You could win R1 million shopping spree by Christm

joufiksie

Karin RademeyerSPANNING: Die Engelse Rose – deur Karin Rademeyer
Die honde is doodstil. Die plaas is doodstil. Selfs die wilgerbome rus. Dit voel vir Essie asof die hele plaas sy asem ophou. Die geluid van vreemde voete en fluisterstemme langs die huis ruk haar regop. Sy kyk na die oop skuifdeur en besef dat dit soos 'n oop graf voor haar staan.
Jaco Hough-CoetzeeDRAMA: Wie was Georgie? – deur Jaco Hough-Coetzee
In die bungalow is Georgie ongestoord besig om 'n klomp trommels na die middel van die vloer te sleep; een na die ander, stadig en rustig. En toe begin hy om die trommels opmekaar te stapel, netjies en presies - asof hy gereed maak vir inspeksie - in die middel van die bungalow, onder die nok waar die vier balke hande vat.
KINDERVERHAAL: Mia en die kieliemonster – deur Antoinette Diedericks
Die kantgordyn ritsel in die wind en die maan gooi dowwe ligstrepe oor die bed. 'n Grillerige skaduwee gly by die kamervenster in. Katterjats se groen oë volg hom. Mia loer om die deur. Die skaduwee gly tot by die bed en steek 'n donker hand uit.

Die afdeling vir fiksie-skrywers in die vorm van kort-, vervolgverhale en kinderstories.
Stuur jou bydrae aan redaksie@jouwereld.co.za

Vir meer inligting, kliek hier 


  Bookmark and Share Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend