Kyk na die
2009-uitslae.
(Die uitslae word gereeld gedurende die dag
opgedateer ...
hou maar dop
Of bel die OVK by
0800 11 8000)
Kyk na die 2004-uitslae.
Veertig verskillende partye het vir die
2009-verkiesing geregistreer. Vind uit wie
hulle is en wie op hul kandidaatlyste is.
Wat was jou uitslagwens vir die
verkiesing? Neem deel aan ons
meningspeiling.
Het
my stem 'n verskil gemaak?
Het my
stem 'n verskil gemaak?
Aangesien Suid-Afrika 'n proporsionele
stemstelsel het, tel elke persoon se stem.
Alle stemme vir 'n spesifieke party word
saamgegooi, en gebaseer op dié aantal stemme
word bepaal hoeveel kandidate die party in
die parlement mag hê.
Dit kan met 'n voorbeeld van 'n
verjaarsdagpartytjie geïllustreer word: Vir
jou verjaardag koop jy 'n koek en nooi tien
mense na jou partytjie. As almal kom, kry
elkeen een tiende van die koek, maar as net
vyf kom, kry elkeen een vyfde. Dit beteken
elkeen van die vyf vriende wat vir die
partytjie opgedaag het, kry 'n stuk koek wat
dubbel so groot is as wat hulle sou gekry
het, net omdat die ander vyf weggebly het.
Net so maak al die kiesers wat in 'n
verkiesing stem, 100% van die
verteenwoordigende getal uit, wat dan in
verhouding onder die partye verdeel word.
Mense wat die waardes van 'n opposisieparty
of 'n kleiner party ondersteun, maar nie die
proporsionele kiesstelsel verstaan nie, maak
dus 'n groot denkfout as hulle sê dat hul
stem geen verskil sal maak nie.
Hoe meer opposisiekiesers wegbly, hoe groter
raak die regerende party se
verteenwoordiging in verhouding.
Net ter wille van interessantheid: politieke
ontleders het die groot wenpersentasie van
die ANC in die 2004-verkiesing aan die groot
aantal opposisiekiesers wat weggebly het
toegeskryf, en nie aan stygende steun onder
kiesers vir die ANC nie!
(terug na bo)