jouapplous

 

Venster in lewe van liedjieskrywers

 

Al Klopjag se sterkpunte, naamlik hul sterk lirieke en melodielyne en uiteenlopende instrumentkombinasies, is steeds die hoeksteen van hul nuutste album, maar daar is tog iets ekstra waarop mens net nie jou vinger kan plaas nie.

 

Van 'n nederige begin as 'n studentegroep sewe jaar gelede, tot een van die suksesvolste Afrikaanse bands van alle tye vandag. Dit is die kort opsomming van Klopjag se loopbaan. Wat hulle egter meer besonders maak, is dat ten spyte van die feit dat liedjies soos 24 uur, Stof, Nie langer en Skree – om net 'n paar te noem – reeds volksbesit is, hulle steeds die vermoë het om selfs hul grootste aanhangers te verras en jou van voor af 'n fan kan maak. Hiervan is Klopjag se nuutste album Musiek vir die agtergrond

sonder twyfel 'n getuigskrif.

 

Al Klopjag se sterkpunte, naamlik hul sterk lirieke en melodielyne en uiteenlopende instrumentkombinasies, is steeds die hoeksteen van die album, maar daar is iets ekstra waarop mens net nie jou vinger kan plaas nie. Miskien is dit die ervaring van sewe jaar op die pad, miskien die feit dat alles wat geleer is tydens vyf studio-projekte en 'n konsert-DVD, nou begin wys, miskien is dit net die musiek – maar wat ook al die bestanddele van hierdie resep mag wees, dit laat die luisteraar voel of jy in die veilige hande is van 'n groep musikante wat gemaklik en bekwaam op hul instrumente is en liedjieskrywers wat iets van waarde met jou, die luisteraar, wil deel.

 

Musiek vir die agtergrond gee mens 'n venster in die lewens van elkeen van die liedjieskrywers en die verwerkings van elke liedjie op die album is niks minder as węreldklas nie. Die album bestaan uit 12 oorspronklike liedjies uit die penne van Sallas en Dawie de Jager, John-Henry Opperman en Marie-Louise Pretorius. Die album sluit ook Klopjag se verwerking van die klassieke Bob Dylan liedjie All along the watchtower in. Om hoogtepunte of treffers te probeer voorspel, is moeilik, maar kyk solank uit vir Musiek vir die agtergrond, Gebed vir 'n Rebel, Die dinge wat jy doen en Vergeet en vergewe se verskyning op trefferparades.

 

jougeskenke

Drie lesers kan elkeen 'n kopie van Klopjag se nuutste album, Musiek vir die agtergrond, wen! Om hiervoor in aanmerking te kom, SMS eenvoudig die woorde JW KLOP, tesame met jou naam en e-posadres, aan 34780.
Lees ook die kompetisie-reëls op jougeskenke

 

 

Klopjag se nuutste album, Musiek vir die agtergrond, is deur Ramkat Musiek vervaardig en bemark, en word deur Fantasia Musiek versprei.

As jy nie dié album in jou naaste musiekwinkel in die hande kry nie, kontak vir Fantasia Musiek by 012 653 1595.

Om Klopjag vir 'n vertoning te bespreek, kontak vir Zinta (072 434 9454) of Gerrie (083 441 6287).