Maart 2009
Jaargang 1 Uitgawe 8

 


   Feesmaal vir die fliekvlooi

jouapplous
hoofinhoud
terug na jouapplous
volgende artikel
vorige artikel


saamgestel deur
Wilna Myburgh

Sien uit na dié nuwe uitreikings op die silwerdoek in Maart.

Kitsgids:
Slumdog Millionaire
Watchmen
New in Town
Passengers
Rachel getting married
Paul Blart: Mall cop
Confessions of a shopaholic
Marley & Me
Gran Torino

Fanboys
The Reader
Underworld 3:
The rise of the Lycans

Slumdog Millionaire

genre: Drama
storielyn: 'n Tiener van Mumbai wat in die slums grootgeword het, word 'n deelnemer van die Indiese weergawe van "Who wants to be a millionaire?" Hy word gearresteer omdat hy van vuilspel en misdaad verdink word, maar tydens die ondersoek word van die gebeure van sy lewensgeskiedenis gewys wat verduidelik hoe hy die antwoorde geken het.
akteurs: Dev Patel, Anil Kapoor, Freida Pinto
regisseur: Danny Boyle
vrystellingsdatum: 6 Maart 2009
ouderdomsbeperking: 13 G



Terug na kitsgids

Watchmen

genre: Fantasie / Avontuur
storielyn: Wanneer 'n ex-superhero vermoor word, begin 'n vigilante, Rorschac, 'n ondersoek na die moord wat tot 'n nog skokkender gevolgtrekking lei.
akteurs: Carla Gugino, Jeffrey Dean Morgan, Malin Akerman
regisseur: Zack Snyder
vrystellingsdatum: 6 Maart 2009
 



Terug na kitsgids

New in Town

genre: Romantiese komedie
storielyn: 'n Konsultant wat mal is oor haar upscale Miami-lewenstyl, word na 'n klein dorpie in die middel van nęrens in Minnesota gestuur om die herstrukturering van 'n vervaardigingsfabriek te hanteer. Net nadat sy die ysige ontvangs van die gemeenskap, paaie van ys en die yskoue weer oorwin het, word sy beveel om die fabriek toe te maak en die hele gemeenskap sonder werk te laat. Nou is sy verplig om haar doelwitte te heroorweeg en 'n manier te kry om die dorp te red.
akteurs: Renée Zellweger, Harry Connick Jr.
regisseur: Jonas Elmer
vrystellingsdatum: 6 Maart 2009
 



Terug na kitsgids

Passengers

genre: Riller
storielyn: 'n Jong terapeut, Claire, moet trauma-behandeling aan die vyf oorlewendes van 'n vliegtuigongeluk bied. 
Sy word deur Eric, die mees geheimsinnige van die passasiers, gefassineer. Na hul professionele verhouding in 'n romanse ontwikkel, begin die oorlewendes geheimsinnig verdwyn: En Claire vermoed dat Eric die antwoorde op al die vrae ken. Sy is vasbeslote om die waarheid te ontdek, ongeag die gevolge wat dit mag hę.
akteurs: Anne Hathaway, Patrick Wilson
regisseur: Rodrigo García
vrystellingsdatum: 13 Maart 2009
ouderdomsbeperking: 13
 



Terug na kitsgids

Rachel getting married

genre: Komedie / Drama
storielyn: 'n Jong vrou wat die laaste 10 jaar dikwels in en uit die rehab was, gaan vir die naweek huis toe om haar suster se troue by te woon.
akteurs: Anne Hathaway, Rosemarie DeWitt
regisseur: Jonathan Demme
vrystellingsdatum: 13 Maart 2009
 



Terug na kitsgids

Paul Blart: Mall cop

genre: Komedie
storielyn: Wanneer 'n winkelsentrum deur 'n groep georganiseerde diewe oorgeneem word, is dit net die goedgemanierde sekuriteitswag wat die dag kan red.
akteurs: Kevin James, Keir O’Donnell
regisseur: Steve Carr
vrystellingsdatum: 13 Maart 2009
ouderdomsbeperking: OB G
 

Terug na kitsgids

Confessions of a shopaholic

genre: Romantiese komedie
storielyn: Terwyl Rebecca haar doelwit – om vir die bekende modetydskrif, Alette, te skryf – nastreef, kry sy werk by 'n finansiële tydskrif waar sy oor haar eie probleem moet skryf: 'n onkeerbare gewoonte om inkopies te doen. Wanneer sy teen verwagting groot sukses behaal, begin sy om haar ware ambisies te bevraagteken.
akteurs: Isla Fisher, Hugh Dancy, Joan Cusack, John Goodman, Kristin Scott Thomas
regisseur: P.J. Hogan
vrystellingsdatum: 13 Maart 2009
ouderdomsbeperking: OB
 

Terug na kitsgids

Marley & Me

genre: Komedie
storielyn: 'n Familie leer belangrike lewenslesse by hulle dierbare, maar baie stout en neurotiese hond.
akteurs: Owen Wilson, Jennifer Aniston, Eric Dane, Kathleen Turner
regisseur: David Frankel
vrystellingsdatum: 20 Maart 2009
 

Terug na kitsgids

Gran Torino

genre: Drama
storielyn: Walt Kowalski, 'n onvergenoegde Koreaanse Oorlogveearts, vang 'n jong Hmong-tiener terwyl hy sy waardevolste besitting – 'n 1972 Gran Torino – wil steel. Die tiener se ma verplig haar seun om op te maak daarvoor en Walt word vinnig by hul lewens betrek.
akteurs: Clint Eastwood, Christopher Carley, Bee Vang
regisseur: Clint Eastwood
vrystellingsdatum: 20 Maart 2009
 

Terug na kitsgids

Fanboys

genre: Komedie
storielyn: 'n Groep vriende en “Star Wars”-ondersteuners reis na Skywalker Ranch om 'n vroeë kopie van “Episode I: The Phantom Menace” te steel sodat hulle dit kan kyk voordat dit amptelik vrygestel word.
akteurs: Sam Huntington, Chris Marquette, Dan Fogler, Jay Baruchel, Kristen Bell
regisseur: Kyle Newman
vrystellingsdatum: 20 Maart 2009
 

Terug na kitsgids

The Reader

genre: Drama
storielyn: Bykans 'n dekade nadat sy affair met 'n ouer vrou tot 'n misterieuse einde gekom het, ontmoet regstudent Michael Berg haar weer waar sy haarself in 'n oorlogsmisdaadverhoor moet verdedig.
akteurs: Ralph Fiennes, Kate Winslet, David Kross
regisseur: Stephen Daldry
vrystellingsdatum: 27 Maart 2009
 

Terug na kitsgids

Underworld 3: The rise of the Lycans

genre: Fantasie / Avontuur
storielyn: Die storie handel oor die eeue-oue vete tussen die aristokratiese vampiers en hul voormalige slawe, die Lycans.
akteurs: Michael Sheen, Bill Nighy, Rhona Mitra, Steven Mackintosh
regisseur: Patrick Tatopoulos
vrystellingsdatum: 27 Maart 2009
ouderdomsbeperking: 13 G

Terug na kitsgids

 

e-pos hierdie artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
 

terug na jouapplous
volgende artikel
vorige artikel

  Bookmark and Share Boekmerk dié bladsy

 

Hosted By Afrihost.com - The Best Web Hosting Ever!

jouapplous ] jouhoofstories ] jousę ] jourubrieke ] joupolitiek ] joumenswees ] joutuisblad ] joukontrei ] jouleefstyl ] joufiksie ]

 

 

Opsoek na enige
onderwerp in jouwęreld?
Deursoek ons hier!

Google
Custom Search

joutuisblad
jouhoofstories
joumenswees
joupolitiek
jouapplous
jouleefstyl
joukontrei
jou
jourubrieke
joufiksie
jougeskenke
 
gratis nuusbrief
vertel jou vriende
medewerkers
adverteer
wie is ons
 
vorige uitgawes
jouwęreld Facebook-groep