|
Arno Jordaan se vierde album, Gee My, is
volgens sy aanhangers sy beste album nog – want
dié album het op die eerste dag van uitreiking
reeds goue status bereik. En dít kan net groot
dinge vir Arno se toekoms, en vir Gee My,
beteken!
G'n wonder hy vertel dat hy baie opgewonde oor
dié album is nie. Dit is deur sy nuwe
platemaatskappy, Ramkat by wie hy verlede jaar
aangesluit het, uitgereik.
Gee My
bestaan uit hoofsaaklik oorspronklike liedjies
wat deur plaaslike talent opgetower is, en dan
is daar twee Engelse treffers, Heaven en
Every Breath You Take, ook ingesluit
waarin hy nuwe lewe geblaas het.
Maar dit is nie net oor die Goud wat Arno van
oor-tot-oor glimlag nie – met sy
konsertbesprekings gaan dit net so goed, vertel
hy: verlede jaar was hy vol bespreek, en dié
jaar se besprekings is reeds besig om vinnig vol
te raak! Hy het verlede jaar ook in Australië
opgetree, en in 2007 was hy die man wat tydens
al die plaaslike rugbytoetse die volkslied voor
die wedstryde gesing het.
Hy was ook die gekose kunstenaar wat die
temalied van die rugby Węreldbeker-toernooi,
The time is now, gesing het.
Arno Jordaan het in 2003 Suid-Afrikaners
se aandag vir die eerste keer gevang tydens
kykNET se Zing-sangkompetisie, waar hy deel was
van die duet-groep Arno en Susan.
Dié twee het daarna deur die land begin toer, en
ook 'n draai by Aardklop (2003) en KKNK (2004)
gemaak. Kort daarna het hy sy eerste solo-album,
Altyd, uitgereik wat soos soetkoek
verkoop het. Hy het die verhoog saam met ander
plaaslike bekendes, soos Steve Hofmeyer, Kurt
Darren, Dozi en Pieter Smith gedeel, maar sy
optrede in die voorprogram vir Smokie staan vir
hom as 'n hoogtepunt uit.
Sy tweede album, Ek wil jou hę,
het meer as 20 000 kopieë
verkoop en sy aanhangers groei met elke nuwe
album, vertel sy platemaatskappy. Na 'n landwye
toer saam met Kurt Darren het hy sy merk sterker
gemaak.
Arno Jordaan is in Port Elizabeth gebore en het
aan die Hoërskool
Brandwag as onderhoofseun gematrikuleer. Maar sy
belangstelling en talent was nie tot musiek
beperk nie, want hy het ook die
Oostelike-provinsie verskeie kere by die
Cravenweek verteenwoordig. Musiek het egter die
oorhand gekry en Arno het sy rugbyskoene in die
kas gepak en sy musiekloopbaan volstoom aangepak.
|