jougeskenke

JOU spesiale hoekie waar jouwêreld elke maand spesiale geskenke vir JOU weggee!

Lees die kompetisiereëls
Verlede maand se wenners

VERTONING: Oros vir die siel met Susan Coetzer

2 gelukkige lesers kan elk 'n dubbelkaartjie na Susan Coetzer se Oros vir die siel-aanbieding by die Pierneefteater in Pretoria, op 29 Augustus 2009 wen. Om vir dié prys in aanmerking te kom, SMS die woorde JW OROS, tesame met jou naam en e-posadres, aan 35570 voor 26 Augustus 2009. SMS'e kos R3.00 elk.

Lees die volledige uittreksel uit haar boek.
Lees meer oor die boek.

EXPO: Kry hiér ondersteuning vir troukoors

5 gelukkige lesers kan elk 'n dubbelkaartjie na The Wedding Expo wen. Om vir dié prys in aanmerking te kom, SMS die woorde JW TROU, tesame met jou naam en e-posadres, aan 35570 voor 31 Augustus 2009.
Lees ook die kompetsie-reëls.

'n Dag van opwindende kompetisies, verruklike rokke, modieuse pakke, heerlike koeke, elegante tafelversierings, bruilofswerkswinkels en nog vele meer – dit is wat besoekers te wagte kan wees wat die komende Wedding Expo in Johannesburg gaan bywoon.
Lees meer oor die The Wedding Expo.

CD: Mel Botes – Nice to meet you

3 lesers kan elk 'n kopie van Mel Botes se CD, Nice to meet you, wen. Om vir dié prys in aanmerking te kom, SMS die woorde JW NICE, tesame met jou naam en e-posadres, aan 35570 voor 31 Augustus 2009. SMS’e kos R3.00 elk.

Nou rock Mel Botes weer in Engels, in die styl van kitaarlegendes soos The Rolling Stones, ZZ Top en Pink Floyd. Buiten die oorweldigende rockgevoel van die album is daar ook tikkies blues en jazz. In sommige liedjies almal saam gegooi. Mel se stem pas toevallig by al drie hierdie style en hy doen goed om die verskillende skakerings van sy stem by elke styl aan te pas.

Lees meer oor die CD.

ROCKSHOW: Blackie Swart met My Storie (Daar’s lewe na Lulu)

As deel van sy landswye toer, kan Blackie Swart se vertoning My Storie (Daar’s lewe na Lulu) ook op Saterdag, 5 September 2009, in die Pierneefteater in Pretoria gesien word.

2 lesers kan elkeen 'n dubbelkaartjie na dié vertoning wen. Om vir dié prys in aanmerking te kom, SMS die woorde JW BLACK, tesame met jou naam en e-posadres, aan 35570 voor 31 Augustus 2009. SMS’e kos R3.00 elk.

“Ek het al die goeie songs wat ek deur die jare geskryf het – wat weggeraak het onder Lulu se Pers kombers – gaan uitgrawe. Dan doen ek ook musiek van Eric Clapton, Gary Moore, J.J.Cale en Dire Straits. Meestal die kitaargedrewe songs. Keepin’ it real! Cobus Burger, wat reeds geruime tyd saam met my baskitaar speel, en Jan Brand op kitaar, deel die verhoog.”

Lees meer oor die produksie.

SEKRETARESSE-DAG: Glansontbyt by Montecasino

1 Gelukkige leser kan 'n dubbelkaartjie, ter waarde van R640, na 'n glans-ontbyt op 2 September 2009 by Montecasino wen. Om vir dié prys in aanmerking te kom, SMS die woorde JW ONTBYT, tesame met jou naam en e-posadres, aan 36545 voor 20 Augustus 2009. SMS’e kos R5.00 elk

Met Sekretaresse-dag om die draai kan alle sekretaresses, persoonlike assistente en administratiewe personeel uitsien na 'n lekker glansryke bederf op 2 September 2009 by die Montecasino in Fourways, Gauteng. Van Suid-Afrika se bekendste celebs sal ook by die geleentheid teenwoordig wees of self optree, met Edith Venter as die seremoniemeester.

Lees meer oor die jaar se Sekretaresse-dag.

CD: Afri-Frans, die CD

3 lesers kan elk 'n kopie van Afri-Frans, die CD, wen. Om vir dié prys in aanmerking te kom, SMS die woorde JW FRANS, tesame met jou naam en e-posadres, aan 35570 voor 31 Augustus 2009. SMS’e kos R3.00 elk.

Hierdie album is die eerste van 'n reeks CD’s wat gemik is daarop om ons Afrikaanse musiek toeganklik te maak vir die buitewêreld. Deur ons gunsteling musiek te vertaal na ander wêreldtale, blaas ons nuwe lewe in ons eie kultuur, hoor ons dieselfde verhale met nuwe ore en gee ons dus nuwe lewe aan liedere wat ons lewens die afgelope dekades verryk het.

Lees meer oor Afri-Frans.

LEESGENOT: die mooiste Sonneblomme & Daisies deur Susan Coetzer

5 lesers kan elk 'n kopie van Susan Coetzer se boek, die mooiste Sonneblomme & Daisies, wen. Om vir dié prys in aanmerking te kom, SMS die woorde JW DAISIES, tesame met jou naam en e-posadres, aan 36545 voor 31 Augustus 2009. SMS’e kos R5.00 elk

“Ek dink aan die goed wat my uitbundigheid onderdruk. Agterstallige rekenings, spertye, groen swembaddens, geisers en wasmasjiene wat breek. Fone wat nie werk nie. E-posse wat vashaak. En skielik besef ek die geswoeg van die alledaagse lewe kan maklik die kind in die grootmens laat kwyn. Die sonneblom se kop laat hang.”

Lees die volledige uittreksel uit die boek.
Lees meer oor die boek.

CD: Leandie Lombaard

3 lesers kan elk 'n kopie van Leandie Lombaard se CD, Wees net . . . , wen. Om vir dié prys in aanmerking te kom, SMS die woorde JW WEES, tesame met jou naam en e-posadres, aan 35570 voor 31 Augustus 2009. SMS’e kos R3.00 elk.

Leandie se eerste treetjie in die internasionale mark het vroeër dié jaar gebeur toe sy vir die Eurovision-kompetisie ingeskryf het. Met haar liedjie MIXIT het sy 'n derde plek verower in die kategorie Beste Vroulike Afrikaanse Kunstenaar. Daarbenewens is sy een van 18 kunstenaars wat op die Eurovision-kompilasie CD ingesluit is met haar liedjie Wees net ...

Lees meer oor Leandie.

Kompetisiereels

· Sluitingsdatums vir dié maand se weggee-pryse, asook die SMS-koste, word by die onderskeie kompetisies aangedui.
· Wenners van dié maand se geskenkhoekie-pryse sal volgende maand in jouwêreld aangekondig word, wat vanaf 1 September 2009 beskikbaar sal wees.
Wenners moet voor 10 September 2009 hul pos- sowel as straatadres stuur aan webmeester@jouwereld.co.za om hul pryse op te eis. As ons nie jou adres het nie, kan ons nie jou geskenk stuur nie, wat beteken jy gaan dit verbeur. Maak dus seker dat jy dadelik gaan loer of jy 'n wenner is.
· Slegs "Ingetekende Lesers" kan vir die weggee-pryse in aanmerking kom. As jy nog nie as jouwêreld-leser ingeteken het nie, doen dit hier.
Lesers wat ook by die jouwêreld–FaceBook-groep aangesluit het, staan 'n dubbele kans om maandeliks as wenner gekies te word. Besoek dié groep hier.
· Daar is geen beperking op die aantal SMS'e wat per leser gestuur word nie. Hoe meer jy egter deelneem, hoe groter is die kans dat die rekenaar jou as wenner gaan kies.
· Die rekenaar-trekking van wenners is finaal, en pryse kan nie vir kontant omgeruil word nie.
· Pryse word deur die onderskeie borge, soos aangetoon, verskaf en aan wenners gepos.
· jouwêreld se enigste betrokkenheid by dié kompetisies is uitsluitlik en slegs om die spesifieke produk aan lesers bekend te stel, en om die kompetisie aan te bied en te fasiliteer. jouwêreld is nie verantwoordelik vir die verskaffing en versending van die pryse nie. Indien jy nie jou prys binne twee maande na die sluitingsdatum ontvang het nie, stuur 'n e-pos aan redaksie@jouwereld.co.za sodat ons dit namens jou met die borge kan opvolg.

Verlede maand se wenners

Die wenners van verlede maand (Julie 2009) se kompetisies is:
(Onthou om jou pos- sowel as jou straatadres binne 10 dae te stuur aan webmeester@jouwereld.co.za sodat ons kan reël dat jou geskenk gepos word.)

KINDERTEATER: Hou jou kinders uit die kwaad

Tanja van Heerden
Natasja Swanepoel
Susan Cronje

KABARET: Daai ene met die vlerke deur Willie Strauss
Heleen Prinsloo
Werner Steyn

LEESGENOT: Naglig deur Christa Jonker-Jordaan
Du Plessis
Aaltje van Heusden
Jeanne Loubser


  Bookmark and Share Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend