jougeskenke

JOU spesiale hoekie waar jouwêreld elke maand spesiale geskenke vir JOU weggee!

Lees die kompetisiereëls

VERTONING: Platinum-sukses vir Prime Circle

Prime Circle speel op Sondag, 28 Februarie 2010, by die Kirstenboschtuine in Kaapstad.

1 Gelukkige leser kan 'n dubbelkaartjie na dié vertoning wen. Om vir dié prys in aanmerking te kom, SMS die woorde JW PRIME, tesame met jou naam en e-posadres, aan 36545 voor 20 Februarie 2010. SMS’se kos R5.00 elk.

Prime Circle word in die musiekbedryf as een van Suid-Afrika se grootste uitvoerprodukte beskou. Met hul harde rock-gedrewe kitaarspel, sterk lirieke en konsekwent vermaaklike opvoerings het hulle diep spore in die musiekwêreld getrap. Nadat hulle, moeg maar tevrede, van ‘n baie suksesvolle toer na Indië terug gekeer het, het hulle uitgevind hul derde album, All or Nothing, het platinum-status bereik.

(Lees die volledige artikel in dié maand se jouwêreld)
KOFFIETAFELBOEK: Hartseer stories van honger en seer

2 Gelukkige lesers kan elkeen 'n kopie van die boek, Gebroke Land, wen. SMS die woorde JW GEBROKE, tesame met jou naam en e-posadres, aan 36545 voor 28 Februarie 2010. SMS’se kos R5.00 elk.

Die koffietafel-fotoboek, Gebroke Land, is deur Solidariteit Helpende Hand saamgestel, gepubliseer en uitgegee. Swart-en-wit foto’s vertel die hartseer stories van honger en seer ingeweef in drie tydperke van wanhoop en wit armoede in die geskiedenis van die Afrikaner in Suid-Afrika. Gebroke Land is ‘n lywige versamelstuk met foto’s deur die fotojoernalis Paul Alberts.

(Lees die volledige artikel in dié maand se jouwêreld)
Kompetisiereëls

· Sluitingsdatums vir dié maand se weggee-pryse, asook die SMS-koste, word by die onderskeie kompetisies aangedui.
· Wenners van dié maand se geskenkhoekie-pryse sal volgende maand in jouwêreld aangekondig word, wat vanaf 1 Maart 2010 beskikbaar sal wees.
Wenners moet voor 10 Maart 2010 hul pos- sowel as straatadres stuur aan webmeester@jouwereld.co.za om hul pryse op te eis. As ons nie jou adres het nie, kan ons nie jou geskenk stuur nie, wat beteken jy gaan dit verbeur. Maak dus seker dat jy dadelik gaan loer of jy 'n wenner is.
· Slegs "Ingetekende Lesers" kan vir die weggee-pryse in aanmerking kom. As jy nog nie as jouwêreld-leser ingeteken het nie, doen dit hier.
Lesers wat ook by die jouwêreld–FaceBook-groep aangesluit het, staan 'n dubbele kans om maandeliks as wenner gekies te word. Besoek dié groep hier.
· Daar is geen beperking op die aantal SMS'e wat per leser gestuur word nie. Hoe meer jy egter deelneem, hoe groter is die kans dat die rekenaar jou as wenner gaan kies.
· Die rekenaar-trekking van wenners is finaal, en pryse kan nie vir kontant omgeruil word nie.
· Pryse word deur die onderskeie borge, soos aangetoon, verskaf en aan wenners gepos.
· jouwêreld se enigste betrokkenheid by dié kompetisies is uitsluitlik en slegs om die spesifieke produk aan lesers bekend te stel, en om die kompetisie aan te bied en te fasiliteer. jouwêreld is nie verantwoordelik vir die verskaffing en versending van die pryse nie. Indien jy nie jou prys binne twee maande na die sluitingsdatum ontvang het nie, stuur 'n e-pos aan redaksie@jouwereld.co.za sodat ons dit namens jou met die borge kan opvolg.


  Bookmark and Share Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend