In sy luisterryke loopbaan het vele van
sy vrystellings goue status behaal. Sy gevoel
vir węreldmusiek is duidelik as 'n mens dink aan
onvergeetlike treffers soos Duitswes Wals,
Die Blommeverkopers van Adderleystraat en
Snoektyd in die Kaap.
Sy mees onlangse vrystelling is Hie langes my
– Griekwapsalms en ander Tekste. Behalwe
kunstenaar is Randall ook 'n
kopersmid, pottebakker, gesondheidsfanatikus en
hy kweek bonsai-boompies.
"Ek is verlief op die lewe!" sę Randall laggend.
Coenie de Villiers
Woordsmid, musikant en sanger Coenie de Villiers
skuif agter die vleuelklavier in vir 'n
musiekfees soos min op Sondag, 22 Maart. Hy
speel liedjies vanaf sy jongste CD wat volgende
maand vrygestel word, asook komposisies vanaf sy
2008-album, Weerlig oor die See. Hierdie
album word deur kritici as een van die beste
Afrikaanse albums in die geskiedenis beskou.
Daar is bekende treffers in 'n nuwe gedaante, en
dan is daar altyd 'n skeut blues soos net
Coenie dit kan doen. Is dit die woorde of die
melodieë wat 'n mens bybly? Kom luister self na
Coenie!
Laurika Rauch
Die legendariese Rauch sluit die Musiekkarnaval
op 27 en 28 Maart af. Haar sangloopbaan het in
1976, met die begin van televisie in Suid-Afrika,
afgeskop. Sy is deur Stephan Bouwer gevra om te
sing in die program Fyn Net van die Woord,
en toonsettings te doen van Afrikaanse gedigte,
soos die nou reeds bekende Toemaar die donker
man, 'n gedig van Ingrid Jonker. Haar rol in
die ontwikkeling en vestiging van die nuwe
Afrikaanse lied is reeds geskiedenis. Deur die
loop van haar loopbaan was daar 'n hele paar
optredes in Europa en Oos-Europa, daar was TV-optredes,
teaterproduksies en tussendeur is sy soms ook
stem- en produksieregisseur. Een van haar mees
onlangse bydraes tot ons musiekerfenis, is die
twee en 'n half uur lange DVD wat sy en
regisseur Johan Badenhorst, saamgestel het uit
die programme van die kykNetreeks: Kom Laat
ons Sing –'n Musikale reis van Laurika Rauch,
wat handel oor die ontwikkeling van die
Afrikaanse liedjie sedert die dertigerjare. As
'n mens kyk na Laurika Rauch se enorme bydrae
tot die Afrikaanse liedereskat – bykans 220 nuwe
liedjies wat sy oor die jare aan die publiek
bekendgestel het - kan 'n mens nie anders as om
te wonder wat se groot dinge dalk nog voorlę nie!
|
|
Besprekings by Computicket: Skakel
(011) 340 8000 of besoek
www.computicket.com
Om afslag te kry vir groepe van 10 of meer mense,
kontak Cecile by
(011) 815 3000.
Skole, kerke en diensorganisasies kan ook fondse
met van hierdie produksies insamel. Skakel vir
Cecile by (011) 815 3000.
Besoek ook
www.lefra.co.za vir meer inligting. |
|
|
e-pos hierdie artikel
druk hierdie bladsy
uit
het
jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
|
terug na jouapplous
volgende artikel
vorige artikel
Boekmerk dié bladsy |
|
|
|
Hosted By Afrihost.com - The Best Web Hosting Ever!
[ jouapplous ] [ jouhoofstories ] [ jousę ] [ jourubrieke ] [ joupolitiek ] [ joumenswees ] [ joutuisblad ] [ joukontrei ] [ jouleefstyl ] [ joufiksie ] |
|
|
|
|
|
Opsoek na enige
onderwerp in jouwęreld?
Deursoek ons hier! |
|
|
|