jouapplous

 Wilna Myburgh
Saamgestel deur Beatri Kotzé




Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend


kry jou
eie GRATIS
NUUSBRIEF

jou naam:
e-posadres:

Kyktyd op die wyedoek

Ontdek dié nuwe flieks wat in September in teaters landwyd uitgereik word.

Dorian Gray
Bakgat 2
The karate kid
Resident evil: Afterlife
Salt
The Expendables

Dorian Gray (Drama)
Met Colin Firth, Caroline Goodall en Ben Barnes
Regisseur: Oliver Parker
Open: 3 September 2010

Hierdie kunsrolprent, gegrond op die roman The picture of Dorian Gray van Oscar Wilde, gaan oor die aantreklike en onskuldige Dorian Gray wat in Londen aankom om die huis wat hy geërf het te betrek. Hy kom egter gou onder die slegte invloed van die amorele and berekenende lord Henry Wotton. So begin 'n lewe van uiterste dekadensie en selfs geweld.  

Deur die jare bly Dorian wonderbaarlik jonk en pragtig terwyl 'n portret van hom wat geverf was toe hy net in die Engelse hoofstad aangekom het, al hoe meer agteruitgaan. Die prent weerspieël natuurlik sy morele verval. Later word die portret, buite sig in die solder versteek, 'n aaklige afbeelding van Meneer Gray se binneste. As 'n meisie egter sy hart steel besef Dorian hy sal sy geheim ten alle koste moet beskerm.

Bakgat 2 (Tienerkomedie)
Met Ivan Botha, Cherie van der Merwe, Althus Theart en Andrew Thompson
Regisseur: Henk Pretorius
Open: 10 September 2010

Wimpie Koekemoer en sy Katrien is terug vir nog kaskenades. Die karakters is klaar met matriek en nou lê die universiteitslewe voor! Wimpy kom egter gou agter universiteitsrugby is 'n heel ander ball game . . . 
Hy word die Unitas o/21-span se held en tot sy verbasing slaan hy 'n kontrak los om in Engeland te gaan speel. Maar wat van Katrien wat in Suid-Afrika moet agterbly? Intussen vat die spiertier, Werner Killer Botha, gespeel deur Altus Theart, sy kans om Wimpy uit die Unitas-span te werk.



The karate kid (Aksie-avontuur)
Met Jacky Chan en Jaden Smith
Regisseur: Harald Zwart
Open: 17 September 2010

Ralph Macchio en Pat Morita, as die nimlike Mr Miyagi, het harte gesteel in die oorspronklike Karate kid in 1984. Nou speel die kung fu-held Jacky Chan daardie rol en Will Smith se spruit, Jaden, vertolk die rol van Dre Parker. Die 12-jarige Dre kon die gewildste outjie in sy tuisdorp Detroit gewees het, maar sy ma, gespeel deur Taraji P Henson, se werk pos die twee China toe.

Daar in die vreemde raak Dre dadelik op sy klasmaat Mei Ying verlief, maar die jong paartjie sukkel maar met die kultuurverskille. Boonop het hul verhouding gemaak dat die klasboelie, Cheng, nou vir Dre as sy vyand sien. En die boelie is boonop 'n opkomende kung fu-ster! Dis hier waar Mr Han Dre te hulp snel, want hy mag dalk in die dag as nutsman werk, maar is in die geheim self 'n kung fu-meester. Saam met sy nuwe leermeester leer Dre dat oosterse gevegskuns nie net daaroor gaan om die vyand so hard as moontlik te slaan nie, maar eintlik oor volwassenheid en innerlike kalmte. So kom hy agter die geveg teen sy boelies sal dalk net die grootste een van sy lewe wees.

Resident evil: Afterlife (Wetenskapfiksie)
Met Milla Jovovich, Wentworth Miller en Ali Larter
Regisseur: Paul WS Anderson
Open: 10 September 2010

Sjoe, hoeveel keer moet die mensdom nou nog deur die sexy Milla Jovovich van grillerige monsters gered word? In hierdie vierde rolprent in die reeks is Alice steeds besig om na oorlewendes te soek van die dodelike virus wat slagoffers in zombies verander. 

Sy baklei ook steeds teen die Umbrella Corporation, maar hierdie keer kry sy hulp van 'n ou vriend en 'n leidraad wat vir hulle veiligheid belowe lei hulle na Los Angeles. Maar o wee, daar aangekom is die stad vol van die zombies en dit was toe al die tyd 'n lokval! Ook in 3D by uitgesoekte teaters.

Salt (Aksie)                     
Met Angelina Jolie, Liev Schreiber en Chiwetel Ejiofor
Regisseur: Phillip Noyce
Open: 3 September 2010

Evelyn Salt (Angelina Jolie) is 'n agent vir die CIA. Tydens haar ondervraging van 'n Rus, begin hy van “Day X” vertel, 'n operasie wat deur 'n klomp magtige Russe sedert die Koue Oorlog georganiseer is en wat aanvanklik moes lei tot Amerika se ondergang. Soos sy storie verdik noem hy ook dat die Russiese president wat in daardie stadium in Amerika is, vermoor gaan word – deur haar . . . Nou staan sy voor die groot uitdaging om haar onskuld te bewys.

The Expendables (Aksie)
Met Sylvester Stallone, Jason Statham, Jet Li, Mickey Rourke en Bruce Willis
Regisseur: Sylvester Stallone
Open: 17 September 2010

Hierdie aksiebelaaide fliek is die spiertier Sylvester Stallone se eerste fliek sedert die laaste Rambo-fliek. Dis 'n herdenking aan die aksiegenre van die jare tagtig en vroeë jare negentig en vanselfsprekend vol aksiehelde wat ons uit daardie tyd sal herken.

'n Groep top soldate, “The Expendables”, word Somalië toe gestuur om seerowers te keer voordat hulle 'n klomp gevangenisse doodmaak. Na die suksesvolle missie, word hulle gehuur om 'n diktator vas te vat . .


Kommentaar aangedryf deur Disqus
joutuisblad | jouhoofstories | joumenswees | jouapplous | jouleefstyl | joutafel | joukontrei | joumening 
| joufiksie | jougeskenke | gratis nuusbrief| medewerkers | adverteer | wie is ons?