|
Nadat die bom twee maande gelede rondom die
onthulling van die sogenaamde Joost-seksvideo
gebars het, was die media week na week met
artikels gevul wat dekking aan die ontvouing van
dié sage verleen het.
Ontkennings en beskuldigings het heen en weer
gevlieg. Joost van der Westhuizen se
privaatspeurder, Mike Bolhuis, het gesê dat dit
'n Joost-dubbelganger is wat in die tuisgemaakte
video verskyn, en dat hulle gaan dagvaar. Dit
het toe nie gebeur nie.
Joost en Amor se mediabeeld – wat hulle self
geskep het – is dié van 'n hegte en diep
gelowige gesin, waar streng Christelike waardes
gehandhaaf word.
As motiveringspreker by sportklubs, Christelike
byeenkomste, skole en mannedae is dít dan ook
die boodskap wat Joost uitdra.
Maar die meisie wat sê sý is die "aktrise" in
die video – 'n "skaam ontkleedanseres" – maak
die volgende bewerings:
Sy en Joost het verskeie skelm ontmoetings gehad;
Hy is 'n gereelde dwelmgebruiker;
Hy verkul sy vrou gereeld;
Sy reputasie as rolmodel vir sportlui, kinders
en Christene is niks werd nie;
Dat hy gesê het hy en Amor het 'n oop verhouding.
(Lees die volledige berig in Rapport
hiér)
Verskeie ander meisies het ook na vore gekom en
onthul dat hulle in onwelvoeglike situasies met
Van der Westhuizen betrokke was – bewerings wat
hy voor die voet ontken.
Wat de joos(t) gaan hiér aan? Is dit 'n fyn
uitgewerkte komplot om dié hoogs gerespekteerde
sportheld, gesinsman en TV-kommentator se
loopbaan en huwelik te vernietig, of het die
held toe al die tyd voete van klei?
Wat nou?
Neem deel aan die debat en sê jou sê . . .
|