jouapplous




Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend

wen
dié boeke!
* Steeds Mathys
* Dwars, mymeringe van 'n gebleikte Afrikaan
* Die lang generaal
Skryf só in

Leesgenot vir die boekrak

Ons blaai deur 'n paar boeke wat onlangs verskyn het.

Steeds Mathys – deur Alita Vorster
Dwars, mymeringe van 'n gebleikte Afrikaan – deur Max du Preez
Die lang generaal – deur Alan D Elsdon

Steeds Mathys – deur Alita Vorster

In 'n aangrypende outobiografiese vertelling skets Mathys Roets die pad wat hy die afgelope 44 jaar geloop het. Die verhaal begin in Reitz in die Vrystaat, goeie grootwordjare vol kattekwaad. Daar was Mathys net 'n gewone tienerseun wie se grootste droom dit was om 'n motorfiets van sy eie te besit. Later jare was daar 'n kitaar op die toneel, ook 'n trompet, maar dit sou eers in Mathys se studentejare in Pretoria wees wat hy werklik die kitaar opgetel en begin sing het.
Die pad wat hy moes loop was vol opdraandes, maar geen opdraande het nog ooit vir Mathys Roets gestuit nie. Hy was nog altyd die een wat die trappe twee-twee opgespring het, en wat geen uitdaging onaangeraak verby sou laat gaan nie. Vir Mathys was vryheid van die eerste oomblik af 'n prioriteit in sy lewe, en hy sou enigiets doen om sy reg tot vryheid te kon uitoefen.
Mathys deel in hierdie eerlike, oop vertelling die pyn van die beëindiging van sy huwelik, en uiteindelik die donker dag toe sy motorfiets daar in die Vrystaat van die pad af geloop het. Dae vol drogbeelde het gevolg, vasgepen op die hospitaalbed en uiteindelik die dokter se eerlike uitspraak dat hy nooit weer sou loop nie. Mathys het nie gaan lê nie, hy het geestelik opgestaan, die uitdagings van sy verlamming aangedurf soos enige vorige uitdaging en so gou as moontlik sy verhoogloopbaan voortgesit. Nou, ’n bietjie meer as 'n jaar later, kan hy in die spieël kyk en sê: Ek is steeds net Mathys!
Sy lewensverhaal, soos vertel aan Alita Vorster, sal elke leser aangryp en inspireer. Na die lees van hierdie boek sal jy altyd wonder hoe jy enige uitdaging as te groot kon beskou het!

Uitgewer: Naledi
ISBN: 9780620447287
Voorgestelde prys: R 179.00
Wen hierdie boek, of kwalifiseer vir 'n spesiale afslag as jy dit wil aankoop.

Dwars: Mymeringe van 'n gebleikte Afrikaan – deur Max du Preez

Dwars is die langverwagte vertaling van Max du Preez se Pale Native: Memories of a Renegade Reporter.
Sedert dit in 2003 uitgegee is, het die politieke landskap baie verander. Hierdie vertaling bevat nuwe hoofstukke wat handel oor die Slag van Polokwane, die ondergang van Thabo Mbeki en oorname deur Jacob Zuma, die politieke landskap sedert die 2009-verkiesing, die land se insinking in sistemiese korrupsie en die skouspelagtige ineenstorting van die SABC, sowel as die strydighede in die Afrikaner-kultuur en -politiek (die Universiteit van die Vrystaat se video-debakel, die 'De la Rey'-liedjie en die Universiteit van Stellenbosch se taaldebat).
Max du Preez is een van Suid-Afrika se bekendste ondersoekende joernaliste, en het die Vrye Weekblad, Special Report on the Truth Commission en Special Assignment begin. Sy dokumentêre film oor Koning Moshoeshoe, The Renaissance King, is deur die SABC en op die History Channel uitgesaai.

Uitgewer: Zebra Press
ISBN: 9781770220560
Voorgestelde prys: R220.00
Koop die boek by kalahari.net
Wen hierdie boek.

Die lang generaal – deur Alan D Elsdon


Die boek vertel van ’n skrikbewind wat besaai was van politieke moorde in een man se fanatieke oorlog teen die kommunisme. Generaal Lang Hendrik van den Bergh was vir baie mense die mees gevreesde man van die ou Suid-Afrika. Hy was hoof van die Buro vir Staatsveiligheid en dis van sy bedrywighede dat Die lang generaal vertel – op ’n feitelike basis, maar met die inkleding van waarskynlike scenario’s waar feite nie bekombaar is nie.
Volgens die boek sou Van den Berg betrokke kon gewees het by die sluipmoord op dr. HF Verwoerd, die dood van Nic Diederichs en Steve Biko, asook die moorde op Anton Lubowski en prof. Johan Heyns.
Twee van die opspraakwekkendste moorde waarmee hierdie boek die generaal verbind, is dié op dr. Robert Smit en sy vrou in 1977. Hierdie moordraaisel is nooit opgelos nie, maar hier word oortuigend aangevoer wat die geheimsinnige woorde “rau tem” kon beteken wat op die Smit-egpaar se kombuismuur gevind is.
Vanaf ’n ontmoeting van geesgenote in die Koffiefonteinse interneringskamp, deur die paranoïese jare sestig, die omgekrapte sewentigs en deur die Inligtingskandaal wat die NP-establishment geskud het, teken hierdie boek ’n skrikwekkende beeld van ’n bewind se agente wat deur ideologie oor die morele afgrond gedryf is.

Uitgewer: Umuzi
ISBN: 9781415200926
Wen hierdie boek.

jougeskenke
5
Gelukkige lesers kan Steeds Mathys deur Alita Vorster wen.
SMS die woorde JW STEEDS, tesame met jou naam en e-posadres, aan 36545 voor 31 Julie 2010.

1Gelukkige leser kan Dwars: Mymeringe van 'n gebleikte Afrikaan deur Max du Preez wen.
SMS die woorde JW DWARS, tesame met jou naam en e-posadres, aan 36545 voor 31 Julie 2010.

4Gelukkige lesers kan Die lang generaal deur Alan D Elsdon wen.
SMS die woorde JW LANG, tesame met jou naam en e-posadres, aan 36545 voor 31 Julie 2010.

SMS’e kos R5.00 elk.
Lees ook die kompetisie-reëls.


SPESIALE AANBOD vir jouwêreld-lesers

jouwêreld-lesers kan nou Mathys Roets se boek, Steeds Mathys, teen 'n spesiale afslagprys direk by die uitgewers bestel: omdat jy 'n jouwêreld-leser is, betaal jy slegs R150 in plaas van die normale prys van R179.
Al wat jy hoef te doen om vir dié afslagprys in aanmerking te kom, is om die boek voor 31 Augustus 2010 by On the Dot-uitgewers (0861 668 368) te bestel, en dan te noem dat jy hierdie artikel in die Julie-uitgawe van jouwêreld gelees het.
Kommentaar aangedryf deur Disqus
joutuisblad | jouhoofstories | joumenswees | jouapplous | jouleefstyl | joutafel | joukontrei | jou  | joufiksie | jougeskenke | gratis nuusbrief| medewerkers | adverteer | wie is ons?