|
18 Augustus 2008 – 71 000 mense pak die Loftus
Versveld-stadion in Pretoria vol. Hulle kom van
reg oor die land met een doel: om na Angus
Buchan se boodskap van hoop te luister. Dié
boodskap versprei soos 'n veldbrand, en kort
daarna word die een saamtrek na die ander
landswyd uitverkoop met nog mense wat dié nuwe
boodskap wil hoor.
Nou, vir die eerste keer op DVD, word dié
inspirerende boodskap na mense se huise gebring.
Die DVD word as deel van 'n stel versprei met 'n
gepaardgaande musiek-CD, waar van Suid-Afrika se
bekendste gospelsangers 14 gunsteling lofliedere
sing.
Die DVD/CD-stel is deur die Maranatha
Platemaatskappy uitgereik en versprei.
Lukie Carelsen, besturende direkteur, meen dat
hiérdie boodskap net op die regte tyd vir
Suid-Afrika kom.
"Na die Loftus Vir Jesus-saamtrek, met sy rekord
bywoningsyfer, is daar 'n nuwe gees en atmosfeer
van hoop in die lug. Angus Buchan se boodskap is
juis dit: dat God hierdie land gaan red as Sy
kinders hul sondes bely, hul bekeer en Sy Naam
aanroep. Hierdie inspirerende boodskap van
Angus, tesame met die 14 geestelike liedere wat
sy tema ondersteun, gaan 'n geweldige positiewe
bydra lewer om die mense van SA opnuut vir die
toekoms hoop te gee."
Van die kunstenaars wat op die CD gehoor kan
word, sluit in Retief Burger, Niemand, Julius
Magan, Louis Brittz, Danie Botha, Trimonie en
Carli Lessing. 'n Nuwe opname deur Stass
(Juanita du Plessis en Onbeskaamd), Lord,
make us instruments, is ook ingesluit.
Die gospelsanger Jan de Wet sê honderde,
duisende mense se lewens is al positief deur die
wonderlike boodskap van hoop deur Angus Buchan
geraak. "Vir jare het Suid-Afrikaners gedink dat
die kerk as instituut God se spreekbuis moet
wees. Nou verras die Here ons deur 'n
aartappelboer te gebruik!"
|
|
jougeskenke
3lesers
kan elkeen 'n kopie van die
DVD/CD-stel, Hoop vir 'n Nasie, met Angus
Buchan,
wen! Om hiervoor in aanmerking te kom,
SMS eenvoudig die woorde JW HOOP, tesame
met jou naam en e-posadres, aan
34780.
Lees ook die kompetisie-reëls op
jougeskenke |
 |