WIE IS ONS? | GRATIS NUUSBRIEF | MEDEWERKERS | ADVERTEER
jou gesinstydskrif – maandeliks, gratis en wêreldwyd

Kyk dit, skermtyd



Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend







Nuwe flieks wat in Mei in teaters landswyd uitgereik word.

Edge of Darkness
A serious man
Robin Hood
I Now Pronounce You Black and White
Schuks Tshabalala’s Survival Guide to South Africa

Edge of Darkness (Riller)

Edge of Darknessmet Mel Gibson, Ray Winstone, Danny Huston en Bojana Novakovic
regisseur: Martin Campbell

Thomas Craven, 'n veteraan moordspeurder en enkelpa, se enigste kind, die 24-jarige Emma, word voor sy huis vermoor. Hoewel almal aanvaar dat hy die eintlike teiken was, vermoed hy onraad vermoed en begin 'n ondersoek na sy dogter se geheime lewe en haar moord. Hierdie ondersoek lei hom na die gevaarlike wêreld van korporatiewe geheimhouding, regeringsamespanning en moord, waar hy ook met Darius Jedburgh, die regeringswerker wat die bewyse moet laat verdwyn, te doen kry. So word dit vir Craven 'n tog van emosionele ontdekkingstog en bevryding. Terug na bo

A Serious Man (Drama)

A  Serious Manmet Michael Stuhlbarg en Richard Kind
regisseur: Joel Cohen, Ethan Coen

Dis 1967 en Larry Gopnik, 'n fisikaprofessor, is opsoek na ekwilibrium.
Sy vrou het hom pas, vir een van sy verwaande kollegas, verlaat, sy werklose broer slaap op die sitkamerbank, sy seun het 'n ernstige dissipline-probleem en sy dogter steel geld uit sy beursie om genoeg vir plastiese sjirurgie aan haar neus te spaar. Dan is daar nog 'n moeilike student en sy buurvrou wat kaal in die son lê.
Daarom dat hy drie rabbi’s gaan vra om advies, om hom te help om 'n regverdige mens – 'n Mensch – 'n ernstige man te kan word.Terug na bo

Robin Hood (Aksie / Avontuur)

Robin  Hoodmet Russell Crowe, Cate Blanchett, William Hurt, Mark Strong, Mark Addy, Oscar Isaac, Danny Huston, Eileen Atkins en Max von Sydow
regisseur: Ridley Scott

Robin Hood handel oor die lewe van 'n bedrewe boogskutter, wat voorheen slegs aan sy eie selfbehoud aandag geskenk het, in diens van Koning Richard se weermag teen die Franse. Wanneer Koning Richard tot sterwe kom, reis Robin na Nottingham, 'n dorp wat onder die korrupsie van 'n despoot en onder belasting kruppel gaan. Daar raak hy verlief op die weduwee Lady Marion, wat skepties oor sy identiteit en motivering is. Om haar hand te wen en die dorp te red, kry Robin 'n groep bymekaar wat op die rykes toeslaan om die polisiehoof se onregverdigheid teen te werk. Terug na bo

I Now Pronounce You Black and White (Romantiese komedie)

I Now Pronounce You Black and Whitemet Tyrel Meyer, Astara Mwakalumbwa, Sylvia Mdunyelwa en Ian Roberts
regisseur: Oliver Rodger

Mens sou dink dat dit altyd 'n feestelike geleentheid is wanneer twee mense verlief raak en trou. In die geval van Simon Dawson en sy meisie, Jackie Msolisi is dit egter glad nie die waarheid nie. Simon se rassistiese ouers is woedend; sy pa, 'n trotse Afrikaner, en sy pretensieuse Joodse ma is vasbeslote dat Simon nie die “hulp” kan trou nie. Jackie se ouers is net so kwaad omdat sy 'n “whitey” wil trou en haar ma besluit, om teen alle koste, die troue te stop. Terug na bo

Schuks Tshabalala’s Survival Guide to South Africa (Komedie)

Schuks Tshabalala’s Survival Guide to South Africamet Leon Schuster en Alfred Ntombela
regisseur: Gray Hofmeyr

Schuks Tshabalala en sy vriend, Shorty word deur die 2010 toerismevereniging gevra om 'n fliek te maak wat as visuele gids vir buitelanders sal dien wat Suid-Afrika toe kom vir die Wêreldbeker.
Schucks is 'n onderwyser en toergids vir 'n gemengde groep toeriste wat sy oorlewingsgids tot Suid-Afrika baie ernstig opneem. Die toeriste is gretig om te leer, en Schuks en Shorty is maar te bly om met 'n reeks histeriese demonstrasies oor lewe in Suid-Afrika al hul vrae te beantwoord.
Algemene mispersepsies oor Suid-Afrika, soos dat leeus in die strate loop, en kapers waar Tshabalala bekendes viktimiseer word deur Leon Schuster komies aangebied. Niemand is veilig nie!Terug na bo

Kommentaar aangedryf deur Disqus
e-pos dié artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
terug na jouapplous
volgende artikel
vorige artikel
  Bookmark and Share Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend

joutuisblad | jouhoofstories | joumenswees | jouapplous | jouleefstyl | joutafel | joukontrei | jou  | joufiksie | jougeskenke |
gratis nuusbrief | medewerkers | adverteer | wie is ons?

Kopiereg © 2008-2010