April 2009
Jaargang 1 Uitgawe 9

 

   Nou word daar in Johannesburg geknyp

jouapplous
hoofinhoud
terug na jouapplous
volgende artikel
vorige artikel



Die klug Knypie oppie Kant keer dié
maand vir 'n kort speelvlak na die Goudstad terug.
 

Johannesburgers wat afgeskeep voel omdat hulle altyd Pretoria toe moet ry vir 'n goeie Afrikaanse klug, kry nou hul beurt: Op die publiek se aandrang is die komediespan, wat al duisende van die lag laat krul het met die lokettreffers Knypie oppie kant en Knypie 2 – 'n Dubbeldosis, vanaf 9 – 19 April 2009 in die Nelson Mandela-teater van The Johannesburg Civic Theatre te sien.

Van die eerste vertonings af was Knypie Oppie Kant en Knypie 2 – 'n Dubbeldosis wegholtreffers en kaartjies het vinnig uitverkoop. As gevolg van die groot openbare aanvraag uit Johannesburg, het Packed House Productions en The Joburg Theatre besluit om Knypie Oppie Kant vir 'n beperkte seisoen in Johannesburg aan te bied.
Paul Berning, Hoofbedryfsbeampte van Packed House Productions, sê: "Knypie oppie Kant was 'n reuse-sukses in Pretoria en het bewys dat mense nodig het om te lag. Packed House Productions wil graag aan Johannesburgers ook 'n bietjie lagterapie bied."

Resensente het in 2008 Knypie Oppie Kant se lof besing. Paul Boekkooi (Rapport) het geskryf: ". . . Van Pletzen is ons klugmeester par excellence . . ." Hy het na ". . . 'n ensemble van top-akteurs . . ." verwys en die gehoor aangeraai: "Gaan lag jou diafragma los." Anna-Retha Bouwer (Beeld) het Knypie as ". . . 'n genotvolle produksie wat gehore laat skater" beskryf en Adrienne Sichel (Pretoria News) het gesê Knypie ". . . hits all the right bawdy buttons", daarna verwys as 'n "saucy romp" en van die "terrific casting" melding gemaak. Ook Knypie 2 – 'n Dubbeldosis het uitstekende resensies gekry met opskrifte soos: "Vergeet van jou sorge en lag tot jy huil" (Beeld Plus, 17 Februarie) en "Vat jou lagspier Knypie-gim toe" (Rapport, 22 Februarie).

Knypie Oppie Kant, met die oorspronklike titel Two into One, is deur Ray Cooney geskryf en word as een van sy snaaksste en slimste komedies beskou. Cooney word algemeen as een van die wêreld se beste klugskrywers beskou. Van sy ander klugte wat in Afrikaans opgevoer is, is My vrou se Man se Vrou, My Boetie se Sussie se Ou en Kyk hoe hol hulle.

Die onoortreflike komedie-paar Tobie Cronjé (Daantjie Rossouw) en Hannes Muller (De Waal Combrink) sal die gehore weer met hul manewales vermaak. Die vertaling, verwerking en regie is deur die meester van verhoogkomedie, Pierre van Pletzen, gedoen. Packed House Productions het hom al as vervaardiger van kwaliteit Afrikaanse vermaak en grootse dekorstelle bewys, waarvan hierdie een geen uitsondering is nie! Ander bekendes wat weer in die produksie te sien is, is Hanli Rolfes-Opperman, Christel van den Bergh en Cobus Venter.
 

Klugte: Knypie Oppie Kant
Vervaardiger: Packed House Productions
Teater: Nelson Mandela-teater van The Johannesburg Civic Theatre
Datum: 9 - 19 April 2009
Skrywer: Ray Cooney
Regie en vertaling: Pierre van Pletzen
Met onder andere Tobie Cronjé en Hannes Muller
Kaartjies: R150 - R210

e-pos hierdie artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
 

terug na jouapplous
volgende artikel
vorige artikel
  Bookmark and Share Boekmerk dié bladsy

 

Hosted By Afrihost.com - The Best Web Hosting Ever!

jouapplous ] joufiksie ] jouhoofstories ] joutuisblad ] jougeskenke ] joukontrei ] jouleefstyl ] joumenswees ] joupolitiek ] jourubrieke ] jouse ]

 

 

Opsoek na enige
onderwerp in jouwêreld?
Deursoek ons hier!

Google
Custom Search

joutuisblad
jouhoofstories
joumenswees
joupolitiek
jouapplous
jouleefstyl
joukontrei
jou
jourubrieke
joufiksie
jougeskenke
 
gratis nuusbrief
vertel jou vriende
medewerkers
adverteer
wie is ons
 
ander uitgawes
jouwêreld Facebook-groep