KONTEMPORęR:
Huisbesoek –
deur Karin Rademeyer
“Hardloop Liefie!” skreeu
Ilse met haar oë vasgepen op
die deur wat amper toe is.
Die greep word stywer en sy
kan voel hoe die lewe uit
haar arm uit vloei. Sy val
op haar linkerknie en strek
haar vry arm uit na die deur. Haar
weerstand begin verswak.
VERVOLGVERHAAL:
Die Reis – deur Christo du
Plessis
James draai terug na sy
sitplek teen die boom, nog
'n bier in sy hand. Die
volgende oomblik kom 'n
figuur deur die bos gebreek.
Hygend na asem fluister sy:
“Help! Steek my weg, gou,”
en amper terloops, maar tog
dringend: “Asseblief!”
HUMOR: Oukie Williams is OK!
– deur Pieter Labuschagne
Oukie het aspris in die
koelte geparkeer want
sodoende kan die bus so 'n
bietjie afkoel vir die
bloedjies na 'n lang dag op
skool. Dit was nou net
jammer dat hierdie nou
dieselfde tyd was dat die
landdros by die kantoor
aankom na middagete.
KONTEMPORęR:
Bloedlose
Revolusie – deur Pierre
Coetzer
Sy het hom net soms nodig
gehad om die nuwe
tamatiesousbottel se prop
oop te draai. En die fisiese
deel van hul verhouding wat
hy dalk meer nodig gehad het
as sy. 'n Vier-en-negentig
kilogram vibrator met
voldoende wringkrag om
bottels oop te draai.
KINDERVERHAAL: Paashaas en
die paaseiers
–
deur Rosa Myburgh
Die Paashaas het jou hulp
nodig – want dis Paasfees en
hy het hope werk!
('n Interaktiewe
voorleesstuk vir voorskoolse
kinders.)