|
FLIEKS: Feesmaal vir die fliekvlooi Sien uit na dié nuwe uitreikings op die silwerdoek dié maand.
jouapplous
Feesmaal vir die fliekvlooi
Sien uit na dié nuwe uitreikings op die silwerdoek dié maand.
Saamgestel deur Wilna Myburgh subredakteur@jouwereld.co.za
Anywhere but home genre: Komedie storielyn: Die gelukkige, ongetroude paartjie, Kate en Brad, kry dit nog elke Kerstyd reg om hul uitgebreide families te vermy en terselfdertyd 'n vakansie in Hawaii te geniet. Maar hoe gemaak as daar geen manier is om op Hawaii te kom nie en die familielede begin roep . . . akteurs: Reese Witherspoon, Vince Vaughn regisseur: Seth Gordon vrystellingsdatum: 9 Januarie 2009 ouderdomsbeperking: 13 STV
Appaloosa genre: Misdaad / Drama / Western storielyn: Twee vriende word deur die inwoners van 'n klein dorpie, wat onder die oorheersing van 'n veeboer gebuk gaan, as polisiemanne gehuur. Hul opdrag word bemoeilik wanneer 'n jong weduwee in die dorp aankom. akteurs: Robert Jauregui, Jeremy Irons, Ed Harris, Viggo Mortensen regisseur: Ed Harris vrystellingsdatum: 13 Januarie 2009 ouderdomsbeperking: 13 TG
Bedtime Stories genre: Komedie / Familie / Fantasie storielyn: 'n Komedie vir die hele familie oor 'n hotelnutsman wie se lewe dramaties verander wanneer die slaaptydstories wat hy vir sy kleinniggie en – nefie vertel, waar word. akteurs: Adam Sandler, Keri Russell, Guy Pearce, Lucy Lawless, Courteney Cox regisseur: Adam Shankman vrystellingsdatum: 30 Januarie 2009
Bride Wars genre: Komedie / Romanse storielyn: Twee beste vriendinne skeduleer per ongeluk hul onderskeie troues vir dieselfde dag en word gedugte teenstanders. akteurs: Kate Hudson, Anne Hathaway, Bryan Greenberg, Chris Pratt, Candice Bergen, Kristen Johnston, Steve Howey regisseur: Gary Winick vrystellingsdatum: 23 Januarie 2009
Burn After Reading genre: Komedie / Misdaad storielyn: 'n Disket met die memoirs van 'n CIA-agent beland in die hande van twee gewetenlose gym-werkers, wat probeer om dit te verkoop. akteurs: George Clooney, Frances McDormand, John Malkovich, Tilda Swinton, Brad Pitt regisseur: Ethan Coen, Joel Coen vrystellingsdatum: 9 Januarie 2009 ouderdomsbeperking: 13 STG
City of Ember genre: Avontuur / Familie/ Fantasie / Sci-Fi storielyn: Vir talle generasies het die mense van die Stad van Ember in 'n wonderlike wêreld van flonkerende ligte gefloreer. Maar Ember se eens kragtige kragopwekker is besig om sy krag te verloor . . . en die groot ligte wat die stad verlig het begin om te flikker. akteurs: Tim Robbins, Bill Murray; David Ryall; Ian McElhinney; Harry Treadaway regisseur: Gil Kenan vrystellingsdatum: 9 Januarie 2009 ouderdomsbeperking: 10 GV
Frost/Nixon genre: Biografie / Drama / Geskiedenis storielyn: 'n Gedramatiseerde weergawe van die TV-onderhoude tussen die Britse geselsprogram-aanbieder David Frost en die voormalige president Richard Nixon na die Watergate-skandaal. akteurs: Frank Langella, Michael Sheen, Sam Rockwell, Kevin Bacon regisseur: Ron Howard vrystellingsdatum: 30 Januarie 2009 ouderdomsbeperking: 13 TV
Ghost Town genre: Komedie / Fantasie / Romanse storielyn: Bertram Pincus, 'n man wat nie vir sy people skills bekend is nie, sterf onverwags, en word, nog meer onverwags, sewe minute later lewendig. As hy wakker word is dit net om te ontdek dat hy nou die lastige vermoë het om spoke te sien . . . akteurs: Greg Kinnear, Jordan Carlos, Dequina Moore regisseur: David Koepp vrystellingsdatum: 30 Januarie 2009 ouderdomsbeperking: 13 TV
Igor genre: Animasie / Komedie storielyn: 'n Fabel oor die cliché boggelrug-assistent van 'n bose wetenskaplike, wat graag self 'n wetenskaplike wil word. Wanneer die slawedrywer-wetenskaplike, net voor die "Evil Science Fair" die emmer skop, kry Igor sy kans. akteurs: Met die stemme van John Cusack, John Cleese, Myleene Klass, Robin Walsh, Matt McKenna en Steve Buscemi regisseur: Anthony Leondis vrystellingsdatum: 23 Januarie 2009 ouderdomsbeperking: 10 V
Killshot genre: Aksie / Drama / Riller storielyn: Carmen Colson en haar man, Wayne, is die getuies van 'n misdaadvoorval en word in die Staatsgetuiebeskermingsprogram geplaas. Maar toe Carmen en Wayne dink dat hulle uiteindelik veilig is, word hulle deur 'n ervaringryke hit man én 'n psigopatiese jong moordenaar gejag. Carmen word tot die bitterste einde getoets . . . akteurs: Diane Lane, Mickey Rourke regisseur: John Madden vrystellingsdatum: 23 Januarie 2009 ouderdomsbeperking: 16 TG
Revolutionary road genre: Drama / Romanse storielyn: Die verhaal, wat op 'n roman van Richard Yates gebaseer is, speel in die 50's in 'n voorstad van Connecticut af. Dit handel oor 'n jong paartjie wat met persoonlike probleme worstel terwyl hulle ook probeer om hul twee kinders groot te maak. akteurs: Kate Winslet, Leonardo DiCaprio regisseur: Sam Mendes vrystellingsdatum: 23 Januarie 2009 ouderdomsbeperking: 13 ST
Saw V genre: Misdaad / Riller / Horror storielyn: Speurder Hoffman en Agent Strahm bots terwyl hulle albei die skynbare voortsetting van die Jigsaw-moorde ondersoek. akteurs: Tobin Bell, Costas Mandylor regisseur: David Hackl vrystellingsdatum: 16 Januarie 2009
The Duchess genre: Drama / Geskiedenis storielyn: Kroniek oor die lewe van 'n 18eeuse aristokraat, Georgiana, die Hertogin van Devonshire. Sy is erg oor haar buitensporige politieke en persoonlike lewe gekapittel. akteurs: Keira Knightley en Ralph Fiennes regisseur: Saul Dibb vrystellingsdatum: 30 Januarie 2009 ouderdomsbeperking: 16 S
Valkyrie genre: Drama / Geskiedenis / Riller / Oorlog storielyn: 'n Komplot om Hitler tydens die Tweede Wêreldoorlog te vermoor ontvou voor jou oë - op werklike gebeure gebaseer. akteurs: Tom Cruise, Kenneth Branagh, Bill Nighy, Tom Wilkinson, Carice van Houten regisseur: Bryan Singer vrystellingsdatum: 30 Januarie 2009
|