jouapplous

Beatri Kotzé
Saamgestel deur Beatri Kotzé




Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend

wen
CD's van Radio Kalahari Orkes, Stompdraai en Ontbytsake en vriende.
Skryf so in.

Ritme-note vir jou musikale genot

Druk dié nuwe albums in jou CD-speler.

Heuningland deur die Radio Kalahari Orkes
Ontbytsake & Vriende
Joune deur Stompdraai

Radio Kalahari Orkes – Heuningland

Radio Kalahari Orkes – Heuningland Die gewilde alternatiewe boeremusiekmakers se vierde album is nou uit. Hul eerste poging, Stoomradio in 2005 het goue status behaal en die derde CD, Nagloper in 2007 was vir 'n Sama-toekenning benoem. In hierdie nuutste CD kry die luisteraar 'n mengelmoes van musikale style en 'n hele klompie uitsonderlike gaskunstenaars, onder andere Valiant Swart, Chris Chameleon, Jack Parow, Frank Opperman en Manie Bodenstein.

Die 15 liedjies wissel van vlymskerp sosiale kommentaar tot jolige, tong-in-die-kies-dansnommers. Ja, jy sal plek-plek sommer wil opspring en skoffel. RKO maak boeremusiek beslis aanvaarbaar en selfs cool vir 'n geslag mense wat gedink het die musiek word net op plattelandse landbouskoue gespeel. Met fyn aanvoeling vermeng die groep musikante die beste van boeremusiek met onder meer Spaanse (op Spaanspek) en Keltiese invloede (op Jolie Marie) asook Afrikaritmes (op Lobola). Saam met die “verdwaalde mense wat onlangs in [hul] alteljee opgedaag het” skep RKO heerlike musiekstories wat nog lank in jou kop én hart sal bly.

Die orkes is: Ian Roberts (stem); Wynand Davel (viool), Lize Wiid (klawerbord, trekklavier en stem); Bradley Cooper (tromme en stem); Christine Roberts (stem); Barry Steenkamp (baskitaar en stem) en Frans “wille hond” Steinhobel (banjo en rockkitaar). Rian Malan en Dan Roberts skryf meeste van die lirieke.

* Heuningland word deur Rhythm record uitgegee.
*Om RKO vir 'n vertoning te bespreek kontak Mariechen Emslie by mariechen@southernpulse.co.za.
Koop die CD by kalahari.net Terug na bo

jougeskenke

2 Gelukkige lesers kan Radio Kalahari Orkes se Heuningland wen.
SMS die woorde JW RKO, tesame met jou naam en e-posadres, aan 36545 voor 31 Julie 2010.

SMS’e kos R5.00 elk.
Lees ook die kompetisie-reëls.

Ontbytsake & vriende

Ontbytsake & vriendeJan Harm Schutte, die weerman van Ontbytsake op kykNET, sê hy wou nog altyd 'n CD opneem. Hy en Dawie Roodt, aanbieder van dié oggendprogram, het al baie daaroor gesels en gedroom.
“Ek het ook gedink dit sal lekker wees om saam met ons gunstelingsangers te sing,” vertel hy.
Danksy Storm Rekordz is hierdie droom nou bewaarheid en die resultaat is Ontbysake & vriende. Jan, Dawie en die ander aanbieders van Ontbytsake – Milan Murray, Carla van Niekerk en Ulla Pakendorf – het ook 'n blaaskans van hul take geneem en agter die mikrofoon ingeskuif vir hierdie groot samewerking.

Die Ontbysakers het hul lyf sanger gehou en werk op hierdie kompilasie-CD saam met Coenie de Villiers, Klopjag, Richard van der Westhuizen, Riku Lätti, Bacchus Nel, Jan Blohm, Karla du Plessis, Kevin Leo en Chris Chameleon. Dan is daar ook die nuweling reggaesanger Veraz, ou ervare sangers soos Manuel Escorcio en Lucas Maree en net vir die skop het hulle die rugbyspeler Victor Matfield ingegooi.

Op die CD kan jy uitsien na treffers soos Tussen Treine, David Kramer se Skipskop, Eerste oogopslag, Kring om die maan, Breyten se brief, Stof, N1 roete Noord, La donna è mobile, Stokkie in die sand, Steeds op vrye voet en Raam dit met die son.

Die rocker Mel Botes was aan die stuur van die verwerkings en het ook 'n spesiale liedjie vir die Ontbytsake-span geskryf: Plekkie in die son. Volgens hom sal 'n gedeelte van die CD se verkope aan die vakbond Solidariteit se Helpende Hand geskenk word.

* Vir meer inligting kontak Alishia van Deventer by 083 635 4717 of stuur 'n e-pos na alishia@stormrekordz.co.za. Terug na bo

jougeskenke

5Gelukkige lesers kan Ontbysake & vriende wen.
SMS die woorde JW VRIENDE, tesame met jou naam en e-posadres, aan 36545 voor 31 Julie 2010.

SMS’e kos R5.00 elk.
Lees ook die kompetisie-reëls.

Stompdraai – Joune

Stompdraai – JouneDie nuwelingband se vier lede is AJ van der Mescht (voorsanger, akoestiese kitaar en liedjieskrywer), Cornel de Beer (kitaar en liedjieskrywer), Francois Lombard (baskitaar en agtergrondstem) en Jacques Grobler (tromme). Hulle het reeds wye ervaring in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf opgedoen, insluitend opnames en optredes saam met kunstenaars soos Dozi, Blackie Swart, Sean Else en Zak van Niekerk.

AJ en Francois het die band reeds in 2001 gestig en werk sedertdien hard daaraan om Stompdraai een van die grootste rockbands in die land te maak. Nou is hul eerste CD uiteindelik op die rakke.
Die CD het 12 snitte en almal behalwe een kom uit AJ en Cornel se eie pen. Die klank is suiwer rock en die temas 'n interessante mengsel van emosie en lewenservarings, soos die luisteraar van die liedjietitels kan aflei: Joune, Twee, Rooi deur, Maangeel, Boemelaar, Jy is vry, Daar waar die hemel is, Verlange, Dagdroom, en Vriende. Op die CD is ook die manne se weergawe van Ryno Velvet se gewilde liedjie Ai my lam.

Ondersteun gerus hierdie jongste toevoeging tot die Afrikaanse rockgenre.

* Vir meer inligting, kontak Lydia Winchester by 011 475 2187 of lydiaw@mweb.co.za.
* Vir besprekings, skakel 082 346 3268.Terug na bo

jougeskenke

3
Gelukkige lesers kan Stompdraai se CD Joune wen.
SMS die woorde JW JOUNE, tesame met jou naam en e-posadres, aan 36545 voor 31 Julie 2010.

SMS’e kos R5.00 elk.
Lees ook die kompetisie-reëls.
Kommentaar aangedryf deur Disqus
joutuisblad | jouhoofstories | joumenswees | jouapplous | jouleefstyl | joutafel | joukontrei | jou  | joufiksie | jougeskenke | gratis nuusbrief| medewerkers | adverteer | wie is ons?