|
Anywhere but
home
genre: Komedie
storielyn: Die gelukkige, ongetroude
paartjie, Kate en Brad, kry dit nog elke
Kerstyd reg om hul uitgebreide families
te vermy en terselfdertyd 'n vakansie in
Hawaii te geniet. Maar hoe gemaak as
daar geen manier is om op Hawaii te kom
nie en die familielede begin roep . . .
akteurs: Reese Witherspoon, Vince Vaughn
regisseur: Seth Gordon
vrystellingsdatum: 9 Januarie 2009
ouderdomsbeperking: 13 STV
|
 |
|
Appaloosa
genre: Misdaad / Drama / Western
storielyn: Twee vriende word deur die
inwoners van 'n klein dorpie, wat onder
die oorheersing van 'n veeboer gebuk
gaan, as polisiemanne gehuur. Hul opdrag
word bemoeilik wanneer 'n jong weduwee
in die dorp aankom.
akteurs: Robert Jauregui, Jeremy Irons,
Ed Harris, Viggo Mortensen
regisseur: Ed Harris
vrystellingsdatum: 13 Januarie 2009
ouderdomsbeperking: 13 TG
|
 |
|
Bedtime Stories
genre: Komedie / Familie / Fantasie
storielyn: 'n Komedie vir die hele
familie oor 'n hotelnutsman wie se lewe
dramaties verander wanneer die
slaaptydstories wat hy vir sy
kleinniggie en – nefie vertel, waar
word.
akteurs: Adam Sandler, Keri Russell, Guy
Pearce, Lucy Lawless, Courteney Cox
regisseur: Adam Shankman
vrystellingsdatum: 30 Januarie 2009
|
 |
|
Bride Wars
genre: Komedie / Romanse
storielyn: Twee beste vriendinne
skeduleer per ongeluk hul onderskeie
troues vir dieselfde dag en word gedugte
teenstanders.
akteurs: Kate Hudson, Anne Hathaway,
Bryan Greenberg, Chris Pratt, Candice
Bergen, Kristen Johnston, Steve Howey
regisseur: Gary Winick
vrystellingsdatum: 23 Januarie 2009
|
 |
|
Burn After Reading
genre: Komedie / Misdaad
storielyn: 'n Disket met die memoirs van
'n CIA-agent beland in die hande van
twee gewetenlose gym-werkers, wat
probeer om dit te verkoop.
akteurs: George Clooney, Frances
McDormand, John Malkovich, Tilda Swinton,
Brad Pitt
regisseur: Ethan Coen, Joel Coen
vrystellingsdatum: 9 Januarie 2009
ouderdomsbeperking: 13 STG
|
 |
|
City of Ember
genre: Avontuur / Familie/ Fantasie /
Sci-Fi
storielyn: Vir talle generasies het die
mense van die Stad van Ember in 'n
wonderlike węreld van flonkerende ligte
gefloreer. Maar Ember se eens kragtige
kragopwekker is besig om sy krag te
verloor . . . en die groot ligte wat die
stad verlig het begin om te flikker.
akteurs: Tim Robbins, Bill Murray; David
Ryall; Ian McElhinney; Harry Treadaway
regisseur: Gil Kenan
vrystellingsdatum: 9 Januarie 2009
ouderdomsbeperking: 10 GV
|
 |
|
Frost/Nixon
genre: Biografie / Drama / Geskiedenis
storielyn: 'n Gedramatiseerde weergawe
van die TV-onderhoude tussen die Britse
geselsprogram-aanbieder David Frost en
die voormalige president Richard Nixon
na die Watergate-skandaal.
akteurs: Frank Langella, Michael Sheen,
Sam Rockwell, Kevin Bacon
regisseur: Ron Howard
vrystellingsdatum: 30 Januarie 2009
ouderdomsbeperking: 13 TV
|
 |
|
Ghost Town
genre: Komedie / Fantasie / Romanse
storielyn: Bertram Pincus, 'n man wat
nie vir sy people skills bekend
is nie, sterf onverwags, en word, nog
meer onverwags, sewe minute later
lewendig. As hy wakker word is dit net
om te ontdek dat hy nou die lastige
vermoë het om spoke te sien . . .
akteurs: Greg Kinnear, Jordan Carlos,
Dequina Moore
regisseur: David Koepp
vrystellingsdatum: 30 Januarie 2009
ouderdomsbeperking: 13 TV
|
 |
|
Igor
genre: Animasie / Komedie
storielyn: 'n Fabel oor die cliché
boggelrug-assistent van 'n bose
wetenskaplike, wat graag self 'n
wetenskaplike wil word. Wanneer die
slawedrywer-wetenskaplike, net voor die
"Evil Science Fair" die emmer skop, kry
Igor sy kans.
akteurs: Met die stemme van John Cusack,
John Cleese, Myleene Klass, Robin Walsh,
Matt McKenna en Steve Buscemi
regisseur: Anthony Leondis
vrystellingsdatum: 23 Januarie 2009
ouderdomsbeperking: 10 V
|
 |
|
Killshot
genre: Aksie / Drama / Riller
storielyn: Carmen Colson en haar man,
Wayne, is die getuies van 'n
misdaadvoorval en word in die
Staatsgetuiebeskermingsprogram geplaas.
Maar toe Carmen en Wayne dink dat hulle
uiteindelik veilig is, word hulle deur
'n ervaringryke hit man én 'n
psigopatiese jong moordenaar gejag.
Carmen word tot die bitterste einde
getoets . . .
akteurs: Diane Lane, Mickey Rourke
regisseur: John Madden
vrystellingsdatum: 23 Januarie 2009
ouderdomsbeperking: 16 TG
|
 |
|
Revolutionary
road
genre: Drama / Romanse
storielyn: Die verhaal, wat op 'n roman
van Richard Yates gebaseer is, speel in
die 50's in 'n voorstad van Connecticut
af. Dit handel oor 'n jong paartjie wat
met persoonlike probleme worstel terwyl
hulle ook probeer om hul twee kinders
groot te maak.
akteurs: Kate Winslet, Leonardo DiCaprio
regisseur: Sam Mendes
vrystellingsdatum: 23 Januarie 2009
ouderdomsbeperking: 13 ST
|
 |
|
Saw V
genre: Misdaad / Riller / Horror
storielyn: Speurder Hoffman en Agent
Strahm bots terwyl hulle albei die
skynbare voortsetting van die Jigsaw-moorde
ondersoek.
akteurs: Tobin Bell, Costas Mandylor
regisseur: David Hackl
vrystellingsdatum: 16 Januarie 2009
|
 |
|
The Duchess
genre: Drama / Geskiedenis
storielyn: Kroniek oor die lewe van 'n
18eeuse aristokraat, Georgiana, die
Hertogin van Devonshire. Sy is erg oor
haar buitensporige politieke en
persoonlike lewe gekapittel.
akteurs: Keira Knightley en Ralph
Fiennes
regisseur: Saul Dibb
vrystellingsdatum: 30 Januarie 2009
ouderdomsbeperking: 16 S
|
 |
|
Valkyrie
genre: Drama / Geskiedenis / Riller /
Oorlog
storielyn: 'n Komplot om Hitler tydens
die Tweede Węreldoorlog te vermoor
ontvou voor jou oë - op werklike gebeure
gebaseer.
akteurs: Tom Cruise, Kenneth Branagh,
Bill Nighy, Tom Wilkinson, Carice van
Houten
regisseur: Bryan Singer
vrystellingsdatum: 30 Januarie 2009
|
 |
| |
|