Leesgenot vir die boekrak
|
wen
Briewe uit Brittanje deur Rhynie Greeff
Evita se kossie sikelela deur Evita Bezuidenhout
Staan op vir jouself deur ST Potgieter. Skryf só in. |
'n Kykie na nuwe boeke wat onlangs verskyn het.
Briewe uit Brittanje (Rhynie Greeff)
Evita se kossie sikelela (Evita Bezuidenhout)
Staan op vir jouself (dr. ST Potgieter)
Briewe uit Brittanje deur Rhynie Greeff
Briewe uit Brittanje is 'n versameling genotvolle essays geskryf deur Rhynie Greeff vir sy rubriek, Brief uit Brittanje, wat sedert 2005 in verskeie Afrikaanse koerante verskyn het. Die boek begin met 'n voorwoord deur Karen Zoid, Greeff se rock-musikant dogter.
Rhynie beskryf die boek so: “Die boek is 'n bundel van my rubrieke wat ek nou al vier jaar lank vir koerante in Suid-Afrika skryf. Daar sal ook heelwat nuwe stukke wees wat nog nie voorheen gepubliseer is nie.” Sowat 30 persent van die boek se inhoud is nie voorheen gepubliseer nie. Lesers kan uitsien na 65 essays oor, onder andere, amusante verbintenisse met Suid-Afrika, satiriese gesprekke met Charles Dickens en komiese stories oor die vorstehuis, 'n seksmiljoenêr, 'n fisantejag en 'n FW de Klerk-gholfbaan in Brittanje. Soms grappig, soms oneerbiedig, met interessante feite en stories oor Dubai, Switserland en Amerika.
Rhynie Greeff woon in Engeland en het 'n doktorsgraad in ekonomie. Hy is 'n voormalige diplomaat en sakeman in die chemiese bedryf, kommoditeitshandel, sportbestuur en telekommunikasie. Hy is ook 'n liedjieskrywer, verantwoordelik vir Ray Dylan se Baby you’re a magician.
Lees hier hoe om 'n kopie van hierdie boek te wen.
Koop Briewe uit Brittanje, by Kalahari.net
Volg Rhynie Greeff se blog hier.
Besoek Random House Struik se webwerf.
ISBN: 9781770220768
Voorgestelde prys: R160.00 Terug na bo
Evita se Kossie Sikelela deur Evita Bezuidenhout
As die pad na versoening deur 'n land se maag loop, is Evita Bezuidenhout se boek die resep vir vrede. Die hele land – en die wye wêreld – word na haar tafel genooi waar almal saam kan smul aan geregte soos soet-en-suur pêreluitjies, aspersiekombersies, groenboontjiebredie en komynhoender met soetpatats. Wie kan skel en baklei met 'n mond vol okkerneutbolletjies of pampoenkoekies of gebakte appelnarre? Liewe aarde, ná 'n rojale porsie rooiwynkonyn of tarentaal met sultanas en hanepoot kan daar net broederskap volg. Maar Tannie het aan alles gedink, want daar is ook resepte vir diabete en vegetariërs, kosjer en halaal-resepte, en selfs resepte vir so 'n vietse lyf soos hare. Vir kleingoed, pieknieks, of Krismis – saam met Evita is kokery towery vir lekkerkry.
Lees hier hoe om 'n kopie van hierdie boek te wen.
Ook beskikbaar in Engels as Evita’s Kossie Sikelela.
Kliek hier om twee van Evita se resepte te sien.
Koop Evita se Kossie Sikelela by Kalahari.net
Voorgestelde prys: R150
ISBN: 9781415200919Terug na bo
Staan op vir jouself deur ST Potgieter
Ons almal droom daarvan om uit die ashope, uit die ellende en hartseer van die lewe op te staan. Die werklikheid en die statistieke dui egter daarop dat mense vandag vasgevang sit in hul mislukkings, hartseer, pyn en telerustellings. 'n Swak selfbeeld en vrese hou mense terug om hul volle potensiaal te ontgin.
Hoe kan jy dit voorkom en ook opstaan vir jouself wanneer dit gebeur? Die antwoord is: lees Staan op vir Jouself en volg die advies en riglyne. In hierdie boek sal jy op 'n praktiese manier en sonder die gebral van spogwoorde 'n gids vind om jou drome te herwin en vir jouself op te staan.
Dit het tyd geword om die juk van vernedering, seerkry en mislukking af te skud, jou drome te vind en jou eer te herstel. Dit het tyd geword vir die ontwaking van jou siel, liggaam en gees.
ST Potgieter is 'n Sielkundige met wye ervaring. Hy het sy Meestergraad in Kliniese Sielkunde. Sy belangstelling in die breër aspekte van Sielkunde soos leerprobleme by kinders, beroepstoetsing en loopbaanaspekte noop hom ook om 'n internskap in die Opvoedkundige Sielkunde te deurloop.
Lees hier hoe om een van 5 kopieë van hierdie boek te wen.
Besoek ST se webwerf hier.
Bestel, Staan op vir jouself, deur On the dot of skakel hulle by 0861 668 368
Uitgewer: Naledi
ISBN: 9780620449168Terug na bo
jougeskenke
1 Gelukkige leser kan Briewe uit Brittanje van Rhynie Greeff wen.
SMS die woorde JW BRIEWE, tesame met jou naam en e-posadres, aan 36545 voor 31 Mei 2010.
1 Gelukkige leser kan Evita se Kossie Sikelela deur Evita Bezuidenhout wen.
SMS die woorde JW EVITA, tesame met jou naam en e-posadres, aan 36545 voor 31 Mei 2010.
5 Gelukkige lesers kan Staan op vir jouself deur ST Potgieter wen.
SMS die woorde JW STAAN, tesame met jou naam en e-posadres, aan 36545 voor 31 Mei 2010.
SMS’e kos R5.00 elk.
Lees ook die kompetisiereëls.
|