druk hierdie bladsy uit
e-pos hierdie artikel

 


Maart 2009
Jaargang 1 Uitgawe 8

 


   Hartsliedjies van 'n woordkunstenaar

jouapplous
hoofinhoud
terug na jouapplous
volgende artikel
vorige artikel


deur
Beatri Kotzé


 



Koos van der Merwe se solo-CD bied uitsonderlike hartsliedjies wat tot elke mens spreek

 

Hy hou nie van die term 'gospel' nie: "Wat is gospel nou eintlik?" wil Koos van der Merwe, wat 'n dekade gelede as lid van die duo Prophet bekendheid verwerf het, weet.
"Want wat is dit anders as liefdesliedjies ter verering van God?"
 
Al word sy eerste CD as solokunstenaar as gospel geklassifiseer, is Ter wille van die opdaag soveel meer as dit.
Met die 12 pragsnitte op dié CD bied Koos ware liefdes- en hartsmusiek. Maar as jy 'n tradisionele gospel-CD verwag met hallelujas en glorias, gaan dié album jou denkwyse verbreed: Gospel kan tog immers nie net hallelujas en lofprysings wees nie!
"Soms is daar so 'n valse kuisheid aan Christenskap," voel Koos. "Maar wat is dan méér Christelik as 'n passievolle liefdeslied?"
Die liedjies Aande en Saam illustreer Koos se stelling: Jy sal ver soek om mooier óf meer opregte liefdesliedjies te kry.


Koos van der Merwe is 'n meesterlike digter en met sy liedjies skep hy werklik musiekprentjies. In die snit Devolusie gee hy sy aangrypende blik op ons samelewing wat al meer ontnugterend word. Dis briljant. Ewe briljant is Strate van goud. Met die eerste luister klink dié snit na die mees opgewekte op die album, maar inderwaarheid laat die lirieke die lig val op die Christengeloof se verval in die 21ste eeu.

Gaan my nie verby is beslis die treffer op die album met 'n eie goedvoel-countryklank.
Die snitte My lied sal opklink, Naggebed, Herder Jesus en die titellied Ter wille van die Opdaag, is weer die meer tradisionele gospelliedjies op die album. Alhoewel tradisioneel, is dit egter veel eerliker as baie van die ander liedjies in dié genre.
"Soms is gospel 'n bietjie oneerlik," sê Koos. "Veral as 'n mens dink aan al die hartseer wat daar in die wêreld is. As kunstenaar kan jy nie vir mense leë woorde gee nie."
Aan leë woorde maak hy hom egter geensins skuldig nie: Hy verwoord met sy lirieke dit wat soveel mense voel, na smag en uitspreek – Christen, al dan nie.
In Stom sing hy: "As ek kan kies laat u stiltes kom, As ek mag vra draai dit alles om, En as ek kon kies sal U nader kom."

Gestroopte eerlike Christenmusiek: Dít is die stempel van dié album. Voeg daarby die strelende orkestrasie van Thinus Odendaal (perkussie en tromme), Jake Odendaal (elektriese- en akoestiese kitaar), Denny Hodgetts (baskitaar), Danny Antill (klavier en klawerbord) en Sez Adamson (pedaalstaal), en jy kry die beste gospelmusiek wat jy vanjaar sal hoor. Dié CD sal beslis goed vaar tydens musiektoekenningsaande in die komende jaar.

'n Bonus CD, Stof Psalms: Gebede Gedigte en Gedagtes, met 98 van Koos se gedigte, is by die pakket ingesluit. Hiermee bewys hy net weereens sy talent as digter.

Ervaar besieling en lafenis met die musiek van dié uitsonderlike kunstenaar.

Koos van der Merwe se debuut solo-album, Ter wille van die opdaag, is deur Broken Records uitgegee en is nou landswyd beskikbaar.
 

jougeskenke

3gelukkige lesers kan elkeen 'n kopie van Koos van der Merwe se debuut solo-album, Ter wille van die opdaag, wen. SMS die woorde JW KOOS, te same met jou naam en e-posadres, aan 34780.

Lees meer oor dié en ander kompetisies in jouwêreld.
 

e-pos hierdie artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
 

terug na jouapplous
volgende artikel
vorige artikel


  Bookmark and Share Boekmerk dié bladsy

 

Hosted By Afrihost.com - The Best Web Hosting Ever!

jouapplous ] jouhoofstories ] jousê ] jourubrieke ] joupolitiek ] joumenswees ] joutuisblad ] joukontrei ] jouleefstyl ] joufiksie ]

 

 

Opsoek na enige
onderwerp in jouwêreld?
Deursoek ons hier!

Google
Custom Search

joutuisblad
jouhoofstories
joumenswees
joupolitiek
jouapplous
jouleefstyl
joukontrei
jou
jourubrieke
joufiksie
jougeskenke
 
gratis nuusbrief
vertel jou vriende
medewerkers
adverteer
wie is ons
 
vorige uitgawes
jouwêreld Facebook-groep