|
FAMILIE: Sonneblom of Daisy? – deur Susan Coetzer
Ek dink aan die goed wat my uitbundigheid onderdruk. Agterstallige rekenings, spertye, groen swembaddens, geisers en wasmasjiene wat breek. Fone wat nie werk nie. E-posse wat vashaak.
En skielik besef ek die geswoeg van die alledaagse lewe kan maklik die kind in die grootmens laat kwyn. Die sonneblom se kop laat hang.
HUMOR: Hou jul knutte tuis! – deur Elize Zeeman-Olivier
Hoe groot is dié ding dan wat homself diksuip aan 'n kameelperd, wegkruip in 'n sysak van 'n suitcase en hom dan vergryp aan 'n Hollandse skaap?
NOSTALGIE: Opwindende tye! – deur Christa Jonker-Jordaan
Dit is snaaks niemand het nog gekla dat Kersvader te vet is en 'n slegte voorbeeld vir die kinders stel nie. In Amerika dagvaar hulle mos almal, soos vir McDonald's omdat hul kos te lekker is. Die Amerikaanse regstelsel kan dit alles vir ons opfoeter: die een of ander sielkundige gek moet dit net op Oprah se program noem, en dit is neusie verby met Kersvader.
HUMOR: Die Rooi Vlieg – deur Tanya Van der Westhuizen
Daar is altyd 'n les aan enige storie. Vir my was dit dat 'n mens nooit skaam moet wees vir 'n suster nie. Hulle is alles gewoond. Susters lag nie vir pasiënte nie – hulle lag vir onervare naïewe vrouedokters. En les nommer twee: susters hou regtig nie daarvan om 'n steek te laat val nie.
Die afdeling vir skrywers van fiksie of ware verhale in die vorm van vertellings en rubrieke.
Stuur jou bydrae aan redaksie@jouwereld.co.za
Vir meer inligting, kliek hier

Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend
|
|
|