|
|
|
Al Klopjag se sterkpunte,
naamlik hul sterk lirieke en
melodielyne en uiteenlopende
instrumentkombinasies, is steeds
die hoeksteen van hul nuutste
album, maar daar is tog iets
ekstra waarop mens net nie jou
vinger kan plaas nie. |

Klopjag bestaan uit Salmon de Jager, Morné Bam,
John-Henry Opperman, Marie-Louise Pretorius, Dawie de Jager en Werner Griesel |
|
|
Van 'n nederige begin as 'n studentegroep sewe
jaar gelede, tot een van die suksesvolste
Afrikaanse bands van alle tye vandag. Dit
is die kort opsomming van Klopjag se loopbaan.
Wat hulle egter meer besonders maak, is dat ten
spyte van die feit dat liedjies soos 24 uur,
Stof, Nie langer en Skree – om net
'n paar te noem – reeds volksbesit is, hulle
steeds die vermoë het om selfs hul grootste
aanhangers te verras en jou van voor af 'n
fan kan maak. Hiervan is Klopjag se nuutste
album Musiek vir die agtergrond
sonder twyfel 'n getuigskrif.
Al Klopjag se sterkpunte, naamlik hul sterk
lirieke en melodielyne en uiteenlopende
instrumentkombinasies, is steeds die hoeksteen
van die album, maar daar is iets ekstra waarop
mens net nie jou vinger kan plaas nie. Miskien
is dit die ervaring van sewe jaar op die pad,
miskien die feit dat alles wat geleer is tydens
vyf studio-projekte en 'n konsert-DVD, nou begin
wys, miskien is dit net die musiek – maar wat
ook al die bestanddele van hierdie resep mag
wees, dit laat die luisteraar voel of jy in die
veilige hande is van 'n groep musikante wat
gemaklik en bekwaam op hul instrumente is en
liedjieskrywers wat iets van waarde met jou, die
luisteraar, wil deel.
Musiek vir die agtergrond
gee mens 'n venster in die lewens van elkeen van
die liedjieskrywers en die verwerkings van elke
liedjie op die album is niks minder as
węreldklas nie. Die album bestaan uit 12
oorspronklike liedjies uit die penne van Sallas
en Dawie de Jager, John-Henry Opperman en
Marie-Louise Pretorius. Die album sluit ook
Klopjag se verwerking van die klassieke Bob
Dylan liedjie All along the watchtower
in. Om hoogtepunte of treffers te probeer
voorspel, is moeilik, maar kyk solank uit vir
Musiek vir die agtergrond, Gebed vir 'n
Rebel, Die dinge wat jy doen en
Vergeet en vergewe se verskyning op
trefferparades.
|
|
jougeskenke
3
lesers kan elkeen 'n kopie van
Klopjag se nuutste album, Musiek vir die
agtergrond,
wen! Om hiervoor in aanmerking te kom,
SMS eenvoudig die woorde JW KLOP, tesame
met jou naam en e-posadres, aan
34780.
Lees ook die kompetisie-reëls op
jougeskenke
|
 |
|