WIE IS ONS? | GRATIS NUUSBRIEF | MEDEWERKERS | ADVERTEER
jou gesinstydskrif – maandeliks, gratis en wêreldwyd

Ritme-note vir jou musikale genot
Rozanne Myburgh

deur Beatri Kotzé




Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend







Druk dié nuwe albums in jou CD-speler.

Carol Thorns – Fireflies in the rain
Abel Kraamsaal – Die afstand tussen tyd
Shimmer – Alleen in Johannesburg

Carol Thorns – Fireflies in the rain

Carol Thorns – Fireflies in the rainAs jy van wêreldklas instrumentale musiek hou, is hierdie album vir jou. Carol Thorns is geen nuutjie in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf nie. Sy tree immers al die afgelope tien jaar op: van sake-onthale en sportbyeenkomste soos die Vodacom Durban July tot optredes in TV-programme soos Nightlfe en Top Billing en konserte. Dan het sy ook al die verhoog met groot name soos die Soweto String Quartet, Arno Carstens en Louise Carver, wat ook 'n goeie vriendin van haar is, gedeel. Sy is boonop bekend as die tjellis van die treffergroep CODA, wat die land aan die brand speel met hul mengsel van klassieke musiek, Afrojazz en Afikaritmes.

Haar eerste solo-album Fireflies in the Rain word beskryf as 'n introspektiewe en sielvolle ontdekking van verskillende musikale landskappe deur middel van die elektriese tjello. Danksy Carol se interpretasies van regisseur en komponis Helmut Meijer se stukke, word die luisteraar op 'n ontgogelende reis deur die wêreld geneem. Hierdie musikale reis word dan ook in die name van die snitte weerspieël. Van die openingsnit Puerto Entrada sweef jy deur Solace en die titelsnit, Fireflies in the rain, na River Ouzoud. Daarna drentel jy langsaam Closer to the sun, op die maat van Symphony of the wind oor A thousand hills en Your shoreline, Through the winter na die Red city. As jy mooi luister kan jy selfs die werklike stadsgeluide van Marrakesj hoor.

www.carolthorns.co.za vir meer inligting, en om haar vir 'n vertoning te bespreek.
* Die album is in Maart vanjaar vir 'n Sama benoem in die kategorie Beste Instrumentale Album.

Dis in hierdie Marokkaanse stad, wat ook as “the red city” bekendstaan, waar die vervaardiger sy inspirasie vir die snit gekry het. 

Met die strelende klanke van hierdie musikant sal enige deftige skemerkelkie, of jou ek-tyd met 'n goeie rooiwyn in 'n sensoriese ervaring ontpop.

Abel Kraamsaal – Die afstand tussen tyd

Abel KraamsaalAbel, wat sy eerste solo-album Woorde op 'n wynboks in 2003 opgeneem het, is terug met 'n nuwe album. Die Kaapse rocker het maar 'n slag met woorde. Aanhangers sal weer sy skerp inslag met die lirieke geniet, en natuurlik daarmee saam sy kenmerkende growwe, dog sensuele stem.

Op hierdie CD gebruik Abel en sy span die ou beproefde resep. Dis dalk nie vernuwend nie en hoewel sommige van die liedjies baie soos van sy vorige werk klink, is dit steeds uiters vermaaklik. Maar hoe sê die Engelsman: Don’t fix it if it ain’t broke.
Elkeen van die 12 nuwe snitte is deur Abel self geskryf. Dis suiwer poësie in Jy is oukei, Kaap (Abel se uitstekende ode aan die Moederstad), Soos jy wegraak, Uit die blou, Blomkind (wat as treffer op hierdie CD uitstaan), Baby vat dit ('n lekker snaakse liedjie wat gaan oor hoe om die lewe aan te gryp), As ek verdwyn, Vreemde engel, Reëndans, Dit wat jy dink, Waardeer jou tyd en die titelsnit, Die afstand tussen tyd.

* Abel se CD Die afstand tussen tyd word deur Vonk Musiek uitgegee.
* Besoek www.abelkraamsaal.co.za om sy pittige blog te lees
* Bel Lydia Winchester by 082 554 8453 of stuur 'n e-pos na lydiaw@mweb.co.za vir meer inligting oor vertonings.

Die styl is blues-erig, so bietjie rock, so bietjie jazz en op As jy wegraak klink hy selfs soos Johannes Kerkorrel á la Halala Afrika. Op hierdie liedjie gebruik Abel die agtergrondsang van Jan Blohm – heel gepas, want klink die twee dan nie baie eenders nie?

Kortom: Die man is 'n storieverteller van formaat. Met sy musiek kan jy agteroorsit en ontspan, want hierdie is luisterliedjies uit die boonste rakke.

Shimmer – Alleen in Johannesburg

ShimmerDié girlband bestaan uit die mooi jonge susters Chazelle, Marlize en Michelle Lind van Pinetown wat al drie reeds van jongs af saamsing. Hul debuutalbum is 'n lekker mengsel van stroopsoet pop en ligte rock en selfs 'n bietjie country.

Die meisies kan trots wees op die feit dat nege van die 14 snitte op die album deur hulself geskryf is. Hul lirieke gaan oor die lewe van 'n jongmens – partytjies, die liefde en die lewe wat druk – en is oorwegend op hierdie mark gerig. Die woorde is oortuigend en eerlik en hulle gebruik gelukkig geen verspotte gebokkie of gebybie nie.

Die treffers van die CD is die titelsnit, Alleen in Johannesburg, Een van daai dae en Sexy ding, 'n samewerking met die Afrikaanse punk-rocker Snotkop. Al drie snitte is lekker sokkieliedjies en laasgenoemde is veral werklik goed. Maar net dansmusiek maak hulle beslis ook nie. Die mooi ballade Hemel en die nostalgiese ou treffer Loeriesfontein

* Shimmer se CD Alleen in Johannesburg word deur Next Music uitgegee
* Besoek www.shimmer.co.za vir besprekings en CD-verkope
* Bel Lydia Winchester by 082 554 8453 of stuur 'n e-pos na lydiaw@mweb.co.za vir meer inligting

(oorspronklik deur Pat Smythe en hier soet verwerk) spreek hiervan.

Ook op die CD is drie Engelse liedjies: Maybe, Dear diary en Blissta wat die meisies se veelsydigheid vertoon.

Kyk uit vir hierdie girls in die toekoms. Hulle is dalk nie nou al bo-aan trefferparades nie, maar hulle het talent en potensiaal.

Kommentaar aangedryf deur Disqus
e-pos dié artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
terug na jouapplous
volgende artikel
vorige artikel
  Bookmark and Share Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend

joutuisblad | jouhoofstories | joumenswees | jouapplous | jouleefstyl | joutafel | joukontrei | jou  | joufiksie | jougeskenke |
gratis nuusbrief | medewerkers | adverteer | wie is ons?

Kopiereg © 2008-2010