Jou gesinstydskrif – maandeliks, gratis en wêreldwyd afgelewer
op jou rekenaar, dié maand gelaai met die volgende lekkerlees artikels:


Hoogtepunte
dié maand:


Ciske Kruger en Ivan Botha

Ciske Kruger en
Ivan Botha wys
hul eersteling


Sunette Bridges

Sunette Bridges
herrys ná houe
van die lewe op
haar neerreën

Nog meer:

Volg dié stappe
in broos en
onseker tye


Klop cholesterol só

Unieke resepte vir Novembermaand

Maak 'n sak uit materiaalmonsters

Gly veerlig oor die Magaliesberg-vallei


 
NEEM DEEL AAN VOLGENDE MAAND
SE UITGAWE:


Einde van teerpad
vir Golf 1


Vervaardiging van die legendariese Golf 1-reeks, later bekend as die City Golf, het ná 25 jaar tot 'n einde gekom. In ons Desember-uitgawe ry ons terug in die wielspore van dié gewilde motortjie en kyk na sy merkwaardige geskiedenis.
Neem deel aan die artikel en vertel ons van daardie lekker herinneringe van jou spesiale Golf 1. Stuur jou storie in minder as 100 woorde, met 'n foto van jou en jou City, voor 26 November 2009 aan redaksie@jouwereld.co.za

Jou kersboom

Desembermaand is sinoniem met 'n kersboom in die hoek van die sitkamer. Baie mense neem hul kersboom egter heel ernstig op, en versier dit op 'n unieke wyse met spesiale versiersels en liggies wat elk 'n eie storie het om te vertel. Ander besit weer 'n boom wat vir dekades lank in die familie is, wat ook sý eie interessante le en unieke kersboom igeskiedenis het. Vertel ons van jou spesian minder as 100 woorde, en stuur dit saam met 'n foto voor 26 November 2009 aan redaksie@jouwereld.co.za

jouhoofstories lees hier

KONTROVERSIEEL: Wie koop Joost se groot bieg? – deur die Redaksie
Joost van der Westhuizen het nou in die openbaar sy foute erken, maar tog word hy steeds met modder gegooi.

EKSKLUSIEF: Sunette Bridges klaar met skinder en skandaal – deur Beatri Kotzé
EERSTE BABA-FOTO'S: "My mamma g'n feeks": Sterre van Bakgat! en Getroud met rugby wys hul eersteling – deur Beatri Kotzé

joumenswees lees hier

LEIERSKAP: Wees só 'n uitstekende leier – deur René Pfaff
SELFHELP: Volg dié stappe in broos en onseker tye – deur ST Potgieter
MEDIES: 'n Bord vol cholesterol? Klop dit só – deur Karin Bain
ONTWIKKELING: Dans met die lewe en ontdek jouself – deur Rozanne Myburgh

jouapplous lees hier

MUSIEKVERTONING: Sondae en somerkonserte in die Kirstenboschtuine
CD's: Ritme-note vir jou musikale genot met Neil Somers, 'n man soos jan en Dj Dinamiet
LEESGENOT: My Eerste HAT; Die 3 grootste issues in 'n vrou se lewe; Plaasmoord
TV: Sepietyd in November – hoogtepunte dié maand uit Binnelanders en 7de Laan

joutafel lees hier

Unieke resepte vir Novembermaanddeur Wilna Myburgh
* Maak 'n skottelgoedlose-geurige hoender-foeliegebak
* Al fresco: Eet in die buitelug
* Omskep jou tuinrose in heerlike smulgoed


jougeskenke lees hier

JOU spesiale hoekie waar jouwêreld elke maand spesiale geskenke vir JOU weggee!

Wen dié maand kaartjies na 'n Johnny Clegg-konsert, en 'n kopie van die boeke The Enviropaedia en My Eerste HAT.



joupolitiek lees hier

* Verkiesingsdrama by Grootfontein Landboukollege
* Wat is die rede vir die mislukte staat?

jouleefstyl lees hier

TEGNOLOGIE: Raad met daardie steekse rekenaar – deur Pieter Labuschagne
HANDWERK: Maak 'n sak met herwonne materiaalmonsters – deur Petro Greeff
OMGEWING: Groen, groener, groenste: wéét wat jy aan die aarde doen – deur Rozanne Myburgh

joukontrei lees hier

MAGALIESBERGVALLEI: Gly veerlig in 'n warmlugballon – deur Maretha Botes
IN HERINNERING: Kranse vir vroue en kinders by Irene Konsentrasiekampkerkhof – deur Sakkie Kotzé
INDIË: Die andersheid van die Ooste – deur Petro Greeff
SOWETO: Van township na kollig met ballet – deur Maretha Botes
LEER: Maak wetenskap lekker met dié uitstappies – deur Wilna Myburgh

joufiksie lees hier

KONTEMPORÊR: Reënnag by die gastehuis – deur Jaco Hough-Coetzee
VERVOLGVERHAAL: Die Reis (Hoofstuk 8) – deur Christo du Plessis
KINDERVERHAAL:
Elizabeth vergeet al weer – deur Elizma Harmse
KLEUTERVERHAAL:
Renier leer 'n les – deur Rosa Myburgh

jou lees hier

DEBAT: Joost, die bieg en die vergifnis
Joost van der Westhuizen het nou in die openbaar sy foute erken en verskoning gevra. Hoe voel jy hieroor?
MENINGSOPNAME: Wie was jou gunsteling Curriebeker-span?
BRIEWE: Lesers deel hul wêreld met ander in lekker geselsbriefies.

jourubrieke lees hier

HUMOR: Die gevolge van die ramparty – deur Tanya Van der Westhuizen
HUMOR: Kreatiewe politiekery – deur Pieter Labuschagne
GESELS: Gebou vir spoed en looks? – deur Christa Jonker-Jordaan
NOSTALGIE: Die vrou op die lughawe – deur Alet Mostert

jouwêreld-skemerkelkpartytjie

Verlede jaar se skemerkelkfunksie in Ventersdorp was 'n reuse sukses (kyk na die foto's). Dié jaar maak ons weer so – en lesers word weereens uitgenooi om dit by te woon. Dié jaar se funksie vind op Vrydag, 20 November 2009, in Potchefstroom plaas.

Tydens die geleentheid sal jouwêreld se kok, Wilna Myburgh, splinternuwe resepte bedien, bestaande uit vyf verskillende alkoholiese en nie-alkoholiese skemerkelkies sowel as 'n verskeidenheid tapas.

Die resepte wat tydens die aand voorgesit gaan word, tesame met foto's van die geleentheid, sal in die Desember 2009-uitgawe van jouwêreld verskyn.

Die doel van die funksie is tweeledig: om die nuwe Desember-resepte op die proef te stel en lesers se mening daaroor te kry, asook om 'n geleentheid te bied waar jouwêreld-lesers sommer net lekker kan kuier.

Toegang kos R90.00 per persoon, en sluit skemerkelkies en tapas in waaraan jy jouself heelaand kan verlustig totdat jou liggaam sommer vanself halt roep!

Om jou bywoning te bevestig, stuur 'n e-pos voor 18 November 2009 aan subredakteur@jouwereld.co.za.


Die EERSTE en ENIGSTE volledige e-gesinstydskrif in Afrikaans

16 Maande oud - elke maand 'n nuwe uitgawe

Nou met 77 000 besoeke & 450 000 bladafdrukke!
 

November-medewerkers