Sign up to TrafficSynergy.com

joufiksie

VERVOLGVERHAAL: Die Reis: Hoofstuk 5 – deur Christo du Plessis
"My bike!" skiet die gedagte hom binne. Hy sit vervaard regop. Dit voel of sy kop ontplof. Hy knyp sy oë toe en raak agter aan sy kop waar die oorsaak van die hoofpyn sit. Dit is opgehewe en daar is 'n pleister vasgeplak. Hy word kwaad. Hy het sy waaksaamheid laat verslap.

NATUUR: Spitstyd – deur Louis Nel
Kolgans vererg hom blóédig: "Stóóóóóóóp!" gil hy histeries. "Af! Af van my eiendom af! Gee pad! Skoert! Voertsek!"

HUMOR: Tannie Tshupê innie Tuli – deur Pieter Labuschagne
Dit is toe dat Tom-Tom hier agter ons by die kospotte dit nie meer langer kon uithou nie. Nog voordat ons kon vra wat "Tshupê" dan nou beteken, borrel dit oor sy lippe: "Dis wat die Franse sê vir 'n perd wat skyt in sy hardloop!"

VOLWASSE: Die wit hond met die bruin kop – Henning Janse van Vuuren
Die Kyocera zoem, fluit en skiet die Sappi-velle nog warm tussen die rakkies in. Wanneer sy opstaan om haar drukwerk te kry, dan kantel die manne se koppe (en ook een van die dames), hul oë staar glasig deur optiese lense. Want wat is dan nou mooier as Santie Tredoux se atletiese bruin bene wat in 'n perfekte deining met haar perdeby middellyfie ineenvloei? Veral wanneer sy so effens oor die Kyocera knak? (Waarskuwing: Nie geskik vir lesers wat sensitief oor taalgebruik en die seksuele is nie.)

KINDERVERHAAL: Van dagdromer tot doelwagter – deur Henriëtte Louw
Bongani voel sommer beter. Hy gaan haal sy sokkerbal en draf na sy pa toe. Terwyl hulle skool toe stap, dribbel Bongani die bal voor hom uit. Sy pa onderskep so nou en dan, dan moet Bongani stoei om die bal terug te kry. Die pad skool toe voel kort.

Die afdeling vir fiksie-skrywers in die vorm van kort-, vervolgverhale en kinderstories.
Stuur jou bydrae aan redaksie@jouwereld.co.za

Vir meer inligting, kliek hier 


  Bookmark and Share Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend